Deur MARIEKE SNYMAN
23 September 2009

2789 keer gelees | 2 kommentaar

Jongmense van regoor Suid-Afrika vergader vandeesweek in Magaliesburg vir die jaarlikse Nasionale Jeugskou.


Die Nasionale Jeugskou gaan dié jaar vir die eerste keer by Hoërskool Bekker in Magaliesburg aangebied word. Van 24 tot 26 September gaan daar 'n warrelwind van bedrywighede op die skoolgronde plaasvind. 

Kinders van regoor die land gaan aan die skou deelneem, het me. Karen Martin, 'n organiseerder, gesê.  “Behalwe vir Limpopo wat niemand gestuur het nie, gaan daar kinders uit elke provinsie kom.”

Onder meer bokke, skape, melk- en vleisbeeste, perde en varke sal op Donderdag en Vrydag gewas en vir die skou voorberei word. Vrydagmiddag sal die junior deelnemers reeds begin om hulle vee te vertoon. Saterdagoggend sal die seniors aan die skou deelneem en Saterdagaand vind die prysuitdeling in die skoolsaal plaas.

Landbouweekblad is een van dié skou se hoofborge. Die landboubedryf is vir Suid-Afrika van groot belang, het mnr. Jean du Preez, uitgewer van die Landbouweekblad, gesê.  Om belangstelling by kinders te prikkel is belangrik daarom is Landbouweekblad by die Jeugskou betrokke.

“Die landbou, as 'n beroep, is vir die afgelope 15 jaar nie baie hoog op die lys van potensiële beroepe vir vandag se jeug nie,” sê Du Preez. “Ons beoog om die belangstelling in die landbou by jongmense aan te wakker en wakker te hou.”

Bel Hoërskool Bekker by 014 577 5936 vir meer inligting.

23 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hettie Stoltz

2010/02/08 08:21:26 AM

Waar kan ek die Jeugskou foto's van die wenners wat in 15 Januarie 2010 was op die web sien, sal bly wees as iemand my kan help. Dankie


J van der Schyff

2010/01/13 10:34:54 AM

Nadat ek weer laasweek die fotos van laasjaar se jeugskou gesien het, was ek weereens ongelukkig oor hoe ons kinders benadeel word by die nasionale jeugskou. My 2 seuns het verlede jaar deel geneem, die oudste het aan sy 3de jeugskou by die vleisskape deel geneem, waar sy jongste boetie se eerste jaar. Met 3 jaar se ondervinding en nadat hy aande om geoefen het by die huis, het hy vol moed na die jeugskou gegaan. Maar herlaas moes hy met 'n 7de plek te vrede wees met sy boetie 3 jaar jonger 8ste met geen ondervinding en geen werklike oefening, maar met een oog beoordeelaars wat slegs hul provinsie se kinders raak sien het my oudste seun 'n verlore stryd gevoer. Met omstanders wat na hul gekyk het wat gereken het hy moes elke keer tussen beste 3 gewees het met 'n penregop houding en alles op tyd kom hy 7de met jong boet wat nie veel aandag gee, rondkyk 8ste. By die beeste ens was oral ouers en onderwysers wat gekla het hoe die kinders verneuk is moet besin word oor die jeugskou. n Paneel moet kinders beoordeel soos ander sport en elke beoordeellaar moet op sy eie elke kind beoordeel nie 2 wat staan en net sekere kinders dop hou nie en saam konkel met hul Cowboy houdings, asb beoordeel ons kinders regverdig. Ek was in 3 jaar By bloemfontein, Williston en Magaliesburg dit kos my klomp geld aan verbly vervoer ens, en om dan te sien hoe word kinders nie net myne openlik verneuk

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights