Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Protokol-teen-peestersiekte

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Protokol teen peestersiekte

 
THEUNS BOTHA (landbow@mweb.co.za)

'n Geslagsiekte wat ook by mense voorkom, hou 'n groot bedreiging vir die vrugbaarheid van sekere kleinveerasse in. Die Dorpertelersgenootskap het egter die bul by die horings gepak en 'n protokol bekend gestel om die voorkoms van peestersiekte in bedwang te hou. 'n Veearts wat gehelp het met die aanbevelings, verduidelik in dié artikel wat boere te doen staan.

Die eerste tekens waaraan 'n boer gewoonlik sal agterkom dat sy diere peestersiekte (Ulseratiewe balano postitis vulvo vaginitis) het, is wanneer 'n ram reeds só aangetas is dat die penis nie meer in die skede teruggetrek kan word nie. Teen hierdie tyd het die siekte reeds krisisafmetings aangeneem en sal die aangetaste ram nie die ooie kan dek nie, sê dr. Johan van Rooyen, 'n veearts van Steynsburg.

Van Rooyen, wat lid was van 'n span spesialiste wat oor die voorkoms van die siekte beraadslaag en aanbevelings gedoen het oor maatreëls wat getref kan word om die uitwerking daarvan te beperk, sê daar is groot onduidelikheid by wetenskaplikes oor presies watter organisme die siekte veroorsaak. Dit wil egter voorkom of 'n mikoplasma (primitiewe soort bakterie) hiervoor verantwoordelik is. Voedingstekorte en omgewingsfaktore kan egter ook 'n rol speel, aangesien die siekte op sommige plase erger is as op ander.

"Hoewel opgetekende gevalle toon dat die siekte onder alle kleinveerasse voorkom, is dit meer prominent onder Ronderib-Afrikaners, Dorpers, Karakoele en Damaras. Merino's kan dit ook in uitsonderlike gevalle in 'n ligte graad kry."

Aangesien die voorkoms van peestersiekte nie 'n té groot invloed op die vrugbaarheid van 'n kudde het nie, meen hy boere kan daarmee saamleef en steeds 'n goeie lampersentasie handhaaf. Permanente skade kan egter aangerig word aan die penis van aangetaste ramme wat nie vroegtydig behandeling kry nie.

Aangesien die siekte 'n pynlike toestand rondom die vulva veroorsaak, staan ooie ook nie stil om gedek te word nie. Die ramme wat aangetas is, sal op hul beurt ook nie belang stel om die ooie te dek nie. Waar die siekte by ramme aanwesig is, kan dit uitgeken word aan wit letsels op die peester wat, indien dit uitgetrek sou word, ook 'n bloederigheid op die glans vertoon.

Ooie wat ondersoek word, toon letsels aan die onderste punt van die vagina. Dit is egter selde dat die siekte dieper binne die vagina voorkom.

Van Rooyen sê peestersiekte kan ook deur vlieë en meganiese kontak van diere, soos tydens kunsmatige inseminasie, oorgedra word. Dit wil voorkom of die siekte vanaf die Noord-Kaap na die oostelike dele van die land versprei het. Dr. Giel van Aardt, staatsveearts op Springbok, meen dat ooie wat aangesteek word, permanente draers van die siekte word en in die daaropvolgende dekseisoen onbesmette ramme kan aansteek.

Van Rooyen sê hoewel hy meer as 20 jaar gelede die eerste keer met die siekte te doen gekry het, is sedertdien min navorsing daaroor gedoen. "Kommersiële boere en stoettelers wat gemerk het dat hul ramme die siekte het, het dit dikwels ook probeer stil hou. Gelukkig is boere vandag toenemend bereid om oor die voorkoms daarvan in hulle kuddes te praat."

Ofskoon die protokol, wat op inisiatief van die Dorperskaaptelersgenootskap saamgestel is, praktiese uitvoerbare voorstelle behels, sal sommige telers dalk nie met alle aspekte daarvan gemaklik wees nie.

"Een van die twispunte is of daar net 'n vaste teelseisoen ingestel moet word. In ekstensiewe dele hou baie boere sommer regdeur die jaar die ramme by die ooie. As die ramme egter vir 'n paar maande uitgehaal sou word, kan dit die kans op die herstel van die kudde aansienlik verbeter. Dit kan ook help om individuele diere of familielyne wat meer vatbaar vir die siekte is, te identifiseer."

Daar is, byvoorbeeld, vasgestel dat sommige ramme wat dit opgedoen het, ná behandeling nie weer tekens daarvan getoon het nie. Aan die ander kant, is daar diere wat dit herhaaldelik kry.

Prof. Gareth Bath van die Universiteit van Pretoria stel veral belang om navorsing te doen oor die genetiese agtergrond van kuddes wat aangetas word. Dit lyk in die stadium ook of die siekte eie aan Suider-Afrika is en nie in ander wêrelddele aangetref word nie. Die groep mikoplasmas wat peestersiekte veroorsaak, word ook aangetref by diere wat mastitis en longontsteking het.

Van Rooyen sê daar gaan gepoog word om boere wat voorkomende stappe doen te akkrediteer. Die voorstelle in die protokol is egter nie van so 'n aard dat daar nie aanpassings gedoen kan word nie. Een van die groot behoeftes bly die ontwikkeling van 'n entstof. Of dit egter met die beperkte geld en mannekrag wat vir navorsing in die land beskikbaar is, haalbaar sal wees, bly 'n ope vraag, sê Van Rooyen.

Mnr. Ernest Connan, voorsitter van die Dorpertelersgenootskap, sê sy organisasie is ernstig dat daadwerklike stappe gedoen sal word om die siekte onder beheer te kry."Dit baat nie ons fluister meer daaroor nie. Dit is tyd dat die voorkoms daarvan openlik bespreek word, en die toepaslike voorsorgmaatreëls getref word. As ons nie nou die bul by die horings pak nie, mag ons dalk later baie spyt wees.""

Die genootskap het reeds geld bewillig vir 'n nagraadse student van Tukkies wat daarin geslaag het om die mikoplasma te identifiseer en te isoleer."

Die volgende stap sal die ontwikkeling van 'n serologiese toets wees om deur middel van bloedtoetse vas te stel of 'n kudde besmet is of nie," sê Connan.

Só werk dit

Die protokol vir die bestryding van peestersiekte wat deur 'n groep private en staatsveeartse, telers en dieregesondheidstegnici opgestel is, behels onder meer die volgende:

  • As 'n kudde skoon is en geen kliniese letsels van die siekte by die ramme en ooie voorkom nie, behoort 'n boer ramme net te koop van telers wie se kuddes ook as “skoon" geklassifiseer is. Hy kan dan 'n proefparing doen op 10 jong ooitjies wat afsonderlik gehou word. Hierna behoort hy die ramme te ondersoek voordat hulle by die res van die ooitrop aansluit vir paring.
  • Biologiese sekuriteitsmaatreëls, soos die instandhouding van grensdrade om kontak met aangrensende kuddes (wat moontlik besmet kan wees) te voorkom, moet ingestel word. As 'n boer nuwe ramme koop, moet hy hulle vir 30 dae in kwarantyn plaas voordat hulle die ooie dek. Sien ook toe dat die siekte nie meganies tydens skeertyd en kunsmatige inseminasie oorgedra word nie.
  • Indien die siekte wel sou voorkom onder diere in 'n sogenaamde skoon kudde, moet die boer sulke ramme eerder slag of verkoop óf hy moet besluit om daarmee saam te leef en die diere voortdurend te behandel.

    Die behandeling van besmette diere sluit onder meer die volgende in:

  • Stel voedingstekorte reg deur die toediening van vitamiene A, D en E asook sink voor paring. Voorkomende antimikrobiese behandeling, soos die toediening van 'n mastitismiddel in die ram se skede, voor paartyd, die inspuiting van langwerkende tetrasiklien of penisillien of die inspuiting en lokale behandeling met akriflavien/gliserien of getemde jodium (Povodien) voor paring kan oorweeg word.
  • Volg 'n vaste paarseisoen van 34 dae (2 siklusse) of 42/51 dae (3 siklusse).
  • Alle droë ooie moet ná 'n sonarondersoek en of op die laaste dag van die lamseisoen verwyder word.
  • Merk alle ramme wat geen letsel of geskiedenis van peestersiekte het nie met 'n groen oorplaatjie; ramme wat een episode van die siekte toon, kan met 'n geel oorplaatjie geïdentifiseer word; en waar dieselfde ram herhaaldelik die siekte toon, kan hy met 'n rooi oorplaatjie gemerk word.
  • Voorgeskrewe besonderhede moet van individuele ramme aangeteken word, terwyl die paringbesonderhede en lamresultate ook aangeteken behoort te word.

    Daar word ook voorgestel dat boere op wie se plase daar vir drie opeenvolgende paarseisoene geen tekens van die siekte was nie, 'n sertifikaat ontvang. Hierna kan daar jaarliks, of tweejaarliks 'n instandhoudingsertifikaat uitgereik word.

  • Vir meer inligting kan dr. Johan van Rooyen gebel word by 082 463 3087, of mev. Milne by 049 842 2241.

    20 Februarie 2004

  • 0
     
     
    • 1976 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • 7 Oktober 2011
    • 11 Junie 2011
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction