Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Skape / Wolskape / Slenkdalkoors-sprei-tentakels

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Slenkdalkoors sprei tentakels

 
Deur ALANI JANEKE en THEUNS BOTHA
Ent teen Slenkdalkoors. Foto: THEUNS BOTHA
Ent teen Slenkdalkoors. Foto: THEUNS BOTHA

Ses mense is reeds dood aan Slenkdalkoors, terwyl infeksies onder mens en dier toeneem.

Ses mense het reeds aan Slenkdalkoors gesterf, terwyl die aantal infeksies tans op 87 staan, sê die Departement van Gesondheid. Luidens ‘n berig op News24.com het dié sterftes in die Vrystaat en Noord-Kaap voorgekom.

In die Oos-Kaap is vier bevestigde gevalle van Slenkdalkoors by mense aangemeld en ‘n verdere tien mense is tans onder waarneming vir die siekte. Geen sterftes is in dié provinsie aangemeld nie, sê dr. Jane Pistorius, bestuurder van veeartsenydienste in dié provinsie.

Me. Charity Bhengu, woordvoerder vir die Departement van Gesondheid, sê in die Vrystaat staan die aantal besmettings tans op 68, terwyl vier mense in die provinsie aan die siekte dood is. “Elf gevalle is in die Noord-Kaap aangemeld en twee sterftes, en een in Noordwes”.

Dit is meestal boere, veeartse en plaaswerkers wat die siekte opdoen. Bhengu sê hulle wag op uitslae van nog vermoedelike infeksies.

Mnr. Boitumelo Tshwene, die LUR vir landbou in Noordwes, doen ‘n beroep op boere om die nodige beskermende kleding aan te trek, en aan hulle plaaswerkers te voorsien, wanneer daar met vermoedelik geïnfekteerde vee of karkasse gewerk word.

Op 15 plase
In die Oos-Kaap kom Slenkdalkoors op 15 plase voor, terwyl meer as 20 ander onbevestigde uitbrekings onder diere in die Middelburg- en Hofmeyr-distrikte ondersoek word. Sowat 210 skape en een bees het reeds aan die siekte gevrek. Meer as 14 200 skape, 2 000 beeste en 1 192 bokke is reeds op plase waar dit voorkom en meente in die nabyheid van uitbrake, ingeënt.

Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, het ‘n beroep op boere gedoen om nie vee onnodig rond te skuif nie.

Volgens Mnr. Petrus de Wet, nasionale voorsitter van die NWKV, dui ‘n impakstudie van dié organisasie daarop dat tussen R50 miljoen en R80 miljoen se wol uit die besmette distrikte nog dié seisoen bemark moet word. “Ondanks die feit dat China se ontrekking van die mark op die betrokke wol minder mededinging op die veilings beteken, is daar nog ander lande wat die wol koop.”

Pistorius het ‘n ernstige beroep op veeboere in die Oos-Kaap gedoen om skape, bokke en beeste wat nie dragtig is nie gedurende die volgende paar maande voorkomend in te ent, aangesien ‘n wesentlike gevaar bestaan dat dit in die volgende seisoen verder kan versprei. Sy sê voldoende lewende entstof is beskikbaar.

7 April 2010
 

0
 
 
  • 2448 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbou instandhouding
  • Pienkvoet-plesier vir Tickey en Selmé-Louise
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction