Deur ANDRIES GOUWS
26 Junie 2012

1558 keer gelees | 1 kommentaar

Kundiges wil besoekers aan Landbouweekblad se Veeskool vir Beginnerboere leer hoe om finansiering ten beste te benut.


Die bekende wildboer Piet Warren kyk met waardering na sy swartwitpense wat in die gras tussen die bosveldbome loop. “Wat dink jy van die land se toekoms?’’ vra hy onverwags.

Ek antwoord dat ek versigtig optimisties is mits...maar hoekom sukkel beginnerboere so? vra ek terug.

“Ek dink die grootste struikelblok is die meeste van hulle se onkundigheid en gebrek aan ondervinding om met geld te werk en finansiering te benut. Hulle kry grond en dan het hulle nie geld om vee of ander toebehore te koop om mee te boer nie!” sê hy.

Dit is maar ’n klein deeltjie van ’n lang gesprek, maar dit het my oortuig dat Landbouweekblad se Veeskool vir beginnerboere werklik ’n verskil kan maak.

Praktiese lesing oor finansies en kredietbestuur

Die bekende mnr. John en mev. Tracey Devonport gaan ’n praktiese lesing in eenvoudige taal lewer oor ál die aspekte van finansiële en kredietbestuur.

Hulle bedryf ’n baie suksesvolle Limousin-stoetery en beesboerdery en ’n groot rekenkundige sakeonderneming. “Ons gaan begin by die opstel van ’n sakeplan, balansstaat en al die dokumente wat vir inkomstebelasting nodig is en wat die aansoek om finansiering beduidend sal vergemaklik.

Elke kursusganger gaan ’n volledige stel aantekeninge kry,” sê hy. Die lesing gaan nie net oor die teorie nie, maar sluit hul praktiese ondervinding van die opbou van ’n boerdery-onderneming op ’n klein stukkie grond tot ’n volwaardige, geslaagde stoetery en kommersiële boerdery in.

Daar is talle sulke lesings waaroor in die volgende paar uitgawes berig gaan word. Beginnerboere wat ernstig daaroor is om welslae te behaal, kan nie bekostig om dié skool mis te loop nie. Belangstellendes moet egter nie te lank draai nie. Die beste geleentheid om hulle vir hul taak voor te berei, is om die draai.

Hoe?
Landbouweekblad se Veeskool vir Beginnerboere gaan praktiese sessies in die oggend en middag aanbied, en daar sal deurgaans ’n kans wees om met die beste kenners in die bedryf gedagtes uit te ruil.

Wie?
Onder die sprekers tel mnr. Peter Massmann, waarskynlik die leier in bulteling in Suid-Afrika. Hy sal ’n lesing oor die waarde van ’n bul in ’n kudde gee. Mnr. Isaac Montuang van Pick n Pay salmeer inligting gee oor hoe beesboere by kleinhandelaars betrokke kan raak.

Waar? Aldam Estate by die Allemanskraaldam naby Winburg in die Vrystaat.

Wanneer?

30 Julie tot 3Augustus 2012. Die kursus kos R3500 per persoon en besprekings sluit op Maandag, 25 Junie 2012. Registrasievorms kan by www.stockmanschool.co.za afgelaai word, of bel Charmaine Alberts by tel. 051 821 1783.

Hoe kan jy betrokke raak?

Mentorskappe het ’n slegte naam. Niemand wil tog iemand help wat nie homself wil help nie. Dis so eenvoudig soos dit. Maar wanneer ’n mens ’n kans kry om iemand by te staan wat gretig is om te leer, kan groot dinge gebeur.

Ons vra dus dat, as daar boere is wat bereid sal wees om swart én wit beginnerboere in hul distrikte by te staan, hulle hul besonderhede aan Charmaine Alberts na palberts@telkomsa.net stuur. Ons sal kyk of ons van die kursusgangers in verbinding met dié boere kan laat kom. Alle inligting sal as vertroulik beskou word, en daar sal geen verpligting wees aan die kant van die mentor of die beginnerboer om die verbintenis deur te voer as dit nie werk nie.
 

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Marianna

2012/07/02 04:21:55 PM

Hoekom word hier nooit kursusse aangebied in die Oos-Kaap nie in Bathurst distrik nie of word dit net nie goed bemark nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights