Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Skaapboer-sny-die-rieme-dun

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Skaapboer sny die rieme dun

 
Johan Fouché

Dié Merinoboerdery het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die laagste boerderykoste gespog in 'n projek waaraan 22 Karoo-boere deelgeneem het. Deur saam met die natuur te boer, behoorlike beplanning te doen en streng finansiële bestuur toe te pas, is selfs skape wat vir ekstensiewe toestande geteel is — soos Dorpers — geklop.

"Boerdery moet in harmonie met die natuurlike omgewingsfaktore geskied. Dit mag nie ten koste van landbouhulpbronne plaasvind nie en dit moet kostedoeltreffend geskied. Daarby moet die beskikbare hulpbronne — grond, arbeid, kapitaal en bestuur — doeltreffend benut word om 'n beter as net gerieflike bestaan te verseker."

Só sê mnr. Pieter Lund van die plaas Bleakhouse, in die Nelspoort-omgewing buite Beaufort-Wes. In moeilike toestande het hy en sy seun, Johan, hul totale boerderykoste per kleinvee-eenheid elke jaar verlaag.

Die afgelope twee jaar was hul produksiekoste die laagste in 'n projek waarin 22 kleinveeboerderye — Merino, Dorper en Angora — in verskillende dele van die Karoo se finansiële syfers met mekaar vergelyk is. In 2001/02 was hul totale boerderykoste net R46/KVE.

Die Lunds het van die begin af deelgeneem aan 'n projek onder leiding van mnr. Pieter van Zyl, 'n landbou-ekonoom wat voorheen aan die departement van ekonomiese sake, landbou en toerisme op Oudtshoorn verbonde was.

Die doel van dié projek is om landbou-ekonomiese norme vir kleinveeproduksie in die Karoo daar te stel. Met dié inligting kan boere hulself met ander in die projek vergelyk.

Sekerlik die grootste voordeel wat hieruit voortspruit, is die bekendmaking van die boerderypraktyke met die laagste koste of die beste wins. Boere kan nou hul boerderye met dié boere s'n vergelyk en as hulle swakker vaar, kan hulle bepaal wat dié boere anders doen. Hulle kan ook hul bestuurstelsels aanpas om koste te verlaag en wins te verhoog.

Mnr. Pieter Lund sê hulle doen verskeie dinge om hul uitgawes laag te hou. Elke jaar sedert die projek begin het, het hulle hul koste per KVE laat daal, ondanks inflasie en dalende reële produksiepryse. Goeie weidingsbestuur om die uitwerking van droogtes en dus voerkoste te verlig, goeie plaas- en boerderybeplanning om arbeid en ander koste te verlaag, en streng finansiële bestuur is 'n belangrike deel van hul wenresep.

Elke plaas en boerdery is uniek. Die belangrikste kenmerke van hul boerdery is die eenvoud daarvan en die feit dat hulle deurgaans betrokke is en op hoogte is van wat in die boerdery gebeur.

Bleakhouse is van 'n gemiddelde grootte vir die omgewing waarin dit geleë is. Die helfte van die veld is gras en die ander helfte is kliprantjies. Die plaas spog met 'n indrukwekkende infrastruktuur, wat 22 windpompe, agt steen-en-sementdamme, 20 sinkdamme, 84 krippe, waterpypleidings van 7,1 km, binneheinings van 112 km en buiteheinings van 42 km, insluit.

Op die plaas word net met Merino's geboer — twee derdes van die skape op die plaas is ooie en die res is hamels. Kruisteling word op jong- en prulooie gedoen om slaglammers te produseer.

Die boerdery se inkomste is van vleis en wol afkomstig, maar mnr. Lund sr. hoop dat wol se bydrae vanjaar hoër sal wees indien die wolprys sy hoër vlakke handhaaf.

Hulle het twee lamseisoene per jaar. Twee groepe aanteelooie word gebruik, wat onderskeidelik in die lente en herfs gepaar word. Een voordeel is dat minder ramme nodig is. Dit verminder ook die boerdery se afhanklikheid van arbeid, wat die meeste boerderye se grootste enkele uitgawe is.

Mnr. Lund jr. sê skape word deurlopend vir produksie en reproduksie geëvalueer. Ooie wat oorslaan met lenteparing word gemerk en in die herfs weer gepaar. As 'n ooi wéér oorslaan, word sy verkoop. Hulle teel hul eie ramme. "Dié ramme is beter by die plaas se toestande aangepas en het heelwat minder sorg nodig.&quot

"Voersak-boerdery" word tot 'n minimum beperk. Strategiese byvoeding word net aan dragtige en lakterende ooie gegee as dit nodig is.

'n Konserwatiewe veebelading sorg dat daar in droë tye ekstra weiding is om as 'n "voerbank" te dien. Deeglike weidingsbestuur is noodsaaklik in die gebied waar hulle boer, sê mnr. Lund sr. Kampe word volgens 'n rotasiestelsel laat rus en hulle hou boek daarvan omdat dinge maklik verkeerd kan gaan. Hulle bepaal deur waarneming wanneer vee uit 'n kamp onttrek moet word. Goeie kennis van die plantegroei sowel as die skape is dus belangrik.

Bome is op verskillende plekke op die plaas geplant, meestal naby waterbronne, sodat die skape op die warmste tyd van die dag teen die moordende Karoo-son kan skuil.

Die Lunds skeer hul skape net een keer per jaar in Oktober. Dít is die tyd wat hul boerdery die beste pas. Daar word groot sorg aan die dag gelê om besoedeling van die Merino-wol te voorkom.

Die twee paarseisoene en die feit dat skape net een keer 'n jaar geskeer word, beteken dat hulle elke jaar 'n goeie hoeveelheid lammer- en wissellamwol het wat goeie pryse behaal. Alle onderlyne word deeglik nagegaan voor dit gebaal word.

Algemene inenting en dosering word tydens die skeertyd afgehandel. Mismonsters word vooraf geneem om te sien wat die behoeftes is, sodat onnodige dosering uitgeskakel word.

Een van die items waarop die boerdery die meeste bespaar, is arbeid. Die Lunds het net twee voltydse werkers. Mnr. Lund sr. sê hulle kan met min werkers klaarkom omdat hulle saam met die werkers werk as dit nodig raak. Hy sê in vyftig jaar het hy nog nooit 'n trekker- of bakkiebestuurder gebruik nie.

Sy seun reken werkers is produktiewer as daar saam met hulle gewerk word en dit dien ook as opleiding vir hulle. " 'n Seer lyf en vuil hande maak niemand dood nie."

'n Stelsel van diensgange wat die meeste kampe op die plaas met mekaar en die skeerhuis verbind, is die grootste rede waarom min werkers nodig is. Kampe is gemiddeld 160 hektaar groot, wat dit vir twee werkers moontlik maak om 'n trop skape bymekaar te maak. Danksy die gangstelsel kan een werker alleen met 'n trop skape trek.

Mnr. Lund sr. reken dié stelsel is redelik uniek en baie gerieflik. Sy pa het in die jare sestig van die vorige eeu daarmee begin toe draad nog nie so duur was nie. Toe hy begin boer het, het hy dit verder uitgebrei en vandag is daar sowat 13 km se diensgange.

Op sentrale plekke binne die gange, byvoorbeeld waar gange kruis, is afskortings met watervoorsiening. By ses sulke punte wat eweredig oor die plaas versprei is, is krale met drukgange. Skape hoef dus nie elke keer na die opstal geneem te word nie. Hulle kan ook in dié gange slaap as die werk nie binne 'n dag afgehandel word nie.

Behoorlike krale met drukgange en hekke wat kan toemaak en toebly, bespaar nie net arbeid nie, maar maak dit ook 'n plesier om met skape te werk.

Streng finansiële bestuur vorm 'n belangrike deel van die Lunds se welslae. Mnr. Lund sr. is al meer as 30 jaar lid van die Finrek-studiegroep en het 'n geskiedenis van rekordhouding. Hy ontvang elke jaar inligting van die studiegroep wat hy gebruik om sy boerdery se prestasie te beoordeel en regstellings te maak waar nodig.

Hulle beplan elke week se bedrywighede vooruit, sonder om te veel op een dag te probeer doen. Hulle beplan ook die week se voertuigritte, om onnodige ritte uit te skakel en brandstof te bespaar. Goeie plaaspaaie wat onderhou word, dra by tot besparing op brandstof en op onderhoud aan voertuie.

Mnr. Lund jr. sê hulle doen geen aankope of verkope sonder om eers 'n paar kwotasies te kry nie. Hulle doen sover moontlik self ontwikkeling op die plaas, en doen ook self herstelwerk aan en versiening van toerusting.

Windpompe word deeglik onderhou om probleme te voorkom. Hulle het die meeste van hul windpompe na 'n stelsel met plastieksilinders omgeskakel. Daar is geen metaaldele in die boorgat nie en gevolglik minder onderhoud.

Soos op ander kleinveeplase in die omgewing, is roofdiere soos rooijakkalse en rooikatte 'n probleem. Hulle bestry self die probleemdiere. Mnr. Lund sr. reken alle boere behoort dit self te doen, omdat die boer immers sy plaas die beste ken.

Hy voel ook sterk daaroor dat boere sover moontlik alternatiewe energie moet gebruik om op brandstofkoste te bespaar. Die afgelope 25 jaar verskaf 'n windlaaier voldoende elektrisiteit vir die huis se ligte. Eskom-krag word vir groter kragbehoeftes gebruik.

"Oorlewing is meer as net 'n stryd teen die natuur. Dit verg ook vernuwende denke en 'n vermoë om by veranderde toestande aan te pas. 'n Belangrike ding vir enige boer om te onthou, is dat jou spore daar moet lê waar die bossies groei en die ooie lam", sê mnr. Lund sr.

14 Junie

0
 
 
  • 2275 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Punteplan kan grondpaaie red
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction