12 Julie 2012

2012 keer gelees | 10 kommentaar

’n Nuwe manier om veediefstal te bekamp het daartoe gelei dat ’n boer nou ’n opspoortoestel aan van sy skape vasgemaak het.


Ná ’n verlies van 40 skape, 27 ooie en 13 lammers, het ’n boer van Kaapstad besluit hy het genoeg gehad van veediefstal. Mnr. Erard Louw sê hy ná dié diefstal tien dae gelede besluit om nuwe maniere te kry om sy skape veilig te hou.

Luidens ’n berig op Nuus24.com sê Louw, wat naby Durbanville boer, hy het intussen ’n opsporingtoestel om van sy skape se nekke geplaas wat hom in kennis stel wanneer hulle hardloop. Die meganisme is aan vier skape van elkeen van Louw se troppe vas.

Sodra die diere begin hardloop, kry Louw ’n boodskap op sy telefoon, want dit is gewoonlik ’n teken dat hulle gesteel word of deur ’n heining gekruip het. “Soos wat hulle hardloop, kry ek ’n foonoproep wat sê ‘skaap een’ of ‘skaap twee’ en so aan. Ten minste weet ek dan waar om te begin kyk, want die plaas is 750 ha groot,” sê Louw.

Veedief
Volgens Louw het die gebruik van die toestel reeds gelei tot die inhegtenisneming van ’n veedief op sy plaas.

Die Rooivleisbedryfsforum het vroeër vandeesweek ’n verklaring uitgereik waarvolgens dit veediefstal as ’n winsgewende onderneming beskryf wat die bedryf groot verliese besorg. Hulle vra boere om seker te maak dat vee voldoende gebrandmerk word sodat veediefstalsake voorkom of behoorlik ondersoek kan word.

Bron: Nuus24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


coenie

2012/07/14 08:53:36 PM

die skaap en bees met nek bande word virsigtig uitgekeer en die res aangejaag so word ook op gelet of iemand reageer op n nekband gou weet almaldie nekband werk of die nekband is n dammie


Martin

2012/07/15 10:16:18 PM

die bande werk goed. Almal moet net dieselfde lyk, en meer bande moet op vee gesit word. +- 20 op trop v 200 Skaap, en 60 op trop van 200 bees. Dan werk dit goed. Ek het 60 Skaap per maand verloor, en nou niks.


Fanie Ferreira

2012/07/16 07:55:42 PM

Kan jul asb vir ons die verskaffer van die produk se naam voorsien aangesien ons met dieselfde probleem sit! Baie Dankie


Elardus Engelbrecht

2012/07/17 05:53:10 PM

Coenie, dankie vir jou vertelling oor uitkeer, maar wat u geskryf het: >... of die nekband is n dammie Moet eintlik wees: "... of die nekband is 'n 'dummy'. " Hmmm, dalk moet ek sulke nekbande op my familie sit vir net ingeval hul met 'n skelmpie rondsluip... ;-D


elmarie

2012/07/18 03:16:58 PM

Coenie, ons verskaf BAIE KLEIN eenhede wat beide vir die opsporing en "live tracking" vir beide jou familie asook skape, beeste,ens werk. Ons jongklomp se middernagtelike bewegings verskaf goeie kykgenot... oppas net as hulle die eenheid in jou sak "plaas"


dawie

2012/07/19 10:59:18 AM

Die nekbandekonsep gebruik ons al langer as 12 jr en het goed gewerk. Nou het mnr Louw die werking van die toestel vir die krimenele op die radio en in die raport verduidelik.Sal moet sien hoe lank dit gaan neem voordat die diewe met n beter plan kom


Gebruiker

2012/07/23 03:13:24 AM

Nee wat, nie die kapitaal werd nie. Alle produkte getoets, werk net so 3-4mnde dan weet die stelers hoe om te werk te gaan. Deesdae ook te gevaarlik om in die nag op die stelery af te stap. Ook sleg om te weet dat ons plaaslikke vervaardigers ons eie mense, ons boere, so uitbuit met 200% winssyfers.


Jan

2012/07/23 07:44:15 AM

Elmarie, Jy sê: "Ons verskaf...." Is julle verskaffers van hierdie produk? Wat is die maan? waar kan ek dit koop?


Charmaine

2013/05/08 01:07:06 AM

Hi Elmarie,sal ook graag sulke nekbande wil bekom,verskaf asb kontak nommers,baie dankie


Charmaine Pretorius

2013/05/08 01:09:47 AM

verkaffers van die produk,waar kan ons dit koop,enige een wat kan inligting verskaf,baie dankie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights