Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Wildbedryf-krap-kop-oor-voeding

Nuus

ANC finaliseer sy grondbeleid

Die ANC se besprekings oor sy siening rakende die beleid van grondhervorming is afgehandel.

  • Gemengde verwagtinge oor mielie-oes
  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wildbedryf krap kop oor voeding

 
ISABEL STOLTZ (istoltz@landbou.com)

Om met wild te boer, is baie ingewikkelder as wat 'n klompie jare gelede gemeen is toe wildplase soos paddastoele opgeskiet en boere, ongeag habitatvereistes, links en regs diere gekoop en dit landwyd gevestig het

Die kommersiële wildbedryf kan nie deesdae meer sê die natuur moet na homself kyk nie. Die mens het al te veel ingemeng. Wildboerdery moet reg bestuur word op grond van wetenskaplike navorsing, sê dr. Wilhelm Schack, wildboer en -veearts van Thabazimbi.

Hoe dit volhoubaar gedoen kan word, is die vraag wat verskeie navorsers, wildboere en voedingkundiges onlangs in die navorsingskamp Shingwedzi in die Kruger Nasionale Park (KNP) gedebatteer het.

"Wild se sisteem is op 'n naaldpunt gebalanseer. Dit is baie gevoeliger en totaal verskillend van dié van plaasdiere. Hulle berg minder vet op en kan gevolglik nie so vinnig by veranderde toestande aanpas nie. Weens die onakkuraatheid van kondisietellings by wild word voedingsprobleme dikwels te laat besef," sê prof. Eddie Webb, van die departement dierefisiologie en reproduksie aan die Universiteit van Pretoria.

Volgens die Wildvoedingsforum wat in 2003 tot stand gekom het om navorsing ten opsigte van voedingvereistes te identifiseer en te koördineer, het die kommersiële wildbedryf die afgelope dekade met 25 % per jaar gegroei.

Daar is meer as 5 000 wildplase en meer as 4 000 gemengde bees- en wildplase in die land. Die wildbedryf se bydrae tot die ekonomie beloop sowat R15 miljard.

Op baie van die plase word waardevolle skaars wild in klein kampe in intensiewe teelprogramme aangehou. Dit skakel natuurlike migrasie uit met nadelige gevolge vir hul welsyn.

Ten spyte van die omvang van die bedryf is bitter min geld en moeite tot dusver aan navorsing en ontwikkeling gewy, veral met betrekking tot voedingvereistes.

Voedingsprobleme in wildboerdery duik daagliks op en verg dringende oplossings, sê Schack, voorsitter van die forum, wat die byeenkoms met die samewerking van die KNP se Noordelike Vlakteprogram, die Universiteit van Pretoria en Meadow Voere gereël het.

Die forum het op inisiatief van Meadow tot stand gekom weens voedingsprobleme in die private sektor. Die doel daarvan is 'n holistiese benadering ten opsigte van wetenskaplike voedingoplossings vir die wildbedryf. Weens die dramatiese afname in die getalle swartwitpense en bastergemsbokke oor die laaste 20 jaar, is 'n basisprojek geïnisieer vir voeding, teling en ekologiese vereistes en om die uitwerking van aanvullende voeding op die doeltreffendheid van reproduksie te bepaal.

Mnr. Riaan Smith van Meadow sê voermaatskappye het klein- en grootvee se voedingsbehoeftes net so vir wild aangewend sonder dat na bepaalde behoeftes gekyk is.

Daar is enorme verskille in die samestelling van die verskillende maatskappye se produkte — met wisselings in mineraal- en vitamientoevoegings van tot 100 %. In sommige gevalle is selfs hoë vlakke van lood gevind wat hoegenaamd nie in voer hoort nie.

"Die vraag is, wie is reg en wie is verkeerd? Die samestellings is nie geformuleer op grond van wetenskaplike navorsing nie en niemand weet watter uitwerking sulke aanvullings op weiding het nie."

Dr. Johan Kriek, wildboer en -veearts van Kimberley, sê diere word landwyd in gebiede ingebring waar hulle nie natuurlik voorkom nie en word gevolglik aan voedingtekorte blootgestel. Dit is nodig om verskillende gebiede se voedingstatus te karteer en spesifieke aanvullings vir daardie gebied te ontwikkel.

Water- en grondontledings is net so belangrik. 'n Wildboer in Limpopo het bastergemsbokke verloor omdat die pH van sy grond van só 'n aard was dat die diere nie koper ingeneem het nie.

Dr. Jan Myburgh van die Universiteit van Pretoria sê die kliniese beeld van minerale wanbalanse is vaag omdat diere nie skielik vrek nie, maar bloot agteruitgaan. 'n Omgewingsprobleem is 'n permanente probleem omdat diere in klein kampe nie kan migreer nie. Dit is daarom noodsaaklik dat water- en grondontledings gedoen word vir 'n gebied waar probleme ondervind word, voordat dit reggestel kan word.

Mnr. Mike Peel van die Landbounavorsingsraad (LNR) op Nelspruit, wat in die oostelike Laeveldstreek op bastergemsbokke in oop grasveld navorsing gedoen het, meen die oplossing vir 'n kommersiele boerdery met skaars wildsoorte lê in iets tussen 'n ekstensiewe en 'n kleinkampstelsel.

"Roofdiere en mededinging om weiding het 'n verwoestende uitwerking op klein bevolkings skaars wild. As dit uitgeskakel kan word en diere, wanneer nodig, soos in droë tye, die regte voeding kry, is die stryd meer as halfpad gewonne."

Dr. Rina Grant wat as deel van die navorsingsprogram Noordelike Vlakte in die Wildtuin die afname van skaars wild bestudeer, stem hiermee saam. Sy meen roofdiere het 'n groter impak op vrylopende bevolkings as wat aanvanklik vermoed is.

Bastergemsbokke floreer in 'n kamp van 300 ha noord van Shingwedzi waar hulle aangehou word om getalle te verhoog, terwyl die klein bevolking vrylopende diere geensins vermeerder nie.

'n Projek word nou aangepak met die samewerking van private wildplase in die Waterberg en die Vaalbos Nasionale Park waar die diere goed vaar om te bepaal watter vereistes nodig is vir die voortbestaan van die bokke in die natuur.

Daar sal onder meer gekyk word na die habitat- en voedingstatus van vrylopende bastergemsbokke, water as 'n bron van voedingstowwe, die verband tussen voedingstowwe en reproduksie en die vereistes ten opsigte van die gehalte van weiding.

Dr. Stefanie Freitag het in 'n voorlegging oor spesiebewaring in die KNP 'n klip in die bos gegooi. Sy het met verwysing na die afname in getalle van bepaalde wildsoorte, gevra of dit toegeskryf moet word aan 'n stelselbestuursfout en of dié soorte as gevoelige, uitsoekerige vreters dalk bloot besig is om uit te sterf weens veranderde omgewingstoestande, soos aardeverwarming, en dat dit as sodanig aanvaar moet word.

  • Die Wildvoedingsforum is verantwoordelik vir die koördinering van navorsing en die instandhouding van 'n kommunikasienetwerk om inligting te versprei.

    Dié bestuur bestaan uit drr. Jan Myburgh, Rina Grant, Wilhelm Schack, proff. Eddie Webb en Willie van Niekerk en mnr. Pieter Conradie. Navrae oor die forum kan aan Schack gerig word by ekowild@global.co.za.

    8 Oktober 2004

  • 3
     
     
    • 2389 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Is Dorpers meer weerstandig?
    • Inligting oor Biomel en verwante produkte
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction