|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
'n Jaarlikse opname deur 'n rekenmeester toon dat dit aansienlik beter gaan
met die veebedryf as enkele jare gelede. Daar is egter ook knelpunte in die
bedryf en boere sal hul kaarte fyn moet speel om kop bo water te hou.
Suid-Afrikaanse veeboere kan nou weer asemhaal ná die bedryf se winsgewendheid vir 'n hele paar jaar onder druk was. Beter produkpryse die afgelope twee jaar, genoeg reën en 'n laer rentelas het die druk in die bedryf verlig. Wol- en bokhaarpryse het skerp gestyg en vleispryse het ook verbeter.
Die situasie in die veebedryf kon egter nóg beter gewees het as die koste nie so skerp gestyg het nie. Hoewel ekonome reken dat die verbruikersprysindeks laer neig, is dit beslis nie die geval in die boerderysektor nie. Boere-inflasie het skerp toegeneem en 'n demper geplaas op die finansiële voorspoed van ekstensiewe boere.
Só sê mnr. P.W. Moolman, 'n rekenmeester van Cradock, wat die afgelope paar jaar 'n groep van 25 boere in die Oos-Kaapse Middelland se finansiële posisie dophou.
Tabel 1
toon die groep boere se inkom-steverhouding in 2000 en 2001. Hoewel bokhaar 'n redelik groot bydrae tot die inkomste lewer, is die verdienste uit bokverkope skokkend laag. Swak reproduksie is veral 'n knelpunt by Angorabokke. Die lae reproduksie kan toegeskryf word aan probleemdiere, moeilike parasietbestryding vanaf speenouderdom tot die jongbokstadium en die bokke se gevoeligheid vir slegte weer.
| TABEL 1: Die inkomstemandjie van 25 geselekteerde veeboere in die Oos-Kaapse Middelland |
||
| size=2> |
2000 (%) |
face=Arial size=2>2001(%) |
| Verkope van skape |
size=2>34 |
size=2>33 |
| Verkope van bokke |
size=2>2 |
size=2>2 |
| Verkope van beeste |
size=2>14 |
size=2>12 |
| Verkope van wol |
size=2>22 |
size=2>20 |
| Verkope van bokhaar |
size=2>19 |
size=2>25 |
| Verkope (tuinbou) |
size=2>7 |
size=2>4 |
| Ander verkope |
size=2>2 |
size=2>4 |
| TOTAAL |
size=2>100 |
size=2>100 |
| Bron: P.W. Moolman |
||
Die inkomste uit skape (skaap- en wol-verkope) is die hoofbron van inkomste. In 2000 het dit 56 % tot die totale inkomste bygedra en verlede jaar sowat 53 %. Hoewel Merino's en Dohne-Merino's die gewildste skaaprasse in dié streek is, word kruisteling steeds op groot skaal toegepas.
Die vernaamste uitgawes van die groep boere word in
tabel 2
getoon. Dit is duidelik dat die uitgawe-samestelling min of meer dieselfde gebly het.
| TABEL 2: Uitgawe-verhouding van die 25 geselekteerde veeboere in die Oos-Kaapse Middelland |
||
| size=2> | 2000 (%) | size=2>2001(%) |
| Lone |
size=2>27 |
size=2>26 |
| Brandstof |
size=2>12 |
size=2>11 |
| Herstelwerk (voertuie en werktuie) |
size=2>10 |
size=2>9 |
| Veearts en veemedisyne |
size=2>7 |
size=2>7 |
| Veevoer en lekke |
size=2>8 |
size=2>9 |
| Versekering en lisensies |
size=2>7 |
size=2>5 |
| Posgeld en lisensies |
size=2>3 |
size=2>3 |
| Elektrisiteit |
size=2>4 |
size=2>4 |
| Herstelwerk (omheining en plaasgeboue) |
size=2>5 |
size=2>5 |
| Balans (rekenmeester, vee, aankope, bankkoste) |
size=2>17 |
size=2>21 |
|
size=2>100 |
size=2>100 |
|
Mnr. Moolman sê sowat 75 % van die koste in 'n ekstensiewe boerdery is vaste koste. Inkomste speel dus 'n groot rol in die winsgewendheid van 'n ekstensiewe boerdery. Lam- en speenpersentasie, sowel as die prys van wol, bokhaar en vleis, is die faktore wat die grootste invloed op inkomste het.
"Die bemarking van die produkte (wol, bokhaar en vleis) sal vorentoe al hoe meer kundigheid van ekstensiewe veeboere verg. Te veel boere glo nog dat hulle geen verdere bekommernisse het nie as hulle hul wol- of bokhaar by die makelaar afgelaai het.
"Boere sal meer berekend moet optree as dit by die bemarking van hulle produkte kom. Vergeet van sentiment ? dit speel steeds 'n té groot rol in boerdery."
Vaste koste
Hoewel vaste koste min beweegruimte vir besnoeiing laat sonder om produksie te benadeel, is daar tog aspekte wat aandag behoort te kry. Die belangrikste is om, sover moontlik, produktiewe werkers in diens te neem, ritte beter te beplan, telefoonoproepe te beperk en die beste bankkoste, rentekoerse en versekeringspremies te beding.
Die opname wys daar is groot verskille in die verskillende boere se inkomste. "Dié wat goed doen, doen baie goed, en die wat sleg vaar, sukkel baie."
Die gemiddelde inkomste van die 25 boere wat in ongeveer dieselfde toestande boer, beloop R93,70 per hektaar. Die boonste derde van die boere se inkomste is egter R128 per hektaar teenoor die onderste der-de se R72 per hektaar. Die boonste derde se inkomste is dus bykans dubbel dié van die onderste groep. Hierdie gaping het die afgelope seisoen vergroot. Dit beteken nóg meer boere gaan hul plase verlaat.
Die gemiddelde rente wat boere betaal, het van R18,38 per hektaar in 2000 tot R14,33 per hektaar in 2001 gedaal. Dit kan toegeskryf word aan die daling in die prima uitleenkoers en die feit dat boere wat finansieel swaar gekry het, reeds die bedryf verlaat het.
Mnr. Moolman sê daar was die afgelope twee jaar minder insolvensieveilings in die Oos-Kaap en die Oos-Kaapse Middelland. Dit is heelwat minder as enkele jare gelede. Dit gaan nou redelik goed met boere wat die begin van die jare negentig oorleef het.
Rente beloop ongeveer 20 % van die boerdery-uitgawes. Leefkoste begin 'n al groter rol te speel by ekstensiewe boerdery. "Heelwat boere besef nie wat dit vandag kos om 'n gesin van vier of vyf mense te onderhou nie." Ander uitgawes wat die hoogte in geskiet het, is medies, opvoeding, opleiding van kinders en kruideniersware.
Om verligting te bring, sal ál meer boervroue moet inspring om 'n bykomende inkomste te verdien. "Selfs al moet hulle 'n paar kilometer ry, kan dit steeds die moeite werd wees."
Hy meen dit gaan redelik goed en heelwat beter met ekstensiewe boere in die Oos-Kaapse Middelland as vyf jaar gelede. Daar is egter 'n aantal sake wat aandag verg.
Die voorspoed het grondpryse die afgelope twee jaar met bykans 50 % laat styg. Die meeste plase wat van eienaar verwissel het, is aan deeltydse of buitelandse wildboere verkoop. Hoewel die kredietwaardigheid van die oorblywende boere noemens-waardig toegeneem het, kan hierdie neiging 'n gevaar inhou.
Om dieselfde lewenstandaard te handhaaf, moet boere uitbrei en plaaseenhede vergroot. Die kunsmatig verhoogde pryse maak dit egter moeilik vir kommersiële boere om grond by te koop. Dié neiging gaan bydra tot die vermidering van heeltydse kommersiële boere. "Dit is ongewens en dié probleem sal op makrovlak opgelos moet word."
Ekstensiewe boere moet rekening hou met die moontlikheid dat droogte weer gaan toeslaan. Produkpryse is ook onderhewig aan skommeling.
"Nou is dus 'n goeie tyd om skuld op aanvaarbaarder vlakke te konsolideer." 'n Skuldlasverhouding van hoër as 30 % is gevaarlik. Boere moet nie onnodige uitgawes aangaan om inkomstebelasting te vermy nie. Dit kan hulle kontantvloei op die lang termyn benadeel.
Kapitaalwinsbelasting
Mnr. Moolman sê boere moet sorg dat hulle met die oog op kapitaalwinsbelasting hul eiendom voor Oktober 2003 laat waardeer. Hierdie waardasie kan 'n belangrike rol speel in hul toekomstige welvaart. Hulle moet seker maak dat die waardeerder vertroud is met plaaslike grondwaardes om 'n sinvolle berekening te kan maak.
Hy maak ook die volgende gevolgtrekkings:
Laasgenoemde hou slegte gevolge, soos die ontvolking van die platteland, in. Dit is 'n feit dat plase waarop net deeltyds geboer word, nie so produktief gebruik word soos plase waarop heeltyds geboer word nie, sê mnr. Moolman.
12 Julie 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24