Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Winsplanne-vir-die-wildboer

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Winsplanne vir die wildboer

 
Andries Gouws

Boere kan nog goed geld maak met wildboerdery, selfs met die algemene soorte
wat vir hul vleis gejag word. Vir intensiewe wildboerdery moet lig geloop word,
meen kenners.

Die uniekheid van wildsvleis en die gesondheidswaarde daarvan
laat die vraag daarna steeds styg. Dié mark, mits dit reg benut word, bied aan
die wildbedryf die waarborg dat wildplase winsgewend bedryf kan word.

Prof.
Piet du Plessis van Unisa het op die konferensie van die Noordelike
Wildboervereniging oor die winsgewendheid van die bedryf gesê om welslae te
behaal, kan 'n wildboer sy oorskotwild benut en daarmee saam toerisme inspan om
sy inkomste te verhoog.

Om sinvolle besluite oor die benutting van die wild
te kan neem, móét die wildboer weet wat dit hom kos om een wildsbok te
produseer. Hoewel dit maklik berekenbaar is, twyfel hy of 1 % van die wildboere
dit doen.

Die koste is net so belangrik as inkomste. Maar in die wildbedryf
kan verkooppryse moeilik gemanipuleer word. Om die winsgewendheid van 'n
wildplaas te verhoog, is daar gewoonlik net twee opsies: Om koste laag te hou en
doeltreffendheid te verhoog om volle benutting te verseker. Dit beteken dat die
boer seker maak sy koedoes vrek nie van honger nie, maar word ekonomies
benut.

Elke wildboer behoort te weet wat sy koste en belading (ha/GVE) is en
daaruit kan hy maklik bereken wat dit kos om een grootvee-eenheid (GVE) op die
plaas aan te hou.

In die praktyk wissel dit vir rooibokke van R420 tot meer
as R1 200 per GVE. Deur die som vir elke soort te maak, kan die boer makliker
sinvol besluit oor watter wildsoorte hy moet aanhou, wat die spesiesamestelling
van sy wildkudde behoort te wees, hoeveel hy uit elke bok moet verdien om 'n
wins te maak en watter benuttingsvorm nodig is om dit reg te kry.

Om oor die
winsgewendheid van verskillende benuttingsvorms te besin, moet 'n mens aanvaar
dat dit van wildsoort tot wildsoort, tussen geslagte en selfs van plaas tot
plaas gaan verskil. Die maklikste is om 'n standaard te stel ten opsigte van
skaars, beperkte en algemene wildsoorte.

In geval van die werklik skaars
soorte is daar niks wat by die inkomste uit lewende verkope kan kers vashou nie,
veral van vroulike diere. Dan volg trofeejag (manlike diere), maar vleisjag en
vleisverwerking is buite die kwessie.

By beperkte soorte soos njalas,
rietbokke, vaalribbokke en ander, is lewende verkope steeds 'n goeie
moontlikheid, veral omdat manlike en vroulike diere saam benut word. Maar die
gaping tussen dié benuttingsvorm en trofeejag is baie klein of bestaan nie. Die
belegging in infrastruktuur vir trofeejag en die gehalte van die diens wat aan
trofeejagters gelewer moet word, maak lewende verkope gewoonlik 'n beter
moontlikheid.

Die algemene soorte, soos rooibokke, koedoes, blesbokke en
blouwildebeeste veroorsaak soms 'n probleem. By dié diere is lewende verkope
eintlik nie meer 'n opsie nie, behalwe as dit as instrument gebruik word om
vinnig van groot getalle oorskotwild ontslae te raak om vrektes te voorkom. Dan
is 'n halwe eier beter as 'n leë dop.

Daarby is die mark so mededingend dat
vleisjag eintlik nie 'n opsie is nie, tensy bykomende inkomste soos daggelde en
ander bedrywighede dit die moeite werd maak. Trofeejag is in dié geval
waarskynlik die beste opsie met dié nadeel dat 'n klein persentasie van die wild
só benut kan word.

In dié groep is die verkoop van wildsvleis, met die
voordeel dat alle diere benut kan word, naas trofeejag die beste opsie.

Die
uniekheid van wildsvleis en die gesondheidswaarde daarvan verseker 'n groeiende
vraag daarna, mits dit reg bemark en ontgin word. Met verwerkte
wildvleisprodukte kan meer geld verdien word as wanneer algemene wildsoorte laat
jag of gevang sou word.

Prof. Du Plessis meen wildvleisbemarking as
alternatiewe benuttingsvorm gee die waarborg dat wildplase winsgewend bedryf kan
word. Daar is nie een wildsoort waarvan die eiewaarde van die vleis so laag is
dat 'n mens nie 'n wins uit 'n bok kan maak nie.

"Daarby moet ons wegkom van
die siening dat wild nie 'n bydrae lewer tot voedselvoorsiening vir die land
nie. Jag is 'n benuttingsvorm. Die doel is bruikbare vleis en dié vleis is deel
van die totale produksie van die wildbedryf wat help om die bevolking te voed,"
het hy gesê.

Daar is geld te make uit rooibokke en koedoes, maar dan moet dit
reg gedoen word. Dit vereis kennis en bestuursvernuf. 'n Wildboer wat besluit
het om sy boerdery as sakeonderneming te benader en alle kennis en vaardighede
ingespan het, het 'n jaarlikse verlies van R59 900 (41 %) binne 'n enkele jaar
omgeskakel tot 'n wins van R113 218 (36 %) in die volgende jaar.

Mnr. Remmie
Mulder, voorsitter van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging, het gesê
biltong- of vleisjag, met 'n omset van R700 miljoen of 70 % van die totale omset
van R1 miljard van die wildbedryf, is ongetwyfeld die belangrikste
benuttingsvorm van wild en ook die grootste verdiener van inkomste.

Dit kos
taamlik min om dit te laat slaag. Die gemiddelde jagter verkies 'n jagkamp met
basiese geriewe soos 'n goeie bed om in te slaap, lopende water, 'n warm
stortbad, 'n lekker vuurmaakplek en 'n atmosfeer in die kamp wat die ervaring
vir hom onvergeetlik maak.

Verder is 'n basiese skietbaan vir die instelling
van sy geweer, veldvoertuig vir die herwinning kan karkasse, 'n skoon slagplek
en 'n koelkamer nodig. Laasgenoemde twee kan ook deur die jaar vir die plaas
benut word.

Opsionele geriewe is 'n plek en werktuie vir vleisverwerking,
trofeeverwerking en geleentheid vir vermaak, soos 'n swembad.

Maar net so
belangrik vir die jagter is dat daar genoeg wild moet wees eerder as net 'n paar
van elk van 'n verskeidenheid soorte. Syns insiens moet die boer eerder daarop
konsentreer om genoeg van die gewilde biltongspesies aan te hou, wat van streek
tot streek kan wissel.

Hy glo die belangrikste wildsoorte vir die vleisjagter
is springbokke, rooibokke, blesbokke, koedoes, gemsbokke, blouwildebeeste,
rooihartbeeste, elande, rooiribbokke, rietbokke en duikers.

Hy het gesê die
biltongjagter is deesdae baie ingestel op die prys per kilogram van die wildsbok
wat hy jag. Die wildboer het die keuse om sy prys per kop of per kilogram
karkasgewig te maak. Hy glo in die meeste gevalle sal 'n prys per kop 'n groter
inkomste aan die boer gee.

Die boer se inkomste kom uit daggelde en die prys
van die wild gejag. Vir die boer sal die prys van die wild altyd te laag en vir
die jagter altyd te hoog wees. Met 'n prys wat markverwant is aan die diens wat
gelewer word, kan die boer egter nie verkeerd gaan nie.

Die aantal wild wat
met jag geoes moet word, moet bepaal word lank voor die jagseisoen begin. Die
jagseisoen duur net sowat 18 tot 20 weke en daar moet eerder net te veel jagters
as net te min aanvaar word. As almal opdaag, kan die situasie die volgende jaar
reggestel word, maar as te min bokke afgehaal word, is dit neusie verby - die
gevolg is 'n kleiner inkomste en dalk 'n probleem met oorbelading.

Om te
verseker die kwota word elke jaar geoes, moet boere vir hulle 'n vaste
kliëntebasis opbou. Dit kan gedoen word deur dit vir 'n jagter 'n aangename
ervaring te maak, te sorg dat daar genoeg wild is en die jagter gasvry te
ontvang.

Intensiewe stelsel se slaggate


Die gevaarligte begin flikker vir intensiewe wildboerdery. Daar is weliswaar baie suksesverhale ook en hy glo elke wildboer moet bewus wees van die voor- en nadele wat 'n intensiewe stelsel inhou, sê dr. Johan Kriek, veearts van Kimberley wat landswyd op wildplase werk.


Hy noem 'n ekstensiewe stelsel een waarin die diere vryelik kan beweeg en geen hulp kry nie, behalwe water en miskien 'n minerale lek. 'n Semi-intensiewe stelsel, wat vir hom die ideaal is, is een waar die diere so natuurlik moontlik aangehou word en waar byvoeding net in sekere tye gegee word wanneer diere tekens van voedingstres toon. In 'n intensiewe stelsel word die wild in klein kampies aangehou en deur die jaar gevoer.

Die grootste voordele en redes waarom boere intensiewe stelsels gebruik, is om hul duur en skaars wildsoorte in kleiner kampe aan te hou om hulle so teen roofdiere te beskerm.

Daarby maak 'n intensiewe stelsel die bestuur van duur wildsoorte makliker deurdat siektes vroeër waargeneem, diefstal makliker bekamp en vrektes voorkom kan word.

Omdat soorte soos swartwitpense en bastergemsbokke selektiewe vreters is, is hulle in só 'n stelsel nie aan mededinging blootgestel nie.

Maar hy sien ál meer en meer probleme hul koppe in sulke stelsels uitsteek en só 'n stelsel is syns insiens net geregverdig waar ou teeldiere, wat nie anders sou oorleef nie, gehelp word om miskien nog 'n kalf of vier te produseer nadat hul tande afgeslyt is.

Van die probleme wat hy op wildplase sien, is dat ál meer vrektes voorkom weens inwendige en uitwendige parasiete en koksidiose.

Dit verswak die diere se aanpassingsvermoë en as hulle uit só 'n stelsel vrygelaat word, moet hulle met voer gehelp word anders vrek hulle. Baie diere ontwikkel ook ernstige klou- en beenprobleme in 'n intensiewe stelsel waar hul kloue nie natuurlik afslyt nie.

Waar kalwers/lammers in 'n intensiewe stelsel van hul moeders verwyder word voor hulle bies gesuip het, is hulle vatbaarder vir siektes en daarby kan patogene organismes in sulke klein kampies vermeerder wat saam met die spanning van inhokking groot uitbrekings van siekte kan veroorsaak.

Voedingstekorte kan maklik in só 'n stelsel ontstaan, veral as die diere aangehou word in gebiede waar hulle nie natuurlik voorkom nie. Swartwitpense met 'n kopertekort verkleur van swart tot rooi.

Latente probleme is dat diere in 'n intensiewe stelsel vroeër geslagsryp kan raak, iets wat kalwingsprobleme kan veroorsaak. Daarby kan dominante diere swakker diere doodmaak omdat die swakkeres nie kan vlug nie. Veldbrande is 'n gevaar omdat die diere in klein kampe vasgekeer is en nie kan vlug nie.

Net een bul kan in klein kampies by koeie gesit word. As die bul onvrugbaar is, ly die boer groot skade. Daarby word die diere gevoer en kan dié wat die swakste in die natuur sou presteer, in die kunsmatige toestande goed vaar. Omdat die diere nie 'n kans kry om vir hul posisie in die trop te veg nie, kan dit gebeur dat swakker diere vir teling gebruik word - wat 'n agteruitgang van die kudde kan meebring, het dr. Kriek gesê.

2 Mei 2003

5
 
 
  • 2615 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Web is skaapboer se redding
  • Grond: Boere moet betrokke bly
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction