Deur ALANI JANEKE
12 September 2012

565 keer gelees | 0 kommentaar

Die Rooivleisbedryfsforum gaan hom op Adjunkpres. Kgalema Motlanthe beroep ten opsigte van die land se status rondom bek-en-klouseer.


Sedert die Rooivleisbedryfsforum verlede jaar met die protefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye vergader het oor die land se bek-en-klouseer-status en die impak daarvan op uitvoer, het die forum nog geen terugvoering van die departement ontvang nie. Mnr. Tim Davidson, voorsitter van die forum se nakomingskomitee, sê hulle het derhalwe besluit om hulle nou op Adjunkpres. Kgalema Motlanthe te beroep.
 
Davidson het op die 24ste kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), wat op die Rawdons-landgoed in KwaZulu-Natal gehou word, gesê: “Ons gaan die verval van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye rapporteer.”
 
Hy sê die departement se optrede benadeel nie net die landboubedryf nie, maar dit bring ook die gesondheid en welstand van die Suid-Afrikaanse verbruiker in gedrang.
 
Onbevoegdheid
’n Voorbeeld van onbevoegdheid wat Davidson uitgewys het, was ’n verandering aan ’n wet wat deurgevoer is sonder dat ’n openbare raadplegingsproses enigsins gevolg is. Dié verandering was aan ’n regulasie dat ’n boer wie se vee weens die voorkoms van ’n aansteeklike siekte van kant gemaak moes word, teen markwaarde vir sy verlore vee vergoed moes word.
 
Die regulasie is verander dat die Direkteur-generaal van die departement moet bepaal hoeveel so ’n boer vergoed mag word. Davidson sê hulle wag tans op terugvoering van die departement en die portefeuljekomitee oor die veranderinge.
 
Hou Landbouweekblad dop vir meer voorbeelde wat Davidson uitgewys het.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights