|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
’n Groep navorsers van die genetiese diversiteitsprojek AfriCanis, onder leiding van die Cornell-universiteit in New York, het onlangs meer lig op die geskiedenis van die eerste mak honderas in Afrika gewerp.
AfriCanis is die sambreelnaam vir inheemse honde van Suider-Afrika en verwys na die vasteland Afrika en die dier canis, hond.
Die AfriCanis word oral op die vasteland gevind, maar moet nie verwar word met die aantal soorte honde wat in informele nedersettings en woonbuurte rondloop nie.
’n Vorige genetiese studie het bevestig dat mak honderasse moontlik hul oorsprong sowat 15 000 tot 40 000 jaar gelede van Eurasiese wolwe gehad het en dat honde uit Oos-Asië ’n groter genetiese diversiteit getoon het. Tog het die AfriCanis soortgelyke diversiteit getoon, wat die aanspraak dat die eerste mak honderas van Oos-Asië afkomstig was, in twyfel getrek het.
Dié honde verskil geneties van nie-inheemse- en basterrasse. Hul teelmateriaal is meer uiteenlopend omdat hulle nie onderwerp is aan noukeurige telery wat ’n ras se genepoel vernou, nie.
Volgens Cornell se genetiese navorsing is dié hond nie ’n mengsel van moderne rasse nie, maar ’n afstammeling van inheemse honde.
Die navorsers wil wêreldwyd nog DNS-monsters van honde kry en die ontstaan van moderne rasse, asook hoeveel genetiese diversiteit met die ontwikkeling van dié rasse verlore gegaan het, ondersoek.
Bron:
Science Daily
11 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)