Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Snotsiekte-boer-vra-oplossing

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Snotsiekte: Boer vra oplossing

 
Deur DEON STANDER

'n Beesboer wat groot skade weens snotsiekte gely het, soek 'n nasionale oplossing vir dié probleem, sonder om in hofsake betrokke te raak. Hier is sy verhaal, wat eers op die gespreksforum gepubliseer is:

Ek het in 2005 stoetbeeste ter waarde van R40 000 verloor weens snotsiekte. Ek het my buurman genader oor my skade omdat hy direk aangrensend met blouwildebeeste geboer het. Toe hy nie beried was om met my te skik nie, het ek my regsverteenwoordiger opdrag gee om hom te dagvaar.

Toe die beeste gevrek het, het my plaaslike veearts uitgegaan, die diere ondersoek, bloedmonsters geneem en foto's van die diere geneem. Onderstepoort het die bloed getoets en bevestig die diere is dood aan snotsiekte afkomstig van blouwildebeeste. Ons kon met sekerheid sê dat die buurman se blouwildebeeste die oorsaak was.

Maar, toe begin die baklei oor hoe het die beeste die snotsiekte opgedoen, want hulle was nie in direkte kontak met mekaar nie alhoewel hulle teenaan mekaar gewei het. Nou vir die interesante wending drie jaar later.

Vroeër jare is geglo dat beeste net kan snotsiekte optel as hulle dieselfde weiding as blouwildebeeste vreet en saam lek vreet en water drink. Toe ek en my buurman in 2005 mekaar aangevat het oor my skade, is geglo dat snotsiekte veroorsaak word deur spore wat deur die wind gewaai word, tot 'n kilometer ver.

Daar dat party boere 'n hofbevel gekry het vann bufferstrook vann kilometer tussen hulle beeste en die bure se blouwildebeeste. Maar in 2007 kom gooi navorsing dié teorie by die venster uit en word beweer dat 'n vlieg vir die oordrag van die siekte verantwoordelik is en dat hy tot 'n paar kilometer ver kan vlieg.

Ander diere

Nou, in 2008, word die bewering gemaak dat die vlieg se papies in die grond kan bly en deur ander diere moontlik ook versprei kan word en as toestande gunstig is, uitbroei, sy gasheer opsoek en versprei.

Nou waar laat dit my nou met my hofsaak en al? Ek kan nog steeds sê dat die vrektes veroorsaak is deur snotsiekte, maar kan nie bo enige twyfel sê dat dit van die betrokke buurman se blouwildebeeste af kom nie want twee plase verder, so 5 kilometer, boer ook 'n ander wildboer met blouwildebeeste en dit is net hier waar die vlieg nou die spreekwoordelike vlieg in die salf is.

Daar bestaan nog 'n kans dat ek my saak in die hof kan wen, maar nou het die betrokke wildboere besluit om my met hand en tand in die hof te beveg. Want as ek my saak in die hof wen, kan dit verreikende gevolge vir die wildbedryf inhou.

En om my saak in die hof te bewys, moet ek verskeie kundiges laat kom getuig wat my duisende rand gaan kos. Wat ek dan moet doen is om die wildbedryf man-alleen aan te vat .

Vir my is dit nie 'n opsie meer nie, want om n paar honderd duisend rand se regskoste aan te gaan vir n R40  000 se eis is nie 'n goeie finansiële besluit nie. Verder bestaan daar 'n groot moonlikheid, as die hof in my guns sou besluit, dat die ander party sal appelleer en dat die saak selfs in 'n hoër hof as die Appelhof kan draai.

Grondwet beskerm

'n Verdere feit wat ek moet in gedagte hou is dat, soos wat dit my reg is om met beeste te boer, is dit my buurman se reg om met blouwildebeeste te boer en die Grondwet beskerm beide van ons.

Wat nou gemaak? Ek sit soos baie ander beesboere in 'n catch 22 situasie. Daar is een van twee dinge wat ons kan doen en dit is dat ek en 'n klomp beesboere, veral dié wat beeste aan snotsiekte verloor het, bymekaar kom en so 'n saak as 'n toetssaak gebruik, mekaar finansieel help en die saak in die howe toets en die betrokke partye gebruik die saak as riglyn in die toekoms.

Of alle partye en rolspelers, soos die bees- en wildboere, die RPO, die SA Jagtersvereniging, die Department van Landbou, die Department van Omgewingsake en ander rolspelers, soos die georganiseerde landbou, gaan om 'n tafel sit en bespreek die probleem.

As ons na die problem wil kyk sal ons 'n studie moet doen oor hoe groot dié problem is want ons glo ons het nog net die seekoei se ore ontmasker. Die probleem is so groot dat daar al dele in die land is waar boere net nie meer kans sien om met beeste te boer nie.

Die voorstel wat my advokaat gemaak het is dat as sou 'n mens al die rolspelers om 'n tafel kan kry, een van die volgende opsies voorgestel word om die problem op te los:

1. Dat 'n heffing deur blouwildebees-boere betaal word en dat boere wat beeste weens snotsiek verloor, daaruit vergoed word.

2. 'n Ander meer werkbare alternatief is om die land in sones op te deel, soos in 'n munsipaliteit, met dele met woon- en besigheidsregte. Om só die sones op te deel in gebiede waar blouwildebeeste aangehou mag word en dele waar hulle nie aangehou mag word nie. As 'n wildboer met blouwildebeeste wel binne so 'n vry sone val, moet hy sy blouwildebeeste verwyder en die staat vergoed hom daarvoor. Die reëling sou geld vir swartwildebeeste ook. Op dieselfde manier as wat buffels agter die rooilyn langs die Krugerwildtuin gehou word, sal die wildebeeste aangehou moet word, net met die verskil dat dit sal oor die hele Suid-Afrika gedoen moet word.

Die probleem is waar begin 'n mens met só 'n inisiatief en hoe kry jy al die rolspelers byeen en wie gaan vir die koste vir so n vergadering betaal?

Ek is oop vir opbouende komentaar en hulp om so 'n gesprek van die grond af te kry.

  • Geskryf deur Deon Stander. Sy e-pos is: dstander@ul.ac.za

    26 Mei 2008

  • 5
     
     
    • 2705 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction