|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Suid-Afrika mag volgende jaar die eerste keer sedert 1994 olifante uitdun. Die land se olifantgetalle het sedert 1900 van 200 tot 17 000 gegroei en diere soos renosters word nou benadeel.
Mnr. Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewingsake, sê olifante se "mededingers" is die eerste diere wat benadeel word deur groeiende olifantgetalle. "Die oomblik wanneer die olifantbevolking in 'n sekere gebied buite beheer raak, verdwyn renosters en begin hulle vrek."
Sommige diereregte-aktiviste is teen dié uitdunning gekant, maar me. Sue Lieberman van die World Wildlife Fund meen dit is soms nodig. "In sommige gebiede is daar te veel olifante vir die beskikbare grond en uitdunning kan nodig wees. Dit is nie die opsie wat voorkeur geniet nie en dis nie 'n mooi gesig nie. Niemand wil dit doen nie, maar om niks te doen nie, is onmoontlik," sê sy.
Nasionale, provinsiale en private parke sal nou bestuursplanne by die Departement van Omgewingsake indien en uitdunning, waar nodig, sal volgende winter begin. "Uitdunning is vir ons die laaste keuse," sê Van Schalkwyk.
Bron:
Bloomberg
24 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24