Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Wetenskaplike-teelbenadering-werp-vrugte-af

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wetenskaplike teelbenadering werp vrugte af

 
Theuns Botha

Binne 25 jaar ná die totstandkoming van dié Dohne-Merino-stoetery het dit reeds al wat 'n gesogte toekenning in die bedryf is, ingepalm. Ekonomies belangrike teeldoelwitte en 'n passie vir die jongste wetenskaplike teelmetodes vorm die kern van dié stoetery se sukses.

Vir meer as 70 jaar was Merino's die enigste skape wat ooit op die Karooplaas Sewefontein, Burgersdorp, in die Oos-Kaap voet neergesit het. Toe mnr. Frans Marx hom in 1966 op dié familieplaas kom vestig het, was hy oortuig dat hy, soos sy pa en oupagrootjie, uitsluitlik daarmee sou boer.

Die groot droogte van die 1970's het sake egter verander. Dit het hom gepla dat die wolskape met hul baie plooie op Sewefontein erg kondisie verloor en met vasmakers tydens lamtyd gesukkel moes word.

Met die toestemming van sy pa met wie hy destyds saamgeboer het, het mnr. Marx sy eerste paar Dohne-Merinoramme aangeskaf wat hy met die ooie op Sewefontein gepaar het. Hy was só in sy skik met dié resultate dat hy in 1975 sy eerste Dohne-Merino-stoetooie by mev. Anna Kotzé van Soutcombe op Ida gekoop het. Twee jaar later het hy nog stoetooie van mnr George Warren van die Dohne-stoetery N'Dimba aangeskaf en die jaar daarna lid geword van die Oostelike Sentrale Dohne-kernkudde.

Die bure was nie juis baie beïndruk deur die Dohne's wat hulle op Sewefontein tuisgemaak het nie, maar dit het hom nie gepla nie.

Die res van die verhaal is geskiedenis. In die 25 jaar sedert sy stoetery geregistreer is, het mnr. Marx reeds vir die derde keer die Virbactrofee ingepalm. (Dit word al om die ander jaar aan die beste Dohne-Merino-stoetery in die land toegeken.) Hy is ook ses jaar agtereenvolgens as die Bobaasteler in die Noordoos-Kaap aangewys.

Hoewel hy aanvanklik heelwat op wolproduksie moes inboet, het die beter reproduksie van die kudde daarvoor vergoed. Die verhoogde lampersentasie en gewigstoename van die verkoopbare skaap het sy jaarlikse inkomste aansienlik verhoog.

Uit die staanspoor was mnr. Marx se belangrikste doelwit om die skoonvaggewig van die kudde te handhaaf, maar terselfdertyd hul liggaamsgewig asook lam- en speenpersentasies te verhoog. Hy het ook besluit om die veseldikte van die skeersel te verminder tot op die vlak waar die skaap die beste in sy betrokke plaas se omstandighede sou vaar. Die figuur wys die genetiese neigings in die stoetery die afgelope 10 jaar.

Mnr. Marx sê net soos die Merino die afgelope 30 jaar groot veranderinge ondergaan het, lyk die hedendaagse Dohne ook nie meer dieselfde as toe hy die eerste keer daarmee kennis gemaak het nie. "Daar is vandag waarskynlik meer verskille binne elke ras as tussen die twee skaaprasse."

Hy skeer elke agt maande en die gemiddelde vaggewig (oor 'n jaar bereken) is 5 kg wol per skaap.

Die gemiddelde veseldeursnee van sy skeersel (stoet en kommersieel) wissel van 20,4 mikron tot 20,7 mikron. Dit word veral deur die betrokke jaar se voedingstoestande beïnvloed. Die skoonopbrengs beloop van 66 % en 68 %.

Nieteenstaande die feit dat die jong skape se wol 'n gemiddelde mikron van 17,5 tot 19 het, streef hy nie daarna om sy skeersel veel fyner te maak nie. "Daar behoort net met vee geboer te word wat by die omgewing aanpas. Die gedeelte van die Karoo waar ek boer, leen hom nie juis tot 'n fyner skeersel nie."

Hoewel hy nog nooit spyt was oor sy besluit om na Dohne-Merino's oor te skakel nie, meen hy dat hy waarskynlik vandag nog met Merino's sou geboer het as die gladderlyftipes wat hedendaags oral aangetref word, 30 jaar gelede beskikbaar was.

Is daar nog plek vir albei rasse in die land, veral gesien in die lig daarvan dat hul teeldoelwitte klaarblyklik nader aanmekaar beweeg? " 'n Besluit om saam te span, word waarskynlik net verhinder deur die trots by die telers van albei rasse. Die Dohne is byvoorbeeld 'n poenskopras en horings word as 'n prulfout beskou", sê mnr. Marx, wat ook in die Dohne-Merino-genootskap dien.

Sy filosofie is dat stoettelers eintlik net ramme behoort te verkoop wat hulle as goed genoeg vir hul eie kudde beskou. "As dit nie die geval is nie, gaan jy uiteindelik met kliënte sit wat nie weer by jou ramme kom koop nie." Dié benadering het goeie dividende opgelewer, aangesien hy die afgelope 17 jaar gemiddeld 5,2 ramme per jaar op die nasionale veiling in Bloemfontein teen 'n gemiddelde prys van R4 784 stuk van die hand gesit het.

Die hoogste prys van R40 000 wat in 1996 vir een van sy ramme betaal is, bly steeds 'n Suid-Afrikaanse rekord vir 'n Dohne-ram.

Die Vaarverwysingskema waar 'n bepaalde superieure ram deur verskeie telers in die groepteelskema gebruik word, lewer 'n belangrike bydra om vas te stel of 'n teler nog op die regte koers bly, sê mnr. Marx.

Volgens mnr. Henri Londt, bestuurder van die Dohne-Merino telersgenootskap, het mnr. Marx se stoetery die afgelope dekade 'n prominente rol in die Noordoos-Kaap se Vaarverwysingskema gespeel. Die betrokke stoetery het al twee merietevaars en 12 elitevaars opgelewer. Een van die merietevaars (SD 920763) het waarskynlik die grootste invloed op die Dohnebedryf in die land gehad en op sy beurt al nege elitevaars en twee elite-merietevaars opgelewer.

Hoewel mnr. Marx met die jongste toekenning die kruin van die golf bereik het, sê hy 'n teler kan nooit bekostig om op sy louere te rus nie. " 'n Mens moet bereid wees om voortdurend jou doelpale te verskuif en sorg dat jy altyd dít produseer wat die mark voorskryf. Twintig jaar gelede het vet in skape verbruikers nie veel gepla nie - vandag soek hulle skaap met maerder vleis. Die Dohne-Merino voldoen aan die vereistes."

Nieteenstaande die feit dat hy 'n groot voorstander van 'n wetenskaplike teelbenadering is en BLUP as 'n nuttige hulpmiddel beskou om sy teeldoelwitte vinniger te bereik, is mnr. Marx konserwatief as dit by die voorkoms van sy skape kom. "Al teel 'n dier ook hoe goed, is dit vir my belangrik dat 'n skaap ook mooi moet vertoon. Ek sien nie kans om met ooie te boer wat swak hakskene en los skouers het nie, al lewer hulle ook elke jaar 'n lam op."

As die huidige goeie pryse vir wol gehandhaaf word, kan dit 'n voordelige invloed op wolproduksie hê. Hy beoog self om in die toekoms die hamels twee keer te skeer voordat dit bemark gaan word.

"Veeboere behoort vandag hul hoed agterna te gooi vir daardie boere wat besluit het om na wildboerdery oor te skakel. Die wildbedryf het gesorg dat die res van die veebedryf weer in balans gekom het en daar weer 'n skaflike wins gemaak kan word."

Ope-kernstelsel bespoedig teling


Om teelvordering verder te versnel, het mnr. Marx ook sy kommersiële kudde by die Dohne-Merino-genootskap as 'n Fondasiekudde geregistreer. Met dié ope-kernstelsel kan hy jaarliks 10 % van die ooie in die kommersiële kudde by sy stoetery voeg, terwyl 7 % van die ramme in sy stoetery weer in die kommersiële kudde gebruik kan word.


Die stelsel stel hom ook in staat om jaarliks 'n derde van sy stoetooie te vervang. Die hoër seleksiedruk wat toegepas word, verseker 'n korter generasie-interval. Ramme word net vir een jaar in die stoetery en kudde gebruik en op twee jaar op openbare veilings verkoop.

Sowat 25 % van die kudde op Sewenfontein bestaan uit stoetooie en hy skeer gemiddeld 110 bale wol per jaar.

Die stoet- én kuddeooie word uitsluitlik op gemengde gras- en Karooveld grootgemaak. Dit is net die meerling- en ramlammers wat teen speentyd byvoeding kry. Dit verseker dat hulle gewig vergelykbaar met dié van die enkelinge sal wees en ook wanneer die meerlinge met die oog op prestasietoetsing die eerste keer geweeg word.

Mnr. Marx het die afgelope vyf jaar gemiddeld sowat 470 stoetooie in die herfs en 'n verdere 150 in die lente gepaar en oor die tydperk 'n gemiddelde lampersentasie van 117 behaal. Weens groot probleme met ongediertes in die distrik, speen hy sowat 10% minder lammers.

"Omdat ek nie aan die kunsmatige grootmaak van lammers glo nie en hulle hoofsaaklik op die veld moet klaarkom, moet ek seker maar ook tevrede wees met die verliese wat met so 'n ekstensiewe stelsel gepaardgaan."

Vir die kommersiële kudde volg hy ook 'n herfs- en lente-lamseisoen. Dertig persent van die ooie lam in die herfs en die res in die lente. Die stelsel verseker dat hy beter na sy lammers kan omsien. Die teelramme kan ook doeltreffender benut word omdat hulle twee keer per jaar gebruik word.

21 Februarie 2003

0
 
 
  • 1725 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • ANC finaliseer sy grondbeleid
  • Lyndraad vir veeplaas
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction