Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Toekoms-van-varswatervis

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Toekoms van varswatervis

 
Louw Pretorius

Sommer net 'n paar varswatervisse in die plaasdam? Dink weer. Dit kan 'n belangrike voedingsbron wees as dit reg bestuur word.

'n Mens hoor toenemend van navorsingsverslae uit verskillende wêrelddele waarin kommer uitgespreek word oor die tempo waarteen die see se visbronne uitgeput raak. Byna elke verslag dui daarby in die rigting van varswatervis as 'n alternatiewe bron. Trouens, 'n groep voornemende Duitse beleggers wat Suid-Afrika enkele maande gelede besoek het, het die gebruik van die land se varswaterbronne vir akwakultuur hoog op die voorkeurlys gehad.

Die land se forelbedryf is redelik op dreef, behalwe dat dit 'n vissoort is wat uitsluitlik in die kouer gebiede aard. Hengelaars praat ook ál meer met geesdrif oor hul forelvakansie of -naweek - so min of meer asof dit 'n soort snobstatus het.

Maar wat van al die ander inheemse soorte varswatervisse?

"Dít is waar die eintlike geleenthede lê vir sowel die binnelandse as die uitvoermark. Ons snorbaard-baber, of Amerikaanse "catfish", met sy sterk vel sonder skubbe, kan op grond van navrae daaroor maklik die belangrikste uitvoerproduk word.

Trouens, navrae is al ontvang vir groot besendings babervelle na Engeland. En die Oosterse markte is oop vir baberfilette.

"Maar los eers die hoogdrawende 'akwakultuur' en praat liewer van damvis, en die potensiaal daarvoor wat die wye spektrum varswatervisse onder meer vir elke plaas inhou," sê mnr. Casper Krüger van Hartbeespoort Visserye, aan die oewer van die Hartbeespoortdam.

Mnr. Krüger het 18 jaar gelede sy geregistreerde telery van varswatervisse begin toe die staat se telerye gesluit is. Hy voorsien tans landwyd vingerlinge van vier kurperspesies, drie karpspesies, twee baarsspesies, twee geelvisspesies, babers, koi- en goudvisse, en ook muskietvisse en ghieliemientjies.

Volgens hom word varswatervis toenemend op wildplase gebruik vir hengel en om voëls soos visvangers, visarende, kormorante en reiers te lok. Sake-ondernemings wat hul terreine met damme omgewingsvriendelik probeer maak, gebruik die visse om voëls te lok, terwyl boere veral karpe, kurpers en babers gebruik om werkersrantsoene aan te vul, of selfs net om plaasdamme skoon te hou. Byna elkeen van die onderskeie spesies kan vir 'n spesifieke doel gebruik word, sê mnr. Krüger.

Die bloukurper vreet alge en is 'n goeie hengel- en eetvis. Soos ál die kurperspesies, broei die bloukurper elke 40 dae in die somer en produseer tot 2 000 kleintjies op 'n slag. Die kleintjies is veral kos vir ander roofvisse, soos swartbaars, tiervis en geelvis, en lok dus ook voëls. In kleinerige tuindamme is hulle ideaal om alge in toom te hou en om voëls te lok.

Die rooiborskurper is meerdoelig en waardevol in plaasdamme omdat dit veral gras, biesies en stringalg vreet. Dit is ook 'n goeie broei-, hengel- en eetvis, maar groei bietjie stadiger as die bloukurper.

Die dwergkurper word nie groter as 80 mm tot 100 mm nie en is ideaal om voëls te lok en vir die bestryding van muskietlarwes. Volwasse vleikurpers word kwalik langer as 150 mm. Albei hierdie visse is dus té klein om as eetvis te teel, maar is 'n goeie voedselbron vir roofvis en verskeie voëlsoorte. Die dwergkurper het die voordeel dat dit in die koudste en warmste klimaat kan oorleef, terwyl die ander kurpers 'n warmer klimaat verkies. Terwyl die kurpers nog klein is, beheer ál die spesies muskiete.

Die spieëlkarp, volskubkarp en Duitse karp is almal baie goeie hengelvisse. Hulle is bodemvreters en word baie groot, tot sowat 30 kg. Dié soorte het egter baie grate en is dus nie oral ewe gewild as eetvis nie. Hulle is ook aanpasbaar by 'n koue en 'n warm klimaat.

Die grootbekswart- en Floridabaars is die enigste ingevoerde soorte. Hulle het aanvanklik uit Amerika gekom, maar is reeds in die meeste lande van die wêreld gevestig. Teenoor die swartbaars se gemiddelde gewig van sowat 4,5 kg kan die Floridabaars gemiddeld 8 kg tot 10 kg bereik.

Albei is roofvisse en broei een keer per jaar in September/Oktober, wanneer sowat 5 000 eiers geproduseer word. Dit is van die gewildste hengelvisse onder die varswatersoorte en bo-aan die lys van lekker eetvisse. Dit is ook 'n mooi, kleurryke vis.

Baars se plek in damme is om die getalle van die ander spesies in toom te hou. Hulle vreet selfs hul eie kleintjies en die kleintjies vreet ook mekaar sodat van 'n broeisel van 5 000 uiteindelik kwalik 1 000 volwasse word. 'n Grootbekswartbaars vreet 'n vis so groot as wat hy sy bek kan oopmaak. Baars aard in 'n koue en warm klimaat, maar verkies skoon en helder water.

Sowel die klein- as die grootskubgeelvis kan in damme voorkom, maar verkies eintlik lopende water, soos damme waarin die water sirkuleer, of, nog beter, riviere. Dié vissoorte is baie goeie vlieghengelvisse, maar hulle groei stadig, net sowat 200 g per jaar. Hulle is ook roofvisse wat klein krappies en waterinsekte verkies. 'n Mens moet net eers by jou naaste natuurbeampte seker maak of dié soorte in jou gebied toelaatbaar is. Omdat hulle 'n bedreiging vir ander soorte kan wees, mag hulle nie in enige dam- of rivierstelsel vrygelaat word nie.

Die baber is 'n baie lekker eetvis, wat boonop 'n hengelaar kan laat bontstaan. Hulle groei vinnig tot sowat 45 kg en hou damme skoon van dooie vis en krappe. 'n Nadeel van dié soort is dat klein kuikens van watervoëls ook goeie prooi kan wees en dat hulle 'n karp of kurper van tot 'n kilogram sal aandurf, sê mnr. Krüger.

Volgens hom is die baber en bloukurper wêreldwyd die voorloper as plaasvervanger vir seevis in die eetmark. Die baber het boonop dié voordeel dat dit kunsmatig geteel kan word. Sowat 80 % van 'n klomp vingerlinge kan binne ses maande by 'n watertemperatuur van 26 °C tot 28 °C die gewenste eetgrootte van 1 kg bereik.

Muskietvis en ghieliemientjies word tussen 30 mm en 40 mm groot en is ideaal in gebiede waar muskiete 'n probleem is.

Goeie bestuur verseker
welslae

Dit is raadsaam om 'n verskeidenheid vissoorte in 'n dam vry
te laat. Verskaffers van vissies weet presies hoeveel vis van elke soort vir 'n
bepaalde grootte dam en vir 'n spesifieke doel nodig is om 'n balans te kan
handhaaf. Só het feitlik elke plaasdam byvoorbeeld vis nodig om probleme met
alge, gras en biesies die hoof te bied.

Nadat die soorte gekies en vrygelaat
is, is die volgende uitdaging die bestuur daarvan. Daarom moet 'n mens met
gesonde vis begin. Siektes kan maklik van een dam na 'n ander oorgedra word.
Begin dus met siektevrye vis wat uit kwarantyngeriewe voorsien kan word, sê mnr.
Casper Krüger.

Vis moet nie met droë hande gehanteer word nie. Dit "brand"
die slymvlies weg en veroorsaak infeksie, wat maklik tot vrektes kan lei.
Daarmee saam moet die vis altyd eers aangepas word voordat dit in 'n dam geplaas
word. Dit beteken dat die temperatuur van die water in die houer met vis en dié
van die water waarin die vis geplaas moet word, dieselfde moet wees.

'n Nuwe
dam het nog nie natuurlike kos nie en die vis moet dus gevoer word. Dit help
byvoorbeeld om 'n lig snags oor die dam te laat skyn. Dit lok insekte, wat die
beste viskos is. Verder kan forelpille en afvalkos uit die kombuis vir die
eerste twee tot drie maande vir alle visse gebruik word. Daarna behoort die dam
self in die vis se voedingsbehoeftes te voorsien. By ou damme is dié aanpassing
nie nodig nie.

Veral in 'n nuwe dam is skuiling vir die jong vissies
noodsaaklik. Daarvoor kan 'n deel van die dam met skadunet bedek word, of 'n
mens kan net 'n klompie doringtakke op 'n paar van die vlakkerige plekke in die
dam plaas. Wanneer die vissies groot genoeg is, kan die takke verwyder word.
Mnr. Krüger beveel ook aan dat 'n mens nie vreemde plante in 'n dam met inheemse
vis moet gebruik nie. Inheemse plantmateriaal lewer beter resultate.

Voorts
kan die potensiaal van 'n dam net ten volle benut word as die vis gereeld met
nette gevang word. Dit verhoed oorbevolking van sekere soorte sodat die vis hul
optimale grootte vinniger kan bereik. Ongewenste soorte kan verwyder word en 'n
balans tussen die soorte makliker gehandhaaf word. Die ideale tyd hiervoor is
van September tot Maart.

'n Goeie voorbeeld van 'n dam wat só bestuur word,
is die Bloemhofdam, waar visse die afgelope 15 jaar gereeld kommersieel met
nette gevang word. Dit is die dam wat landwyd bekend is vir die mooiste karp.
Die vis word nie minder nie, net mooier en groter.

Mnr. Boet Joubert van
Sandfontein, Brits, pas dié bestuursmetode die afgelope twee jaar toe in 'n
besproeiingsdam wat 50 m x 50 m groot en 2 m diep is. Bloukurpers wat aan die
begin kwalik 300 g kon haal, weeg nou maklik gemiddeld 1 kg.

Siektes kom
hoofsaaklik in klein damme en tuindamme voor. Dit is hoofsaaklik velsiektes wat
voorkom kan word deur die vis nie te veel te voer nie en/of die water behoorlik
te filtreer. Kundige raad is egter altyd die beste. In tuindamme is dit goed om
'n derde van die water maandeliks te vervang. Goeie voorsorg kan getref word
deur maandeliks 5 kg growwe sout per 10 000 l water in die dam te gooi. Dit hou
die vis gesond.

"Suid-Afrika se inheemse vissoorte is 'n hulpbron wat smeek
om ontgin te word. Rivier-, kanaal-, reën- en boorgatwater kan vir alle soorte
gebruik word," sê mnr. Krüger.

4 Oktober 2002

4.5
 
 
  • 5026 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Nuwe hoofbestuurder vir Graan
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction