Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Veesiektes-11brvliegbestryding-keer-talle-siektes

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Veesiektes (11)<br>Vliegbestryding keer talle siektes

 
DR. PAMELA HUNTER

Siektes wat deur vlieë oorgedra word, sal beduidend afneem as vlieë bestry word. Waar dit nie moontlik is nie, moet ander maatreëls getref word, soos die inenting van die vee teen die betrokke siektes.

Vlieë kan diere irriteer en daarby is hulle belangrike oordraers van siektes. Sekere vlieë laat die vermenigvuldiging van mikro-organismes binne hul weefsels toe en is dus biologiese oordraers van siektes. Ander is net meganiese oordraers wat die mikro-oganismes in die proses van bloedsuiging, voeding of van wonde of uitloopsels optel.

Driedaestywesiekte en bloutong word deur muggies oorgedra.

Culicoides is 1 mm tot 3 mm lank en kom in groot getalle in die somer en herfs voor wanneer water volop is. Die risiko van blootstelling aan muggies is groter wanneer diere naby vleie en damme wei. Die muggies is op hul aktiefste met sononder en met sonsopkoms.

Omdat muggies in water, modder en mis aanteel, is dit onmoontlik om hulle uit te roei. Dit help om vee weg te hou van die plekke waar muggies aktief is en om die vee in te ent. Verwydering van mis sal die getalle van sekere muggies verminder.
Driedaestywesiekte is 'n virussiekte wat deur muggies oorgedra word en beeste aantas. Die siekte kom in die somer voor wanneer Culicoides volop is. Omtrent vyf dae nadat beeste deur middel van die muggiebyte besmet word, ontwikkel hulle koors, depressie en styfheid. Gewoonlik klaar die siekte binne drie dae op, soos die naam aandui.

In ernstige gevalle sal die beeste styf wees, hul neuse sal loop en oë traan. In sekere gevalle is daar spiertrillings. As die geval besonder erg is, sal die bees gaan lê en later nie kan opkom nie. Sulke beeste sal opblaas en kwyl weens die verlies van die slukrefleks. Hulle kan later in 'n koma gaan en vrek.

Vleisrasse word gewoonlik nie erg aangetas nie, met die uitsondering van swaar diere, soos bulle.

As driedaestywesiekte nie ná drie opklaar nie, moet die hulp van 'n veearts ingeroep word.

Daar is entstof is vir die voorkoming van driedaestywesiekte, maar dit is net 'n hulpmiddel wat nie volkome beskerming gee nie.

Culicoides-muggies pla beeste meer as skape, maar sal skape aanval wat in vleiagtige gebiede wei, veral van sonsondergang tot sonop. Bloutong, 'n skaapsiekte, word deur Culicoides-muggies oorgedra, en kan groot skade aanrig. Tot 30 % van die diere kan vrek, veral jong lammers.

Die simptome van bloutong is 'n hoë koors, ontsteking van die neus en lippe en swelling van die gesig en tong. In ernstiger gevalle sal daar ontsteking in die kloue wees, wat die diere mank laat loop - selfs op hul knieë as gevolg van die pyn.

Inenting is die enigste praktiese metode wat werk. Dit is egter arbeidsintensief, want die 21 bloutong-virustipes word met drie verskillende entstowwe behandel wat elke drie weke toegedien moet word. Dit moet betyds gedoen word, met die laaste inenting voor die somer.

Dragtige ooie moet nie in die eerste helfte van dragtigheid ingespuit word nie, maar kan wel in die tweede helfte ingespuit word.

Muggie-aanvalle op skape kan verminder word deur hulle van sonsondergang tot sonop weg te hou van vleiagtige of laagliggende gebiede. As skape saam met beeste wei, sal die skape nie so erg deurloop nie.

Muskiete vermeerder vinnig in die warmste maande. Slenkdalkoors, 'n virussiekte wat deur muskietbyte aan beeste, skape en bokke oorgedra word, is dan 'n bedreiging.

Dragtige diere aborteer (40 % tot 100 %) en jong skape en bokke vrek (30 %) gou van die siekte. Kalwers kan ook aangestas word, maar is effens minder vatbaar.
Hoewel die virus nog in Suider-Afrika voorkom, lyk dit of die reën die afgelope dekades te laat in die seisoen geval het vir die vermeerdering van die muskiete wat slenkdalkoors oordra. Inenting is maklik en goedkoop en behoort voor die somer afgehandel te word.

Huisvlieë (Musca domestica) is nie-bytende vlieë wat in mis en organiese materiaal vermeerder. Hulle is volop om huise en op plaaswerwe weens die beskikbaarheid van broeiplekke en kan vee só irriteer dat produksie daaronder ly.

Hulle kan dan ook as meganiese oordraers van bakteriese organismes dien en 'n rol speel by mastitisbesmetting en ooginfeksies.

Gesigvlieë is kleiner as huisvlieë en agtervolg beeste in die veld. Die volwasse vlieë leef van bloed van wonde of van ooguitloopsels.

Verskeie mikro-organismes veroorsaak ooginfeksie by skape en beeste, soos die Moraxella-, Chlamydia- en Mycoplasma-spesies. Besmetting met dié organismes kom voor in die somer en word aangehelp deur intense ultraviolet strale en lae vlakke van vitamien A. Die infeksie versprei vinnig waar vee saamdrom en met behulp van insekte, soos huisvlieë en motte.

Besmette diere moet afgesonder en behandel word met die toediening van Terramycin. Die bestryding van vlieë in die omgewing van melkerye sal help om die verspreiding te beperk.

Valskneusing, 'n toestand wat in beeste voorkom, word veroorsaak deur 'n rondewurm (Parafilaria bovicola) wat deur die gesigvlieë Musca lusoria en xanthomelas oorgedra word.

Die vlieë lê hul eiers in die mis van beeste en voed op wonde of ooguitloopsels. Die Parafilaria-wurmpies ontwikkel in die liggaam van die vlieë en terwyl hulle voed, bars die klein wurmpies uit die monddele en migreer na die oë. Só beland hulle in die bloedstroom en lê dan onder die vel. Die wyfies maak klein wondjies in die vel en lê hul eiers. Die bloeiende kolle lok ander vlieë wat dan besmet word met die eiers van die wurms.

Valskneusing verminder die waarde van 'n karkas. Besmettings kan maklik behandel word met die inspuiting van makrosikliese laktoon. Voorkoming deur die aanwending van 'n piretroïeddipstof is doeltreffend.

  • Navrae: Dr. Pamela Hunter, tel. 012 545 0004. Haar e-pos-adres is pamela.hunter@afrivet.co.za. Dr. Hunter is die tegniese bestuurder van Afrivet Business Management.

    Stalvlieg steen des aanstoots

    Stalvlieë is bytende, bloedsuiende vlieë wat op groot skaal in die omgewing van melkerye, varkeenhede en pluimveehuise voorkom. Hulle vermeerder in die mis van diere of in hope beddegoed.

    Dié vlieë voed meestal op die bloed van beeste, maar bring nie baie tyd op die diere deur nie. Hulle kan vee egter erg irriteer.

    Knopvelsiekte is 'n virussiekte wat deur die stalvlieg oorgedra word, hoofsaaklik in die somer. Nog voordat die tipiese knoppe begin, is die beeste koorsig en lusteloos. Die velletsels verskyn eers 14 dae ná besmetting en kan gekonsentreerd of verspreid oor die liggaam voorkom.

    Eers is die knoppe net verhewe onder die vel, maar later val die vel uit en 'n diep letsel ontstaan. In ligte gevalle van die siekte word slegs die vel aangetas, maar in ernstige gevalle kan die letsels ook in die interne organe voorkom. Gewoonlik vrek 'n dier dan.

    Knopvelsiekte kan onder vee, veral jonger diere, maai. Veral melkboere kan groot skade ly. Produksie daal en koeie kry letsels in die uiers wat tot mastitis lei.
    'n Jaarlikse inenting voorkom gewoonlik probleme en die kalwers van ingeënte koeie word deur middel van biesmelkimmuniteit beskerm.

    'n Klein persentasie beeste kan nie teenliggame produseer nie, hoewel hulle immuun is teen knopvelsiekte. So 'n koei sal nie haar kalf kan beskerm nie. As sulke probleme opgemerk word, moet kalfies vroeër as die aanbevole drie tot ses maande ingeënt word en 'n paar maande later weer.

    Knopvelsiekte kan verwar word met besmetting deur die Allerton-virus wat ook deur stalvlieë oorgedra word. Die toestand is 'n ligte besmetting wat vinnig opklaar.

    Anaplasmose is 'n siekte wat hoofsaaklik deur bosluise oorgedra word, maar die organisme kan ook deur stalvlieë oorgedra word, veral in melkerye en voerkrale.
    Besnoitia of olifantvelsiekte is 'n protosoïese siekte wat deur stalvlieë versprei word. Dit kom feitlik net in die provinsie Limpopo voor waar dit blykbaar deur wildebeeste oorgedra word. Die parasiet veroorsaak 'n verdikking van die vel wat dan voue vorm. As die skrotum aangetas word, kan 'n bul steriel raak.

    Bestryding van die stalvlieg sal meestal probleme voorkom.

    'n Boer moet eerstens mishope en beddegoed verwyder as hy stalvlieë die stryd aansê. Piretroïed-dipstowwe/-opgietmiddels op diere werk doeltreffend.

    27 Augustus 2004

  • 5
     
     
    • 3006 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Wind in blaaie van granate
    • Aardverwarming: Kontroversie, mites en feite - of hoe?
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction