6 Junie 2012

856 keer gelees | 1 kommentaar

Die kode van praktyk verbonde aan Afrika-perdesiekte vir uitvoer, gaan verander, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.


Luidens ’n mediaverklaring is nuwe riglyne vir dié kode op  ’n vergadering van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) in Parys, Frankryk, goedgekeur. Dié nuwe kode behoort binnekort bekend gemaak te word.

“Die nuwe riglyne sal lande wat deur uitbrekings van Afrika-perdesiekte geraak word, se vermoë om hul perde uit te voer, op groot skaal verbeter; iets waaroor Suid-Afrika al vir  ’n  paar jaar onderhandel,” lui die verklaring. Die veranderinge sal beteken dat Suid-Afrika se se beheermaatreëls vir dié siekte wêreldwyd erken sal word.

Trots
Die departement sê hy is baie trots op die werk wat departementele amptenare, die Suid-Afrikaanse perdebedryf en die Universiteit van Pretoria (UP) gedoen het om tot dié veranderde kode by te dra.

Dr. Botlhe Modisane, ’n veearts verbonde aan die departement, is vir  ’n termyn van drie jaar tot die raad van die OIE verkies.

Mnr. Pieter Gibson, hoof uitvoerende beampte van Racing South Africa, sê dié stap is  ’n deurbraak vir die land, wat deur die vorige reëls aan bande gelê is terwyl dit nie die werklike risiko van die virus in ag geneem het nie.

Die vergadering is deur 600 afgevaardigdes van regoor die wêreld bygewoon.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mandie

2012/09/22 09:07:21 AM

Hallo daar, Met wie kan ek gesels rondom die skuif van perde? Ek moet eersdaags plan sien om my perdjies Zambia toe te skuif...waar kan ek meer oplees asb? Sal waardeer word - By voorbaat dankie. Groete, Mandie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights