Deur ALANI JANEKE
24 Oktober 2012

871 keer gelees | 2 kommentaar

Suid-Afrika se aantal melkboere het van September verlede jaar tot Oktober vanjaar met sowat 400 tot 2 200 gedaal, aldus die MPO.


Groot kommer bestaan binne die Melkprodusente-organisasie (MPO) oor die daling in die aantal melkboere in Suid-Afrika.

Die organisasie se statistiek dui aan dat sowat 2 200 melkboere tans melk vir plaaslike verbruik lewer. Dr. Koos Coetzee, die organisasie se senior ekonoom, het op 19 September verlede jaar aan Landbou.com gesê die aantal melkboere het toe op 2 630 gestaan.
 
Die afgelope week het Coetzee aan Landbou.com bevestig dié getal is nou sowat 2 200. Dít verteenwoordig ’n verlaging van meer as 400 melkboere of sowat 16%. In 2010 het die land 2 713 melkboere gehad. Van 1997 tot 2010 het dié getal met sowat 4 000 verminder.
 
Hoë produksie
Mnr. Dean Kleynhans, voorsitter, sê die daling word deur baie betrokkenes “afgemaak” omdat melkproduksie in die land terselfdertyd styg. “Maar wanneer bereik ons die punt waar produksie nie kan byhou met die daling in produsente nie? Dit is nie ’n volhoubare situasie nie.”
 
Die vlakke waarop die rand nou teenoor die dollar en ander internasionale geldeenhede beweeg, is volgens Kleynhans ’n aanduiding dat suiwelinvoer nie vir altyd sal kan voortgaan soos wat tans die geval is nie. “Dit sal lei tot ’n groter fokus op plaaslike produksie, en dan is die boere minder.”
 
’n Eerste
Produksiestatistiek vir September vanjaar is laer as produksiesyfers vir dieselfde maand verlede jaar. Kleynhans sê dit is die eerste keer dat dié syfer jaar op jaar daal, en dis ’n teken “dat melkboere ongelooflik swaar trek”.
 
Kleynhans voorsien ’n krisis in die suiwelbedryf op die lang duur. Hy sê verbruik in Suid-Afrika en Afrika neem dramaties toe, maar ’n gesamentlike toekomsvisie vir die bedryf bestaan nie. “Elkeen gaan maar so op sy eie aan, maar die gebrek aan ’n langtermyn-strategie vir die bedryf is ’n reuse-tekortkoming, en dis ’n ernstige probleem.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Brakanjan

2012/10/24 12:58:51 PM

Dis die groot melkkopers en hul aandeelhouers se skuld. Hulle melk die verbruikers wyl hul melkboere misbruik. Onthou wat het Dairybelle, Clover en Parmalat gemaak met hul aankoopprys? Ek dink dis tyd dat melkboere self hul melk moet verkoop en so die middelman uitsny. Weet nou nie of dit prakties kan wees nie, maar dit gaan 'n duur ding wees.


Bekommerd

2012/10/25 08:25:07 AM

Solank daar nie 'n "sagis" vir die melkbedryf bestaan nie, sal die melkkopers voort stu om hulle eie koffers vol te maak en nog meer, ten koste van die produsent. Die vermakerige,uitdagende en blatante leuens oor voorrade en tendense van senior bestuurs lede van melkverwerkers dra ook by tot produsente wat die bedryf verlaat of die verwerkings van sy produk self doen. Ook moet die mark manupilasie van die kettingwinkels nie mis gekyk word nie. Dis 'n bose kringloop wat produsente self die beheer moet neem, 'n plan maak, en gesamentlik die monopolie wat melkverwerkers en kettingwinkels het, af te breek om net weer sy regverdige deel van die koek te kry, om net ook 'n leefbare bestaan te maak.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights