Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Vernielde-veld-met-wild-gered

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vernielde veld met wild gered

 
Andries Gouws

Die Namibiër wat Landbouweekblad se Boer met 'n plan-kompetisie gewen het se hele boerdery getuig daarvan dat hy 'n planmaker is. Só kon hy, danksy sy stokperdjie, in droogtejare van ál sy skape ontslae raak en wild aanskaf om sy vernielde weiveld te laat herstel.

Toe mnr. Johan Strauss hom in 1975 op die plaas Steinfeld naby Keetmanshoop gevestig het, was die Karakoelpelspryse goed en was dit logies dat hy sou voortgaan met dié boerdery waarmee hy grootgeword het. En toe tuimel die pelspryse vroeg in die jare tagtig en die reën bly weg.

Hy het van Dorpers gehou, kursusse bygewoon om hulle beter te leer ken en die Karakoele met Dorpers vervang. Die reën het steeds weggebly.

Hy het stoetdiere geteel om met minder diere dieselfde inkomste te probeer kry sonder om die weiding op sy plaas te verrinneweer. Om die skape aan die gang te hou, moes hy naderhand soveel byvoeding koop dat hy uiteindelik net sy uitgawes gedek het en geen wins gemaak het nie.

Vyf jaar gelede het hy besluit om ál sy skape te verkoop, wild by te koop en die weiding só te probeer herstel. Daar was toe al gemsbokke op die plaas en koedoes en klipspringers kom natuurlik in die omgewing voor.

Sy stokperdjie, die herbou en herstel van Land Rover-voertuie, het dié oorskakeling vergemaklik. Omdat hy 'n volledige werkwinkel op sy plaas ingerig het en intens in dié voertuie belangstel, bring kliënte van so ver as Johannesburg en Kaapstad hul voertuie na hom.

Met dié inkomste kon hy ál sy skape gelyk uitskakel, anders sou hy dit meer geleidelik moes doen.

Dit is koedoewêreld en hy skat daar is deurgaans sowat 200 op die plaas. Hulle beweeg voortdurend rond en tensy die plaas met 'n wildwerende heining toegespan is wat koedoes keer, kan hulle nie op 'n enkele plaas gehou word nie.

Een van sy ideale is om saam met sy medeboere die koedoe 'n jagdier te maak wat werklik na waarde geskat word. Daar loop groot koedoes met trofee-horings rond wat vir boere sowat R2 500 meer kan verdien as wanneer hulle vir biltong gejag word.

Hy laat nie links en regs koedoes skiet nie, maar gebruik die dienste van twee professionele jagters indien mense trofeë op sy plaas wil skiet.

Hy het in 1988 tien jong gemsbokke - drie bulle en sewe koeie -uit die Namib gekry. Hulle het nou aangegroei tot 'n trop van sowat 60 wat op 'n plato loop waar vroeër gemsbokke voorgekom het.

Dit is 'n deel met goeie langbeen-boesmangras en struike wat ideaal deur die bokke benut word sonder om dit te verniel.

Hulle het ook baie goed aangepas en heelwat gemsbokke van gemiddeld 125 kg (met net die vel aan) is al gejag.

Sedert hy sy skape verkoop het, het hy springbokke uit die Kalahari en die Namib aangeskaf. Dit is groot bokke uit verskillende bloedlyne. Hulle het goed aangepas en die trop het nou al gegroei tot sowat 250. Die gemiddelde slaggewig van die springbokke wat tot nou toe geskiet is, is sowat 30 kg en die swaarste springbok het 39 kg uitgeslag.

Die springbokke kry geen byvoeding nie en gebruik aansienlik minder water as die skape, sodat die watervlakke van verskeie boorgate nou al begin styg het.

Daar kom ook heelwat klipspringers (ook van trofeegehalte) op die plaas voor, maar omdat dit beskermde wild is, is 'n permit nodig om hulle te jag en mag hulle net onder die toesig van 'n professionele jagter geskiet word. Verlede jaar is twee geskiet wat albei van trofeegehalte was en aan die Roland Ward-standaard voldoen het. Hy het R5 000 stuk gekry.

Vir 'n springboktrofee vra hy R800 en vir 'n koedoe- en gemsboktrofee R2 500 elk. Biltongjagters betaal R14 per kilogram en as 'n trofeejagter sy bok se vleis ook wil hê, kos dit ook R14/kg.

Die veld, wat totaal verniel was, het nou al sowat 60 % herstel. Kortbeen-boesmangras, die vernaamste weigras op die plaas, het weer betreklik goed gevestig en produseer goed saad. Hy verwag om, as die natuur saamspeel, sy mikpunt met veldherstel binne sowat drie jaar te bereik.

Hy het nog nie finaal besluit wat hy dan gaan doen nie. Hoewel hy al van die heinings afgehaal het (en die draad net so laat lê het), kan hy maklik Boerbokke saam met die wild gebruik. As hy egter besluit om net met wild voort te gaan, sal hy meer heinings afbreek en waarskynlik die draad en pale aanwend om die plaas met 'n wildwerende heining toe te span.

Intussen doen die wild wat van hul verwag word, naamlik om
die vernielde weidings te laat herstel en die waterpunte te laat rus sodat die
watertafel weer kan styg.

24 Mei 2002
0
 
 
  • 2683 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Suiwelprodukte beoordeel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction