Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Straks-geld-wildehonde

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Straks geld in wildehonde

 
ANDRIES GROENEWALD

Wildboere kan straks binnekort met ander oë na wildehonde kyk as 'n navorsingsprojek in Limpopo kan bewys dat meer geld uit ekotoerisme met dié roofdiere verdien kan word as die "skade" wat hul onderhoud verg.

Die Afrika-wildehond (Lycaon pictus) is vandag 'n bedreigde spesie in Suid-Afrika hoofsaaklik omdat moderne ontwikkeling asook die landbou sy natuurlike habitat vernietig het. Wildehonde word ook dikwels op sig uitgeroei weens die skade wat boere berokken word.

Só sê mee. Harriet Davies-Mostert en Lynda Hedges, onderskeidelik navorser en navorsingsassistent van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (TBN). Dié twee doen navorsing na 'n trop wildehonde wat in 2000 hervestig is op die De Beers-myngroep se Venetia Limpopo Natuurreservaat van 36 000 ha in die noordweste van Limpopo. Hierdie navorsingsprojek word moontlik gemaak deur die De Beers-myngroep, die TBN se Karnivore-bewaringsgroep en die Oxford-universiteit (Engeland) se navorsingseenheid vir natuurbewaring. Dit word finansieel deur Land Rover Suid-Afrika ondersteun.

Suid-Afrika se grootste vrylopende bevolking wildehonde kom in die Nasionale Kruger-wildtuin voor, maar wat veral kommerwekkend is, is dat hierdie bevolking se getalle onbestendig is. Volgens sensussyfers van 1989, 1995 en 2000 was dié wildehondgetalle onderskeidelik 357, 434 en 177. Hierdie sensusopnames het ook aangrensende private wildtuine ingesluit soos Sabi Sands, Manyeleti, Timbavati, Klaserie en Umbabat. Buite die NKW is kleiner bevolkings wildehonde op verskeie kleiner wildreservate hervestig. Daar is ook 'n paar vrylopende troppe waarop jag gemaak word in Limpopo. In totaal word gereken dat daar nie meer as 500 vrylopende wildehonde in Suid-Afrika oor is nie.

Die hoofdoel van die Venetia-projek was om naas die bevolking in die wildtuin 'n satelliet-bevolking vrylopende wildehonde te vestig. Die projek moes egter nie net die getalle vrylopende wildehonde in Suid-Afrika versterk nie, maar ook die grondslag vorm van 'n moniteringsprogram oor drie jaar waarin die jaggewoontes, bewegingspatrone en ander ekologiese faktore ondersoek word om die trop se dinamika te verstaan.

Bykomend tot hierdie biologiese en ekologiese faktore, moes ook gekyk word na die sosiaal-ekonomiese aspekte wat verband hou met die koste van wildehonde en die potensiële voordele wat dit kan inhou. Die resultate van só 'n ondersoek sal die grondslag vorm van 'n bewusmakingsprogram om boere in die omgewing se verdraagsaamheid jeens wildehonde te verbeter.

Harriet sê selfs vóór die vestiging van die wildehonde op Venetia is al die aangrensende boere daaroor ingelig. Hul samewerking is gevra om nie die diere summier dood te skiet as hulle van die wildehonde op hul eiendom teëkom nie, maar die navorsers te laat weet sodat die diere verdoof en verskuif kan word. Die boere was aanvanklik baie skepties teenoor hierdie projek.

Harriet sê die Venetia-wildehondeprojek het in 2000 beslag gekry toe 10 wildehonde aanvanklik in 'n boma op die reservaat gevestig is. Die groep het bestaan uit twee volwasse reuns wat in die natuur gevang is, drie volwasse tewe wat in aanhouding geteel is en vyf jong diere van sowat twee jaar oud wat uit 'n gat uitgegrawe is toe hulle nog maar 'n paar weke oud was.

Een van die volwasse tewe het in die boma gevrek vermoedelik nadat 'n slang haar gepik het. Die ander volwasse teef het egter kort daarna sewe kleintjies gehad wat die troptotaal op 16 te staan gebring het.

Vroeg in 2002 is vyf van die volwasse diere met radiosender-halsbande toegerus en die hele trop is uit die boma in die reservaat vrygelaat. Die radiosenders stel die navorsers in staat om die trop op te spoor en daagliks hul doen en late dop te hou.

Dit is veral belangrik om die wildehonde dop te hou sodat hulle nie na aangrensende plase ontsnap waar hulle skade kan aanrig en die gevaar loop om geskiet te word nie. Tweedens is dit belangrik om die trop dop te hou en hulle doen en late vir navorsingsdoeleindes aan te teken.

Sedert die vrylating in die reservaat het die alpha-teef vier keer kleintjies gekry waarvan 'n merkwaardige 88 % oorleef het tot op die ouderdom van 12 maande. 'n Paar van die volwasse diere het gevrek, terwyl 'n paar ook die trop verlaat het. Teen 2004 het die trop uit 20 wildehonde bestaan.

Boere in die omgewing word gereeld na die reservaat genooi om goeie verhoudinge te handhaaf en ook om inligting te kry oor die vordering van die projek. By een geleentheid het van die honde wel uit die reservaat "ontsnap" en 'n koei op 'n buurplaas doodgemaak. Danksy versekering, kon die betrokke boer ten volle vir die skade vergoed word. Die meeste boere in die omgewing het tóg deesdae 'n bietjie meer simpatie met wat op Venetia gedoen word as toe aanvanklik met die projek begin is.

"Waarskynlik is die belangrikste enkele aspek van die navorsingsprojek om 'n grondslag te vestig vir wildehond-ekotoerisme waar toeriste opdok om die navorsers te vergesel om na die wildehonde te gaan kyk. Ons noem dit 'n spesialis-wildbesigtigingsgeleentheid en dit is reeds só gewild dat dit selfs oorsese besoekers lok. Dit is 'n ernstige poging om die ekonomiese potensiaal van die wildehonde in dié omgewing te ontsluit," sê Harriet.

Die Limpopo-vallei se ekonomiese aktiwiteite sentreer hoofsaaklik om die jag en verkoop van lewende wild. Dit is aktiwiteite wat, volgens talle grondeienaars in die omgewing, onversoenbaar is met die voorkoms van groot roofdiere (vleisvreters).

Die gevolg, sê Harriet, is dat boere wildehonde nie eintlik verdra nie en dit is ook waarom hulle in die verlede sistematies feitlik uitgeroei is.

"Ons kan net hoop dat die navorsing met die klem op ekotoerisme sal bewys dat 'n volhoubare inkomste uit wildehonde wel moontlik is en dat dít dan van die bestaande konflikte kan verminder," sê Harriet.

Navrae: Die Venetia Limpopo Natuurreservaat, tel. 015 534 2986 of e-pos: venetia.reserve@debeersgroup.com.

Vinnige feite

  • Daar word aanvaar dat die Afrika-wildehond reeds in 23 Afrikalande uitgesterf het.
  • Elke wildehond se kleurpatrone is uniek en kan soos vingerafdrukke by die mens vir positiewe identifikasie gebruik word.
  • Wildehonde is sosiale diere wat die meeste van die tyd binne 'n trop lewe.
  • 'n Wildehondtrop kan uit net twee volwasse diere of tot veertig diere bestaan en daar is altyd 'n dominante teelpaar.
  • 'n Volwasse wildehond vreet tot 3,5 kg vleis per dag.
  • Die wildehond is die kleinste van die vyf groot vleisvreters en weeg van 17 kg tot 25 kg teenoor 'n leeumannetjie wat die skaal tot op 220 kg kan trek.
  • Leeus is die grootste natuurlike oorsaak van vrektes onder wildehonde. In die Nasionale Kruger-wildtuin is gevind dat leeus verantwoordelik is vir sowat die helfte van die vrektes onder wildehonde.

    18 November 2005

  • 3.5
     
     
    • 2760 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Katoentekort help SA niks
    • Sanksies teen Zim bepleit
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction