|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Verteenwoordigers van 20 lande het in Brussel, België byeengekom om die afname in die produksie van skaapvleis en die dalende verbruik van dié soort vleis te bespreek. Die Internasionale Skaapvleisforum meen nuwe skaapvleisprodukte moet ontwikkel word en internasionale samewerking in navorsing en ontwikkeling moet verbeter om die winsgewendheid van skaapboerdery te steun.
Die forum voer aan die afname in die verbruik van skaapvleis en die stygende produksiekoste het tot ’n wêreldwye daling in inkomste en winsgewendheid in dié bedryf gelei. Dit ’n afname in die aantal skape in die wêreld tot gevolg het. Mnr Pekka Pesonen, voorsitter van die forum, sê ’n tekort aan stappe om dié kwessie aan te pak, sal ’n verdere daling in skaapgetalle veroorsaak.
Die forum het saamgestem dat die gehalte van produkte en die algemene produksie in die skaapbedryf sal verbeter met beter samewerking tussen betrokkenes in die verskaffingsketting. Wat verbruik betref, meen die forum dat die jonger geslag betrek moet word, veral wat kitskos betref.
Me. Mariann Fischer Boel, die Europese Unie se landboukommissaris, sê haar organisasie ontvang nie veel versoeke vir die geldelike steun van skaapvleisbemarking nie. “Daar is moontlikhede hier,” sê sy. Die voordele van skaapboerdery ten opsigte van klimaatsverandering is ook bespreek.
14 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Skaap vleis sal altyd gewild wees ongeag die sogenaamde afplatting in gebruik. Mede skaapboere hou julle lammers die volk sal nooit ophou skaapvleis eet nie. Ook die regering se mense eet meer skaapvleis as hoender. Wag maar vir 2010 en sien.
groete
Die rede vir afname by ons is dat ons kry min vir ons skape asgevolg van die swak prys en die rede vir afname in verbruik is dat die abatour dit vir drie dubble verkoop as wat hulle vir die boere betaal.
Het iemand vir die mense laat weet dat die rede hoekom produksie hier so gedaal het is omdat ons 'n regering het wat misdaad "gewettig" het - my skape is jou skape is almal se skape.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)