Promosie-artikel:
CEVA Dieregesondheid het ‘n nuwe enstof, CEVAC Chlamydia (Wet 36 No. G3843), bekend gestel vir ensoötiese aborsie in skape. Dié produk voorkom nie net dié aborsies nie, maar beheer ook uitskeiding.
Ensoötiese aborsie word veroorsaak deur die bakterie Chlamydophila abortus en Chlamydiose besmet mense.
Chlamydiose is een van die belangrikste oorsake van besmetlike aborsies. In ’n nuut aangetaste kudde sal 30% tot 60% van die ooie binne die eerste twee jaar aborteer.
Die effek van Chlamydiose in kleinvee is hoofsaaklik:
• Aborsie aan die einde van dragtigheid.
• Voortydige geboortes.
• Geboorte van swak lammers wat gou vrek.
• Groot verskil tussen ooie dragtig geskandeer en die werklike lampersentasie.
Ander moontlike simptome is epididymitis, longontsteking, konjunktivitis, gewrigsontsteking, ens.
Die siekte is veral gevaarlik vir verwagtende vroue. Hulle moet alle kontak met siek diere vermy, veral tydens lamtyd. Dit veroorsaak nie alleen miskrame nie, maar kan ook ernstige komplikasies hê, wat hospitaalbehandeling benodig.
Wat om te doen as jy aborsies ondervind?
Geen spesifieke simptome dui aan dat die siekte teenwoordig is nie. Kliniese diagnose word gebaseer op vermoede. Alleen serologiese of direkte mikroskopie van die aborsie-materiaal kan die siekte positief laat identifiseer. Raadpleeg u veearts in die verband.
Eerstens, identifiseer en isoleer die ooi, sit die geaborteerde fetus en plasenta in ’n skoon sak (gebruik handskoene en bedek u neus en mond) en laat dit deur ’n laboratorium toets om die oorsaak van die aborsies te bepaal. Maak skoon en ontsmet die area. Geboortevloeistof is hoogs aansteeklik vir ander ooie, lammers en mense. Die beste advies is om jou veearts te raadpleeg, nie net om die inentingsprogram te bespreek nie, maar ook om die korrekte diagnose te maak veral as die aborsievlak van die trop 3% oorskry.
Lees ook die meegaande PDF-dokument wat onder aan die artikel aangeheg is vir meer besonderhede en kontaknommers.
14 Julie 2010
Kommentaar
Michelle,kontak asb. die verskaffers by tel: 011 312 4088.
Enige tekens aan die plasenta of die sakkie waarin die lam gebore word? Wat sou die tekens aan n geaborteerde lam wees as dit slenkdalkoors is?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)