Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Slim-plan-hou-roofdiere-toom

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Slim plan hou roofdiere in toom

 
JOHAN FOUCHÉ (jfouche@landbou.com)

Tradisionele metodes om roofdiere te bekamp skep dikwels probleme vir die boer.

Soos elke skaapboer weet, kan roofdiere, soos jakkalse en rooikatte, groot geldelike verliese veroorsaak. Dit is ook nie maklik om dié diere te bestry nie.

'n Boer van Beaufort-Wes, mnr. Eddie Steenkamp, sê 'n boer moet die roofdiere op sy plaas bestuur. Hy reken hy het 'n volhoubare oplossing gevind waardeur hy net die probleemdiere op sy plaas doodmaak en 'n ekostelsel in stand hou waarin roofdiere én sy skape saam kan bestaan.

Hy het reeds in die laat 1980's alle groot honde op sy plaas verbied omdat hulle regstreeks met roofdiere om kos meeding. Hy het ook later springbokke in die meeste van sy weidingskampe hervestig. Sy plaas grens aan die Karoo Nasionale Park en daar is gevolglik volop natuurlike prooi vir roofdiere.

Die weidingsdruk op sy plaas is een ooi op sowat 9 ha, wat verseker dat hy altyd genoeg voeding op die veld het om sy lammers vinnig te laat groei sodat hy hulle gou kan bemark of sodat hulle gou sterk genoeg kan word om nie meer maklik deur roofdiere gevang te kan word nie. Hy het sowat 'n duisend groot ooie en het jaarliks 'n lambevolking van meer as 1 400.

Mnr. Steenkamp sê ná jare se pogings om roofdiere wat groot lammerverliese veroorsaak het met verskillende metodes te bestry, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die enigste volhoubare oplossing is om probleemdiere deur 'n deurlopende stelsel te identifiseer en nét hulle dood te maak.

Hy verduidelik dit soos volg: "Veronderstel daar is vier roofdiere op jou plaas. Twee van hulle is probleemdiere en die ander twee nie. My ondervinding met jag is dat 'n mens gewoonlik eerste die diere doodmaak wat nié skade aanrig nie omdat dié wat lammers vang gewoonlik meer agterdogtig is. As jy al vier doodmaak, skep jy 'n vakuum wat mettertyd weer deur roofdiere gevul sal word. Die kans is goed dat jy weer met dieselfde verhouding van probleemdiere teenoor nie-probleemdiere sal sit.

"As jy egter net die twee probleemdiere kan doodmaak, sal hulle plek weer deur twee diere gevul word, waarvan een weer moontlik 'n probleemdier sal wees en die ander een nie. Só kan jy by 'n situasie uitkom waar jy geen roofdiere het wat skape vang nie. Die omgekeerde is ook waar: As jy net jou nie-probleemdiere doodgemaak kry, kan jy met méér probleemdiere eindig as waarmee jy begin het."

Hy sê die onoordeelkundige gebruik van gif, slagysters en jagtogte in die nag kan maklik tot bogenoemde situasie lei. Volgens hom dui navorsing ook daarop dat roofdiere in gebiede waar hulle nie gejag word nie, baie stadiger aanteel as in gebiede waar hulle voortdurend gejag word. Dié vinnige aanteling kan dus suksesse wat met jag behaal word, vernietig en veral vir boere op aangrensende plase wat nie deurlopend jag nie, groot probleme skep.

Jakkalse was voorheen die grootste probleem op sy plaas, maar die rooikatbevolking het nou die oorhand gekry en hulle dryf die meeste jakkalse uit. Hy sê hierdie situasie is baie voordelig, omdat rooikatte makliker bestry kan word as jakkalse. Anders as jakkalse wat sommer 'n stuk van 'n lewende lam sal afskeur, byt rooikatte die lam eers aan die keel dood. Dit beteken iets soos 'n gifhalsband kan baie doeltreffend wees om hulle dood te maak.

Mnr. Steenkamp se plan behels juis die gebruik van gifhalsbande wat om 'n lam se keelgedeelte vasgemaak word, saam met 'n klokkie wat om die lam se nek vasgemaak word. Hy sê gifhalsbande móét saam met ander produkte soos klokkies gebruik word om deurlopend suksesvol te wees.

Op grond van sy waarnemings oor die wyse waarop roofdiere te werk gaan, het hy eers die klokkie en later die gifhalsband ontwerp en die stelsel ontwikkel waarbinne hy dit gebruik. Hy vervaardig en bemark albei produkte self onder die naam Protect-A-Lamb.

Nadat lammers gebore word, keer mnr. Steenkamp hulle uit, sit 'n klokkie om elkeen se nek en jaag hulle terug veld toe. Om doeltreffend te wees, moet ál die lammers in 'n spesifieke kamp dit aanhê. As die band van die klokkie styf om die lam se nek vasgemaak word, help dit ook dat die lam nie so maklik doodgebyt kan word nie. Met die gebruik van die klokkie het hy alle verliese weens groukatte en draaijakkalse uitgeskakel.

Rooikatte raak gewoonlik nie aan die klokkies gewoond nie, met die uitsondering van enkele individue. Op hierdie manier word 'n probleemdier geïdentifiseer, omdat hy of sy net in 'n spesifieke gebied bedrywig is.

Die lammers moet elke 14 dae bymekaar gemaak word om te sien of daar verliese plaasgevind het. As daar 'n probleemdier in die spesifieke kamp bedrywig is, word die lammers met gifhalsbande uitgerus. Gewoonlik word die rooikat binne twee of drie dae gevang. Die gifhalsbande, wat net gebruik moet word wanneer dit nodig is, word dan weer met klokkies vervang. Om te keer dat roofdiere daaraan gewoond raak, moet die klokkies ook net gebruik word totdat die lammers groot en sterk genoeg is.

Sedert hy die gifhalsbande binne hierdie stelsel begin gebruik het, is sy lamverliese minimaal. Tussen April 1996 en November 2001 het hy 23 lammers deur roofdiere verloor, maar sedertdien net vyf.

"Dit lyk of die oorblywende roofdierbevolking op my plaas eenvoudig nie meer my lammers vang nie en hul loopgebied beskerm sodat daar nie ander roofdiere die gebied kan binnekom nie. Ek kry gereeld hase, steenbokke, springbokke en ander kleinwild wat tussen my ooie gevang is, sonder dat hul lammers gevang word," sê mnr. Steenkamp.

Volgens hom is dit nie te sê dat die roofdiere wat tans op sy plaas is nie later wel sal probeer om sy lammers met klokkies aan te vang nie, maar met die gifhalsband sal hy die probleemdiere vinnig kan uitskakel.

Hy sê gifhalsbande is 'n ou konsep, maar tot dusver is baie dodelike gifstowwe, soos karbofuraan, gebruik wat nadelig vir die omgewing is. Hy het 'n lisensie gekry om die gifstof 1080 te kan gebruik. Die invoer van die gif is aanvanklik gefinansier deur die Nasionale Wolkwekersvereniging en is deur die Gifstofwerkgroep nagevors.

Die grootste voordeel van 1080, waarvan die aktiewe bestanddeel natriummonofluoroasetaat is, is dat dit gou geneutraliseer word wanneer dit aan lug blootgestel word. Dit verseker dat die roofdier en die doodgebyte lam nie 'n groot risiko vir die sekondêre vergiftiging van ander roofdiere of roofvoëls inhou nie. Dit bring ook mee dat dit nie vir iemand die moeite werd is om die gif uit die bande te onttrek om dit vir iets anders te gebruik nie.

Die enigste nadeel van die gif is dat dit stadig werk en dat dit van 2 tot 16 uur kan duur voordat die dier vrek, wat dikwels beteken dat sy karkas nie opgespoor kan word nie.

Die drie gifkompartemente in die halsbande word onder druk met die gif gevul. Dit is moontlik vir die roofdier om 'n lam wat met 'n gifhalsband toegerus is, dood te byt. Die gif is onder druk. Om te verseker dat die dier vrek, word 'n groot hoeveelheid gif in die dier se bek gespuit as hy een van die sakkies stukkend byt.

Verder voordele van mnr. Steenkamp se gifhalsband, wat van 'n soort polimeer gemaak is, is dat dit baie stewig pas om die nek en dat die gifsakkies goed versprei is. Dit is redelik hard om te keer dat bosse in die veld dit kan stukkend steek en die gif per ongeluk vrystel.

As 'n lam gebyt word en een van die sakkies is stukkend, moet die hele halsband verbrand word en die lam as voorsorgmaat-reël begrawe word.

Die gif kan dodelik wees vir mense en moet in 'n kluis gebêre word as dit nie in gebruik is nie. Die gifhalsbande kos R60 elk en word in verpakkings van 10 verkoop.

  • Navrae: Mnr. Steenkamp, tel. 023 418 1676 of faks 023 418 1679.

    21 November 2003

  • 0
     
     
    • 2310 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Hoekom groentepryse bly styg
    • Is Safex aan't kwyn?
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction