29 Oktober 2012

1066 keer gelees | 0 kommentaar

’n Skaapboer van Malmesbury is een van die eerste vroue wat deur SA Stamboek as beste stoetteler, vereer is.


’n Weduwee van Malmesbury, me. Erika Hanekom, wat nie skaam is vir harde werk op haar plaas nie, is in Bloemfontein deur SA Stamboek as die beste skaapstoetteler aangewys. Die 68-jarige Hanekom se Dormerstoetery is vanjaar 47 jaar oud. Sy boer op die plaas Rhenosterbosrug.
 
Hanekom het luidens ’n berig in Volksblad voor haar man, Pieter, se dood in 1993 met Dormers begin boer. Ná sy dood moes sy alleen voortgaan met die res van die gemengde boerdery terwyl haar seun, Alwyn, klaar gestudeer het. “Dit was moeilike tye, want ons het toe ’n wingerd, saaiery en ’n melkery gehad.”
 
Volgens die koerant is Hanekom een van die eerste vroulike stoettelers wat deur SA Stamboek vereer is. Sy meen ’n vrou kan suksesvol boer sonder om haar vroulikheid prys te gee, én sy hoef ook nie fisiek sterk te wees nie.
 
Perde
By dieselfde geleentheid het mnr. Christo Paneras, eienaar van Paneras-Saalperdstoetery naby Bloemfontein, die instansie se toekenning in die afdeling vir perde ontvang. Hy boer al die afgelope 40 jaar met perde en sy Suid-Afrikaanse Saalperd-stoetery het al verskeie pryse ingepalm.
 
Vanjaar se vleisbeeswenner is mnr. Wessel van Wyk, ’n Bonsmarateler van die Bogermie-boerdery naby Vryburg. Mnr. Gerhard van Rensburg, ’n Jersey-teler van Colchester in die Oos-Kaap het met die toekenning vir melkbeeste weggestap, terwyl mnr. Neil Dry van die Niemen-stoetery in Magaliesburg met die toekening in die varkafdeling weggestap het.
 
Die nuweling-stoetteler van die jaar is mnr. Thomas Ramaloka, ’n Nguni-stoetboer van Senwabarwana in Limpopo.
 
Bron: Volksblad
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights