7 Desember 2011

770 keer gelees | 2 kommentaar

Erken die uitwerking wat klimaatsverandering op die landbou het en die rol wat boere kan speel om dit aan te pak, vra Agri SA.


Erken die uitwerking wat klimaatsverandering op die landbou het en die rol wat boere kan speel om dit aan te pak, vra Agri SA.

Luidens ’n nuusverklaring sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van die organisasie: “Boere is die sleutel om dienste te verskaf wat vir lewe nodig is, soos voedsel, voer, vesel, energie en die ekostelsel.”

Hy sê hulle het onderhandelaars by COP17 daaraan herinner dat boere daagliks met die omgewing omgaan. Boere is derhalwe in die ideale posisie om landboupraktyke, wat kan help om by klimaatsverandering aan te pas en dit te probeer beperk, toe te pas.

Anders
Möller sê die landbou is anders as ander sektore, derhalwe moet dit van ander sektore gedistansieer word. Die meeste van die landbou se vrystelling van kweekhuisgasse kan regstreeks aan natuurlike biogas-siklusse verbind word.

“Boere kan nie verantwoordelik gehou word vir vrystellings wat ’n gevolg is van biologiese prosesse nie, veral nie omdat laasgenoemde nodig is vir voedselsekerheid nie.”
                                                                                            
Hy sê ook dit is moeilik om met ander sektore ten opsigte van kostedoeltreffendheid met die vrystelling van kweekhuisgasse mee te ding as geldelike aansporing nie ingestel word nie. Verskeie studies het reeds bewys dat die beperking van kweekhuisgasse deur die landbou vinnig en kostedoeltreffend kan plaasvind. 

Möller sê deur boere vir koolstofbeperking te vergoed, sal die landbou se koolstofopbergingspotensiaal verbeter.

Vyf stappe
Om die posisie waarin die landbou homself tans bevind aan te pak en dié sektor deel te maak van die toekomstige proses, vra die organisasie dat vyf spesifieke stappe gevolg word:

- Gee amptelike erkenning aan die landbou as ’n sektor wat grootliks deur klimaatsverandering geraak word, terwyl dit terselfdertyd ’n groot rol in aanpassing en voorkoming kan speel.

- ’n Verbintenis tot ’n aansienlike toename in belegging in en ondersteuning vir die landbou.

- Erkenning van die bepaalde karaktereienskappe en behoeftes van die landbou in ’n toekomstige ooreenkoms.

- Die daarstelling van finansiële meganismes om boere te vergoed vir koolstofopberging en omgewingsvriendelike landboupraktyke.

- Erkenning van boere-organisasies as vennote wat boeregemeenskappe en die internasionale koolstofmark met mekaar verbind.

7 Desember 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hakuna matata

2011/12/07 03:18:47 PM

Wat Johannes Moller en al sy gelykes moet besef...Die Amerikaanse publiek is gatvol om geld weg te gee wat daar nie meer is nie. Dit sluit die VN en alle soortgelyke organisasies in. Moenie als glo wat in die Liberale media by julle uitkom nie. As ek enige boer of boere organisasie of enige ander besigheid kan raad gee, sorg dat jy winsgewend raak sonder subsidies en goedkoop belaglike lenings. Europa is in groot finansiele moeilikheid, en die VSA het NIE die fondse of mentaliteit oor om geld uit te gooi op die water nie. Inflasie is net om die draai, moenie aan die slaap gevang word met beloftes uit groen organisasies dat Utopia net om die draai is nie, hulle lewe op kunsmatige bronne wat eersdaags kan weggevat word. Let wel, daar is GEEN groen bedryf of organisasie wat ek van weet wat winsgewend bedryf word nie, als is afhangend van "nuwe wetgewing" om dit af te forseer op die publiek of boere.


Hakuna matata

2011/12/07 03:11:12 PM

Koolstof opberging, nog 'n slim kapitalistiese idee wat deur Sosialistiese regerings gedryf word, ironies dat die skoen net soms pas? "Animal farm" uit die boonste rakke.....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights