Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Skaars-perderas-maak-geskiedenis-sa

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Skaars perderas maak geskiedenis in SA

 
Deur THEUNS BOTHA
Robert Miles (9) met die eerste SA geteelde Pintabianhingsie in Afrika.  Foto: GREG MILES
Robert Miles (9) met die eerste SA geteelde Pintabianhingsie in Afrika. Foto: GREG MILES

Die eerste Suid-Afrikaans geteelde Arabier-Pintabian-hings is onlangs op 'n plaas naby Stutterheim gebore. Daar is tans wêreldwyd net sowat 500 van dié skaars Arabierperde met hul kenmerkende bruin kolle wat in 1992 in Amerika as
perderas geregistreer is. Landbouweekblad het kort vóór die geboorte van die jongste aankomeling gaan hoor wat dié ras so uitsonderlike maak.

Vir mnr. Greg Miles van die plaas Bare Acres, naby Stutterheim, was sy eerste kennismaking met die Pintabian (pin-tay-bee-an) liefde met die eerste oogopslag. Hy is tans die enigste mens in Afrika wat van dié perde het. Ook die éérste wat plaaslik daarmee teel.

'n Leek kan dié perde maklik met die Rooihuide se Appaloosa verwar. Daar is egter geen verwantskap nie, verseker Miles, wat sy Springbokkleure in perde-uithouritte in 2001 verwerf het en jare lank al Arabierperde teel.

Die Pintabian is die resultaat van 'n ingewikkelde kruising tussen Tobiano- en Arabierperde waarvan die gene uit meer as 99 % Arabierbloed moet bestaan voordat dit as Pintabian geregistreer kan word, verduidelik hy.

Miles sê sy begeerte om eendag 'n Pintabian te besit, het ontstaan toe hy die eerste keer 'n vriend se Tobiano (wat ook assimmetriese kolle op die lyf het) gery het. "Dit was nie net die perd se voorkoms wat my oog gevang het nie, maar ook sy moedigheid. Ek het daardie dag geweet dat ek nie rus vir my siel sal kry voordat ek nie ook só 'n perd in die hande kan kry nie."

Meer as drie jaar en baie navorsing later het Miles van iemand te hore gekom het wat bereid was om 'n homosigotiese Pintabian-merrie aan hom te verkoop. (Homosigoties beteken dat indien die merrie wat dié gene dra, met enige ander perderas gekruis word, sal die nakomeling 'n wit en bruin of wit en swart kolpatroon dra.) As die hings 'n homosigoot is, is die kans 100 % dat die kleureienskappe aan die nageslag oorgedra sal word.

Twee jaar gelede het Miles deur middel van die internet kontak gemaak met me. Jean Hawes, 'n Pintabianteler van Iowa, Amerika, wat bereid was om 'n dragtige homosigotiese Pintabian-merrie aan hom te verkoop. Dié merrie, Floral Hearts, is per vragvliegtuig via Amsterdam na Suid-Afrika ingevoer. Agt maande sedert hy met die onderhandelinge begin het en nadat die perd nóg 'n maand in Johannesburg in kwarantyn gehou is, het sy op Bare Acres aangekom.

Net om seker te maak dat sy nie iets oorkom nie, is sy in 'n kwaratynkamp geplaas. Die hele transaksie (vervoer ingesluit) het Miles sowat R200 000 uit die sak gejaag. Hy het egter vooraf 'n koper vir sy Arabierhings El Barec Texas, wat na Doebai uitgevoer is, gekry om 'n deel van Floral Hearts se koste te dra.

Drie maande later is Floral Hearts se vul Raine Heart gebore. Dié vul is só genoem omdat dit destyds baie gereën het en haar oupa se naam Braveheart was. Die geboorte het nie heeltemal sonder drama verloop nie. Miles en sy vrou, Maria, het beurte gemaak om 'n week lank in die stal saam met haar te slaap om die geskiedkundige geboorte van die eerste homosigotiese Pintabian in Afrika op film vas te lê en naby te wees as iets sou skeefloop. "Die geboorte was perfek. Ons enigste teleurstelling was dat die vulletjie 'n merrie, en nie 'n hings was nie. Aan die ander kant het ek my belegging verdubbel omdat daar nou twee van dié soort merries op die plaas is," sê Miles in nabetragting.

Kort ná die geboorte van Raine Heart is Floral Hearts met Taxman, 'n seun van El Barec Texas, gepaar. In Februarie vanjaar is haar hingsvul, El Barec Thunderheart, gebore.

Miles onderhandel tans om saad van die enigste geregistreerde homosigotiese Pintabian hings uit Amerika in te voer om die twee merries wat hy nou het, kunsmatig te insemineer. Hy hoop dat hul nageslag manlik sal wees en hy sodoende dekkings kan verkoop.

Sy raad aan ander mense wat belang stel om perde in- en uit te voer, is om dit verkieslik deur 'n agent te doen. "My agent, mnr. Kevin Connolly, het ál die werk gedoen. Ek moes net die tjek uitskryf. Boonop het hy my baie geld gespaar omdat hy vasgestel het dat die perd nie in kwarantyn gehou moes word tot sy gevul het nie.

"Vir my is daar nie 'n mooier perd as die Arabier nie. Die Pintabian, met die kenmerkende kolpatroon maak die diere net soveel meer spesiaal op die oog. Aangesien Thunderheart uit die gesogte Crabber-bloedlyn kom, meen ek hy sal die potensiaal hê om 'n strawwe uithourit te wen," sê Miles, wat 'n passie vir alle soorte diere het.

31 Maart 2006

0
 
 
  • 2404 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Ontwikkeling kan net slaag as boere help
  • Stryd om Senwes woed voort
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction