Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Wetenskaplik-bankrot-geboer

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wetenskaplik bankrot geboer

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Deur streng wetenskaplik te boer en eintlik nog beter te probeer vaar as wat die wetenskaplikes voorstel, kon dié boer dit uiteindelik nie meer maak nie. Toe laat hy die natuur voorloop, en wat 'n plesier!

"Ek het 20 jaar lank met 'n landboudiploma probeer boer. Ek wou dit altyd 'n bietjie beter doen as wat die wetenskaplikes my geleer het. Ná 20 jaar sit ek toe op die dorp met 'n plaas vol oop kolle en 'n ontsaglike verbossingsprobleem.

Toe hoor ek van Allan Savoury, voorwaar ook 'n wetenskaplike, maar een wat verkondig dat ek saam met die natuur moet boer. Ek het sy raad gevolg. Vandag groei klimaksgrasse die indringerbosse dood en plae is nie meer plae nie, maar deel van die ekologie waarin die een die ander bestry in die voedselketting van die natuur."

Dít is in 'n neutedop die verhaal van mnr. Georg Friedrich van Gobabis wat deeltyds op die plaas Gottesgabe in die omgewing van Witvlei boer.

Hy het in sy opleiding aan 'n landboukollege geleer om die natuur te manipuleer, met geweld as dit moet! En met die towerwoorde prestasietoetsing, byvoeding, kruipvoeding, dosering en hordes ander onnatuurlike planne het hy gedink as hy teen minder as die helfte se amptelike drakrag boer, behoort geen droogte hom weer te vang nie en dat klimaksgrasse eenvormig oor sy plaas sou groei.

En toe kom die droogte van 1994 en alles vrek. Kaal kolle verskyn en indringerbosse slaan oral op. Hy was op die punt om al sy beeste te verkoop. En toe maak hy kennis met holistiese bestuursbeginsels en 'n benadering om saam met die natuur te boer.

Hy het oorgeskakel na klein kampies wat hy met groot troppe vee bewei het, en lekke drasties verminder. Aanvanklik het hy groot foute gemaak, maar hy het dié foute gemonitor en alternatiewe gesoek wat kon werk. In dié proses het hy baie nou saamgewerk met mnr. Jan Labuschagne van Gobabis.

Die eerste stap was om sy beeste kleiner te teel met Nguni-bulle. Daarby het hy diere benodig met 'n goeie tropsgebondenheid, met koeie wat self hul kalwers kan speen, wat met veel minder byvoeding steeds sou reproduseer en wat beter moedereienskappe en natuurlike instinkte het.

Met sulke diere sou hy groot troppe kon saamstel wat uit verse, koeie, kalwers, osse en bulle bestaan.

Dit maak dit moontlik dat die bulle deur die jaar by die koeie kan loop. Die verse word gedek wanneer hulle volwasse raak, soos in die natuur. Vir bestuursgerief haal hy egter die bulle vir twee maande in die middel van die jaar en twee maande aan die einde van die jaar uit die trop sodat hy twee dektye kan hê.

Met dié stelsel is sy diere voortdurend onder reproduksiedruk. As 'n vers 'n kalf het, mag sy ses maande oorslaan voordat sy weer gedek moet word. Hy gebruik egter 'n rekenaarprogram om die goeie en swak koeie te identifiseer.

Ná die hoofreënseisoen (gewoonlik in Mei) evalueer hy die veld en bepaal die drakrag na aanleiding van biomassa. Hy bepaal dan die oppervlakte (vierkante meter) wat nodig is om een bees vir een dag te voed. Daarvolgens kan hy bepaal hoeveel beesweidae daar op sy plaas is wat vir hom die presiese getal beeste gee wat hy daardie jaar kan aanhou.

Die belading van sy plaas beloop normaalweg van 36 kg/ha tot 40 kg/ha en dit is op een na die hoogste van al die lede van die studiegroep waartoe hy behoort. Hierdie is merkwaardig vir die omgewing gesien in die lig van die baie bosse (ongeveer 2 000) per hektaar.

As sy diere te veel vir die drakrag van die plaas is, verkoop hy van die diere of huur hy veld by.

Daarna verdeel hy die jaar in die dormante en groeityd. In die dormante tyd (van Mei tot Oktober) laat hy die beeste die veld betreklik kaal vreet en die grond "bewerk". Dan hou hy al sy beeste in een trop wat van 450 tot 770 diere wissel, vir vier tot hoogstens vyf dae in die kampe wat sowat 50 ha groot is. In dié tyd kry die beeste 'n gewone fosfaatlek teen 8 g/bees/dag en sout afsonderlik aangebied teen 12 g/dier/dag.

Daar is sowat 90 kampe wat met elektriese drade afgekamp word en volgens plan benut word. Wanneer die kamp klaar bewei is, word die elektriese drade laat sak en beweeg die diere na die volgende kamp. Die elektriese drade lê afgeskakel op die grond tot die kamp weer benodig word en word dan weer opgetel en aan die pale gehaak.

Dít word gedoen om die vrye beweging van wilde diere toe te laat en sodat roofdiere (veral jagluiperde) die beeste nie so maklik kan vang nie. Die pale staan 60 m uit mekaar.

Sodra die eerste reën val, word die beweidingstempo versnel en bly die beeste net sowat twee dae in dieselfde kamp, wat beteken dat die beeste in 180 dae deur die hele plaas roteer. Wanneer die reën begin afneem, neem die weidingstempo ook af en gevolglik beweeg hy deur die hele plaas in 10 maande en het só spaarkampe om te benut tot wanneer die eerste reën weer val.

In die somer kry die beeste 'n fosfaatlek en sout (afsonderlik toegedien) teen ongeveer 12 g/bees/dag. Hulle kry ook deur die jaar effektiewe mikro-organismes (EM) wat teen 1 liter per 1 000 liter drinkwater gemeng word. Dit dien as 'n alternatief vir ureum om die mikro-organismes in die beeste se pense op te bou en vir algemene gesondheid.

Met die stelsel goed op dreef, is die volgende oogmerk om klimaksgrasse 'n beter kans te gee om te ontwikkel deur kampe langer te laat rus. Die oogmerk is om van die kampe net twee dae in die groeiseisoen te benut en dit dan te laat rus vir die res van die seisoen en dit eers sewe tot agt maande later weer te benut.

Met die drukbeweiding word vog bewaar (grond word losgetrap wat vog beter opneem en vashou), smaaklike grasse minder selektief benut (wat die polle lewenskragtig hou), bosluise en inwendige parasiete bestry, wat die bestuur vergemaklik.

Sedert hy dié stelsel gebruik, het produksie per dier afgeneem, maar produksie per hektaar toegeneem. Speengewigte het betreklik konstant gebly op 150 kg tot 160 kg aangepas op 205 dae, en speenpersentasie is rondom 75, bereken vir alle vroulike diere bo 12 maande. Die gemiddelde koeigewig het rondom 400 kg gestabiliseer deur die strawwe seleksie vir vrugbaarheid en vanweë lae lekbyvoeding.

Hy selekteer streng. Koeie wat oorslaan, word summier uitgeskot. Roofdiere is 'n probleem en die feit dat hy 'n naweekboer is, vertraag die vooruitgang van sy boerdery effens. Tog glo hy dat hy met dié stelsel op lang termyn uiteindelik in balans met die natuur sal kan boer. Sodoende sal sy koste verminder en die produksie en reproduksie van sy kudde toeneem.

Wat nou al bereik is, is dat sy grasvolume in feitlik al die kampe verdubbel het, indringerbosse deur gras ingeneem word en begin vrek en dat hy meer kilogram vleis per hektaar produseer as voorheen.

Sy oogmerk is om die biodiversiteit op sy plaas te herstel en só 'n weiveld te skep wat lewe en wat sinvol volhoubaar benut kan word om vleis kostedoeltreffend te produseer. Hy wil ook minder afhanklik word van onbeheerbare lekkoste wat hy glo op boere afgedwing word, sê Friedrich.

Hy glo ook dis belangrik vir toekomstige boere om paradigmas te skuif en nie teen probleme vas te kyk nie. Bosse is 'n probleem, maar deur meer gras te laat vestig, verdwyn die probleem vanself.

28 Januarie 2005

0
 
 
  • 2434 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Begroting: Vrae oor besteding
  • ANC finaliseer sy grondbeleid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction