Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Wildboer-fnuik-probleme

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wildboer fnuik probleme

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Hoe gemaak as jou slagplaas hope oneetbare afval oplewer? Jy skaf leeus aan . .

Vroeg in sy boerderyloopbaan het mnr. Piet Warren van Josephine, Gravelotte, begin om probleme in geleenthede te omskep. Vandag doen hy dit steeds en het dié benadering grootliks gesorg dat hy vanjaar as die Noordelike Wildboer van die Jaar aangewys is.

Naas 'n groot beesvleisproduksiestelsel bedryf hy ook 'n wildboerdery met leeus, renosters en swartwitpense, elkeen gebore uit 'n probleem wat in 'n unieke nuwe geleentheid omskep is.

Toe hy begin boer het, moes hy op 'n vaste tyd 'n lening aan die bank terugbetaal. Daarvoor is 'n groep speenkalwers vetgemaak, maar toe hulle moes mark toe, kon hy nie 'n permit kry nie.

Dié probleem is opgelos deur 'n slaghuis te koop, wat vereis het dat hy sy eie slagplaas moes hê en uiteindelik sy eie voerkraal. Vandag slag hy gemiddeld sowat 2 500 beeste per maand, wat 'n nuwe probleem met 'n nuwe oplossing geskep het: Leeus om die afval op te vreet!

Maar om voor te begin met die storie van die wildboerdery van dié voormalige Brahmanstoet- en vleisbeesboer, moet 'n mens by die swartwitpense begin.
Swartwitpense het natuurlik voorgekom op sy grond, maar met die jare het hulle minder geword, al is hulle nie noemenswaardig gejag nie. In 1996 het Warren nog net 39 van dié bokke gehad. Navorsing het al in 1982 gewys dat ingeteelde swartwitpense se kalwers 'n geringe kans het om te oorleef.

Hy vang toe ál die koeie, koop 'n bul uit Zimbabwe en sit hulle op 'n plaas van 2 000 ha by Tolwe waarop min ander wild en geen roofdiere was nie omdat sy bure toe met groente geboer het.

Die welslae het hom onkant betrap. Hulle het teen 'n tempo aangeteel wat hy nie kon glo nie - met 'n speenpersentasie van 80 en beter. Toe begin sy bure ook met wild boer en die rooikatte, jakkalse en ander roofdiere kom. Ná 'n rukkie was hy terug waar hy begin het. Toe skuif hy die bokke van Tolwe af terug Gravelotte toe en vestig hulle in klein kampies van ongeveer 20 ha elk wat roofdiere uithou. Intussen het hy vyf bulle gekoop wat van Zimbabwe en Zambië af kom.

Vandag het hy 24 volwasse swartwitpenskoeie waarvan die meeste Zambiese bloed ingeteel het en daar is 'n ongelooflike verbetering in die speenpersentasie en horinglengte. Die Zambiese bulle is duurder as dié van Zimbabwe, maar eersgenoemde sorg vir horings wat minstens 70 mm tot 100 mm langer word. En horings wat 70 mm langer is, sorg vir 'n ekstra $2 000 (sowat R13 000) wanneer die diere gejag word.

Verlede jaar was die kalfpersentasie van die koeie 85 en het hy net een kalf verloor. Die kalwers is veral kwesbaar omdat die koeie hulle in die veld wegsteek waar roofdiere hulle uitsnuffel en opvreet.

Met die intensiewe sorg was dit ook moontlik om vir die swartwitpense 'n proteïenryke voer te ontwikkel wat ál die nodige spoorelemente en ook oorgenoeg vitamiene bevat. Afgesien van die voer, wat grootliks uit gemaalde lusern en mielie-kiem bestaan, kry die bokke ook sitrusskille en lusern as die gras skaars word.

Die goeie voeding laat die diere beter oorleef en vinniger groei. Saam met die basterkrag wat die vreemde bulle verskaf, het hy swartwitpensbulle wat op drie en 'n half tot vier jaar oud al horings van 1 000 mm (40 duim) het en al gejag kan word. Bulle in die natuur het eers op die ouderdom van ses jaar sulke lang horings.

"My bokke se horings groei tot 250 mm per maand en elke 750 mm wat die horings langer is, maak die bok sowat $2 000 (nagenoeg R13 000) meer werd," sê hy.
Die leeuboerdery het ontstaan uit die probleem om van die oneetbare afval van die slagplase ontslae te raak. Elk van die sowat 2 500 beeste wat per maand geslag word, lewer sowat 5 kg sulke afval - meer as 10 ton per maand.

"In die verlede het ons dit verbrand, wat 'n geweldige groot onderneming was. Toe begin ons om dit te begrawe, maar hawelose mense het die vleis begin opgrawe en dit geëet. Toe gooi ons kalk daaroor om dit te verteer, maar die mense was dit af. Ons het toe diesel daaroor gegooi en dit aan die brand gesteek, maar as ons ons rûe draai, maak hulle die vuur dood en vat die vleis. In die proses het die Departement van Gesondheid ál kwaaier geword.

"Op 'n dag gesels ek met 'n professionele jagter wat sê hy sal elke leeu wat ek aan hom kan lewer en wat hy op 'n etiese manier kan laat jag, teen minstens $10 000 (sowat R60 500) koop vir soveel dae as wat daar in die jaar is," sê Warren.
"Dit was in 1999. Ál die leeus wat daardie jagter toe kon kry, was vir tot drie jaar vooruit verkoop. Dit is hoe groot die vraag is. En afgesien van die geldelike voordeel, het ek daarin 'n oplossing gesien vir die probleem met die afval."

Toe begin boer hy met leeus. Daar was 18 leeus op die plaas Lekkersmaak wat in die Selati-wildreservaat geval het waarvoor die bestuur nie kans gesien het nie. Toe koop hy die plaas met leeus en al.

Dit is nie wilde leeus wat hy gevang het nie - hy het hulle almal gekoop en vandag boer hy met hulle soos met enige ander dier op sy plaas. Dit is nie 'n omgewingsaksie of bewaringsaksie nie.

Die wyfies word geselekteer en met spesifieke mannetjies gepaar om donkerder leeus met swart maanhare te teel wat gesog is by jagters. Die wyfie wat nie dragtig raak nie, word uitgeskot. Tot op vyf jaar kos dit naastenby R25 000 om die leeu te onderhou met kos, arbeid en infrastruktuur. As sy nie reproduseer nie, moet sy plek maak vir 'n ander.

Die jagprys vir mannetjies is sowat $12 000 (sowat R78 000) op vier en 'n half jaar, op vyf jarige ouderdom is hy $14 000 (sowat R91 000) werd en as hy sewe jaar oud is, sal jagters tot $20 000 (sowat R130 000) vir hom betaal. As so 'n groot mannetjie 'n lang ruie swart bos maanhare het, is hy tot $25 000 (sowat R162 500) werd.

"Leeus is ongelooflike diere om mee te boer," sê Warren. "Hulle is lui en wil net vreet en aanteel. 'n Mens kan enige vleis aan hulle voer, hulle vreet alles. Daar bestaan vir hulle nie so iets soos vrot vleis nie.

"Die leeus kry net vleis wat nie geskik is vir menslike gebruik nie en ding dus nie met mense mee om kos nie. Elke leeu vreet sowat 1,5 ton vleis per jaar van die afval wat voorheen 'n gesondheidsprobleem geskep het.

"Trouens, ek koop nou sulke afvalvleis (dooie hoenders, perde, beeste, melkerykalwers) wat vir almal in die kontrei 'n probleem was, teen R2 per kilogram. Waar dit voorheen geld gekos het om daarvan ontslae te raak, gee dit nou 'n inkomste," sê Warren.

Maar leeus kry goorpens van te veel vetterige vleis en dít is waar die hoenders met vere so goed inpas om die rantsoen mee af te wissel. En deur die leeus genoeg kos te gee, kry hy sowat elke agt maande 'n werpsel van elke wyfie.

"In die natuur byt 'n vreemde mannetjie die wyfie se kleintjies dood en sy raak dadelik weer bronstig. Ons speen die kleintjies op sowat 10 weke tot 12 weke, vat hulle weg van die wyfie af en sy kom twee weke later weer op hitte. Met dié stelsel kry ons nou maklik twee werpsels in dieselfde tyd as wat een werpsel in die natuur grootgemaak word."

Om die leeus deur enigiemand te laat jag, moet hulle weer vrygelaat en gerehabiliteer word. Van die leeus word ook op veilings aangebied.

Warren sê die wildboerdery is nie net baie lonend nie, maar help ook om die omgewing te herstel wat deur oorbeweiding baie beskadig is. Bosindringing het veroorsaak dat - teen die huidige vleispryse - daar beswaarlik geslaag met beeste in die gebied geboer kan word.

Vir hom gaan dit egter oor die winsgewendheid van die wildboerdery. Die bewaring van diersoorte wat skaars is of deur uitwissing bedreig word, en die verbetering van veld wat daaruit voortvloei, is 'n bonus.

Renosterhorings het groot potensiaal

Mnr. Piet Warren se renosterboerdery het as gevolg van 'n belastingprobleem ontstaan. Sedertdien het hy egter ook uitgevind hoe waardevol dié diere is omdat renosterhorings 'n paar keer duurder is as goud waar dit in die strate van Oosterse stede gesmous word.

Naas die waarde wat daaraan geheg word as seksuele prikkelmiddel, word van speenoud tot stokoud daarmee behandel teen feitlik elke denkbare siekte. Daarom is Oosterlinge bereid om tot $128 (meer as R800) per gram vir renosterhoring te betaal wat tot die finale produk verwerk is.

Hoewel hy nie nou renosterhorings mag of sal verkoop nie, het hy dit begin oes in die hoop dat iemand eendag die lig sal sien om dit te wettig. Horings wat hy vier jaar terug afgesny het, groei teen 400 g tot 600 g per jaar terug. As 'n mens die horing dus elke vier jaar kan afsny en dit bemark, kan 'n mens sowat R44 000 per renoster per jaar maak teen twee jaar gelede se verkoopprys. By dié inkomste het hy in ag geneem dat as die handel gewettig sou word, die prys waarskynlik gehalveer sal word. Boonop kry die produsent gewoonlik net 'n kwart van die verkoopprys van enige produk.

"Ons stoei met die owerhede om dit te probeer wettig, want dink net aan hoe 'n mens renosters kan oppas as hulle só 'n inkomste gee," sê Warren.

Afgesien van die waarde van die horings, is 'n speenoud-renostervers vandag egter sowat R130 000 werd en 'n bulkalf sowat R40 000 tot R50 000. Toe hy dié somme begin maak het, het hy besef renosters moet opgepas word en hy het hulle begin voer.

Toe lusern onbetaalbaar duur raak, maak hy 'n nuwe plan. Hy skakel die geleerdes, wat 'n rantsoen aanbeveel - naastenby soos dié vir 'n perd - wat hulle meen die ding behoort te doen.

Hy maak toe sy eie voermengsel wat baie ryk is aan proteïene, vitamiene en spoorelemente, maar wat nie ureum bevat nie. Ruvoer was nie nodig nie, want met sy bek soos dié van 'n baalmasjien kry 'n renoster genoeg daarvan in die veld. Dié byvoeding het veroorsaak dat sy renosters elke twee jaar kalf in plaas van elke drie jaar soos in die natuur.

Met dié voermengsel kan die renosters ook die natuurlike veld beter benut.

16 Julie 2004

2
 
 
  • 2537 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Mastitis moderne koei se 'beroepsiekte'
  • Reeks oor honde (7) Onmisbare plaaswagters
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction