Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Skape / Vleisskape / Persies-kom-n-lang-pad

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Persies kom 'n lang pad

 
deur ERNIE DEYZEL
Tans is daar 44 Persie-stoeterye in Suid-Afrika.
Tans is daar 44 Persie-stoeterye in Suid-Afrika.

Thomas Heatlie is op 4 Maart 1829 te Tulbagh gebore. Hy was ’n energieke boer en het handel gedryf met verskillende veerasse en plaasprodukte. Tydens een van sy besoeke aan Swellendam in die 1870’s, het hy en ene Tom Barry na Malgas gegaan waar die Breederivier in die see uitmond. Daar het hulle ’n boot gesien wat in die riviermonding skuiling gesoek het teen die stormwind op see.

Hulle het die boot besoek en vier swartkopskape, ’n ram en drie ooie met vetsterte gesien wat die kaptein in die Persiese Golf gekoop het. Die kaptein wou nie die skape verkoop nie, maar was gewillig om dit te verruil vir ander slagskape.

Hy was ook bereid om die skape met sy boot na Kaapstad te vervoer vanwaar dit eers per trein en toe per ossewa na sy plaas in die Tulbagh-distrik vervoer is.

 ’n Bul het een van die ooie gedood sodat slegs twee ooie en ’n ram oorgebly het. Een van die ooie het ’n tweeling gehad, ’n ram en ooi wat ’n bruin kop gehad het. Die bruin koppe van vandag moes dus hul oorsprong by dié ooilam gehad het.

Omdat die skape afkomstig was van Persië, vandag Irak, het Heatlie besluit om die ras Persie te noem. Die drie het aangeteel en die ras het na Bedford, Grahamstad en Middelburg (Oos-Kaap) versprei. Later het dit oor die hele Oos-Kaap, Noord-Kaap en selfs tot in Namibië en Zimbabwe versprei.

Die ras is dus een van die oudste skaaprasse in Suid-Afrika en hierdie drie oorspronklike skape was die grondslag van die Persiebedryf soos ons dit vandag ken. Benewens die swartkop-Persie wat in groot getalle voorkom, is daar ook skape met bruin koppe. Later is swart en bruin skape met wit dele oor die hele lyf, geteel. Hulle behoort ook tot die Persie-ras en word skilder-Persies genoem.

Gedurende die eerste deel van die afgelope 140 jaar was dit blykbaar hoofsaaklik natuurlike seleksie wat vir die “keuring” van Persies verantwoordelik was. Die oorlewing van die sterkstes het hier gegeld en só is die swak aangepaste skape deur die jare heen deur die natuur uitgeskakel om ’n geharde  ras tot gevolg te hê.

’n Groot mate van inteling het oorspronklik tussen die oorspronklike skape plaasgevind. As goeie teelmateriaal beskikbaar is, is dit die heel beste manier om die goeie eienskappe van ’n ras vas te teel. Sulke vee het gevolglik ’n goeie erfdwang.

Om orde te bring in die teel van ’n ras, moet daar een of ander tyd ’n oorhoofse organisasie gestig word om die teling te beheer. Só ’n organisasie moet sy eie toepaslike reëls en regulasies ten opsigte van die bepaalde ras hê.

Só is daar in 1930 die ”Black Persian Sheep Breeders Society of South Africa” gestig, wat na die belange van die Persie-ras omgesien het. In 1948 is die huidige Swartkop-Persietelersvereniging gestig wat tans na die ras se belange omsien.

Gedurende goeie weidingsjare met volop kos, berg die ras genoeg vet op, veral in die goed ontwikkelde stertgedeelte, matige vet oor die lyf versprei en selfs vet om die pens, niere en ander organe.

Namate die weidingstoestande tydens droogtes verswak, word van die reserwes geabsorbeer sodat die diere vir ’n redelike lang tyd op minder kos of kos met ’n laer voedingswaarde kan oorleef.

Ondanks die oënskynlik baie vet, word beweer dat as ’n lam  ongeveer 12kg sou uitslag die karkas goed gegradeer word, mits die stertgedeelte geheel verwyder word. Dié deel is gewoonlik gedurende jagtyd sterk in aanvraag en kan apart verkoop word.

Ooie is vrugbaar en tweelinge kom ook voor. Pasgebore lammers is baie klein en geboorteprobleme word nie ondervind nie. Die ooie is goeie moeders.

Aan die beginjare van die Persie-skaapras het die hele liggaam baie vet tussen die vel en vleis gehad sodat dit moeilik was om die skape af te slag sonder om die vel te beskadig of te veel vet aan die vel agter te laat.

Die uitslagpersentasie van die Persie-skaap is van die hoogste vanweë sy klein basiese skelet en die min afvalgedeeltes. Deur die jare heen is deur teling klem daarop gelê om minder vet oor die liggaam te laat versprei. Deur seleksie is groot welslae behaal om ’n droër liggaam te teel en die vet op die stertgedeelte te konsentreer.

Die Persie het ’n gesogte vel omdat dit sterk is, maar nog altyd sagte leer gee. Die handskoen- en handsakbedryf het daardie eienskap benut.

Die stert- en lyfvet het ook unieke eienskappe. As dit uitgebraai word nadat dit in klein stukkies gesny is, gee dit ’n lekker soet, olieagtig sagte vet wat gesog is vir bakdoeleindes en ook smaaklik is op brood, veral saam met gouestroop en heuning. Probeer dit gerus! Die kaiings wat oorbly as die vet uitgebraai het, is vandag nog ’n gesogte lekkerny saam met brood, in potjiekos of saam met stampmielies.

Persievet in wildswors, veral koedoe, is ’n moet! Sny die vet in medaljonblokkies en meng met gemaalde vleis. Die hele Persie-karkas saam met wildsvleis gemaal, gee ’n baie lekker maalvleis. Droëwors van Persie- en wildsvleis gemaak, is baie smaakliker en die wors bly sag en word ook nie galsterig n ’n tyd nie.

Daar bestaan ook nie die gevaar van lintwurm-besmetting nie. Persievleis saam met wildsvleis gekook voorkom ook dat die vleis te droog is. Persie-afval en tuisgebakte brood is natuurlik koningskos. Om van ’n soutribbetjie van die Persieskaap nie eens te praat nie. Moet nie die ribbetjie te kaal sny nie en laat die stukkies vet wat agterbly, lekker droog braai.  Die ribbetjie moet so winddroog wees, dan kort jy net  lekker kole en ’n rooster.

Die ras benut veld goed omdat hulle weiding nie baie selektief bewei nie. Weens die kleiner liggaamsbou, is hulle ook lig op weiveld. Daar word beweer dat 1,3 Persies soveel vreet as een skaap van ander rasse. Hulle drink ook minder kere water as ander vee en blykbaar kan hulle vir langer tye sonder water klaarkom.

Die ras word gebruik by kruisteling en speel vandag ’n groot rol in die produksie van rooivleis. Ongeveer 60 jaar gelede het ’n groot behoefte ontstaan om ’n ras te teel vir die droër dele van die land sodat ’n slaglam van die veld af bemark kon word, dit wil sê in ekstensiewe toestande. Etlike proewe is gedoen met die kruisings tussen verskillende rasse.

Uiteindelik is sukses behaal met die kruising tussen ’n Engelse vleisras, die Dorset Horn, en die Persieskaap. Die gehardheid van die Persie het die basis gelê vir die nuwe ras wat ontstaan het. Vandag ken ons die ras as die Dorper. Die naam is saamgevoeg van die Dor van die Dorset Horn en die Per van die Persie.

Al die Dorpers en Wit Dorpers het dus onstaan uit ons eenvoudige, nederige en eens afgeskeepte Persieras. Die Persie is eintlik ’n ras wat goed presteer in die ekstensiewe deel van die land waar droogtes meer die reël is as die uitsondering. Maar die Persie is ook besonder aanpasbaar en word vandag selfs in intensiewe toestande  met groot welslae aangehou.

Boere in die Uitenhage-bosveldgebied waar hartwater voorkom, vermoed dat die Persieskaap bestand is teen dié siekte of ten minste meer bestand is as ander kleinveerasse.

Tans is daar 44 Persie-stoeterye in Suid-Afrika. Daar is 11 671 swartkop-stoetskape, 701 skilder-Persies en 545 rooikop-Persies wat geregistreer is.

Die Persie-telersgenootskap se kantoor is op Beaufort Wes. Die sekretaresse is Riana Spamer. Kontak haar by  info@persieskaap.co.za of sel 082 957 9784.
Die voorsitter is Kobus Lötter. Kontak hom by kobuslotter@telkomsa.net of 082 432 2393.

16 April 2011

4.363635
 
 
  • 2522 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Frans Ekkerd. 
15 Mei 2011 23:15

Persieskaap bly jou beste slagskaap. Die heilsaamheid van persievet behoort tot verdere navorsing te lei.

  • antwoord
Justice Malanot
17 Apr 2011 07:15

Mooi

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wolpryse styg weer tot rekordvlakke
  • Smulkos met wors
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction