|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
’n Nuwe grasmengsel, wat boere in staat sal stel om hul skape se kondisie te verbeter, is bekend gestel.
Luidens ’n verklaring kan Advance Seed se Sheep Blend-grasmengsel boere in die sentrale, oostelike en westelike dele van die land help om die kondisie van hul skape te verbeter deur die voedingswaarde van weiding op te stoot.
Die mengsel bestaan uit vier inheemse weidingsgrasse wat vermeng is met ’n peulgewas. Die verskillende klimatologiese toestande in die sentrale, oostelike en westelike dele van die land is in die ontwikkeling daarvan in ag geneem.
Aanplanting
Die mengsel is geskik vir aanplanting op droëland of onder besproeiing. Die beste resultaat word verkry wanneer dit tussen September en Maart geplant word. ’n Subtropiese klimaat, met minstens 400 mm reën per jaar, is geskik vir dié mengsel.
“Die aanbevole saaidigtheid in rye, en breedwerpig gesaai, is 10 kg/ha. In die westelike dele van die land kan dit aangeplant word op plekke waar dit minder as 400 mm per jaar reën en aanvullende besproeiing nie moontlik is nie. Vrugbare kleileemgrond word verkies,” lui die verklaring.
Die mengsel is met Agricote-saadbedekking bedek en dit bevat voedingstowwe en groeistimulante.
7 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Is die gawas eenjarig, wat die drakrag in die wes vrystaat is en watter tyd van die jaar kan bewei word?
Nee dis nie n geheim jy kan Charlie skakel by Advance seed hy sal jou al die nodige inligting verskaf
Ek is op soek na die advertensie oor die maak van groenvoer vir beeste ib 'nwaentjie
Is die nuwe grasmengsel blousuur vry? Is dit meerjarig of een jarig en is dit rypbestand?
http://www.advanceseed.com/
Is die 4 inheemse grasse en peulgewas wat gebruik is 'n geheim of waar kan mens dit uitvind?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)