Deur ALANI JANEKE
3 Augustus 2012

1175 keer gelees | 0 kommentaar

Die SA Federasie vir Perdtelersverenigings (SAFHBS) is onlangs as ’n registrasieliggaam vir warmbloedperde aanvaar.


’n Groep wat in staat sal wees om verskeie klein groepe of verenigings van perdetelers te monitor, is onlangs deur die Registrateur vir Diereverbetering aanvaar.

Me. Frances Cheboub, teelbestuurder van die Suid-Afrikaanse Warmbloedperd-vereniging (SAWHS), sê die Suid-Afrikaanse Federasie vir Perdtelersverenigings (SAFHBS) sal dieselfde diens ten opsigte van perde verrig as wat Stamboek Suid-Afrika ten opsigte van vee verrig.
 
Volgens Cheboub moes perde nog altyd by Stamboek SA geregistreer word, maar weens die unieke behoeftes van perde vergeleke met vee het, het hulle drie jaar gelede ’n versoek daaroor aan die Registrateur gerig. “Ons het nog altyd gesukkel met registrasie by Stamboek SA, want teelperde het nie dieselfde klassifikasies as produksiediere soos vee nie.”
 
Sodra die federasie ’n grondwet aanvaar en aan ander regulasies voldoen het, sal dit van diens kan wees.
 
Nie mededinger
Cheboub sê die federasie wil nie met SA Stamboek meeding nie. “Ons wil net ’n diens lewer aan telers van warmbloedperde. Telers sal dus ’n keuse hê van watter registrasie-owerheid hulle verkies.
 
“Ons hoop dat hierdie nuwe inisiatief ’n beter diens sal aanbied om in die behoeftes van perdetelers rakende die aanteken van en insameling van data te voorsien,” aldus Cheboub.

Die stigtersorganisasies van die federasie is: Lipizzaner Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Ierse Sportperd-vereniging, die Suid-Afrikaanse Hanover-telersvereniging, die Suid-Afrikaanse Oldenburg-telersvereniging, Knapstrupper Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Warmbloedperd-vereniging en die Suid-Afrikaanse Warmbloedponie-vereniging.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights