Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Bekostigbare-selfvoerder-maak-lewe-maklik

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Bekostigbare selfvoerder maak lewe maklik

 
Deur LUCILLE BOTHA (lbotha@landbou.com)
Met dié nuttige selfvoerder het mnr. Hannes Esterhuyse al tot 100 lammers in 'n trop gevoer.
Met dié nuttige selfvoerder het mnr. Hannes Esterhuyse al tot 100 lammers in 'n trop gevoer.

Hy was keelvol vir lammers wat in
voerbakke klim. Boonop was die
vermorsing wanneer die voerpille
nat reën ook vir mnr. Hannes
Esterhuyse van die plaas Sandtuin naby
Williston een te veel.

Esterhuyse se lewensfilosofie is dat wanneer
iets self gemaak kan word, mag dit nie
gekoop word nie. Om die probleem met die
voerbakke - wat gewoonlik ou, omgedopte
motor-buitebande met 'n plaatbodem is
- op te los, het hy sowat vier jaar gelede self
met die antwoord vorendag gekom.

"Met die heersende droogte in die Wes-
Karoo was ek maar deurentyd aan die planne
maak om die voer van skape so maklik,
goedkoop en doeltreffend moontlik te probeer
doen. Ek het reeds 'n paar jaar gelede
kruiphokke met baie groot welslae begin
gebruik," vertel hy oor sy boerdery.

"Iets het egter geskort in die kruiphok
- 'n doeltreffende selfvoerder teen 'n bekostigbare
prys."

Die motorband-voerbakke het goed gewerk,
maar 'n paar ernstige tekortkominge
het Esterhuyse bly pla.

"Die lammers het in die bakke geklim en
in die voer gemis en dan wil hulle dit nie N
vreet nie," sê hy.

Ander hoofbrekens was dat die veevoerpille
binne 'n dag "vaal gebrand"
word deur die fel Karoo-son. Dit het veral
in kampe gebeur met twee suipings, want
die skape bly soms vir 'n dag of twee by een
waterpunt. Die pille bly dus nie vars nie.
Esterhuyse het ook nie van die onnodige
vermorsing gehou wanneer 'n onverwagse
reënbui oor vol voerbakke uitsak nie. Voëls
sien ook die voerbakke as 'n lekker spens
waar hulle gereeld kom smul.

"My voerder is dus uit nood gebore. Ek
was op soek na 'n patent wat die lammers
se voete uit hul kos hou, die pille vars hou
en in die geval van reën, verliese so ver
moontlik beperk," sê hy.

Dit is 'n algemene gesig in hul omgewing
dat boere gaatjies onder in 'n ou
drom maak en dan die drom op 'n vragmotorband
vasmaak. Dié selfvoerder-patent
werk goed,maar dit het Esterhuyse nog nie
tevrede gestel nie.

"Dit is 'n groot, lomp, lywige stuk ding.
Boonop lê te veel pille nog buite en word
hulle dan aan die son en reën blootgestel."
Daar bly ook altyd 'n persentasie van
die pille in die drom oor wat oud en onsmaaklik raak."

Om dié swaar drom om te keer en skoon te maak, is nie 'n maklike
taak nie.

"In die geval van reën is die verliese groot omdat 'n groot hoeveelheid
pille reeds uit die drom en in die voerbak is."

Hy het bietjie kopgekrap oor die patent en besluit daar is tóg verdienste
in, dit kort net 'n paar aanpassings.

"Ek het die patent omgedraai en in plaas van die pille na buite te
voer, is 'n tregter in die drom geplaas en die pille na reg onder die
drom in 'n motorband-voerbak gevoer," verduidelik hy.
Dit het so te sê ál sy probleme opgelos.

'n Spasie van sowat 200 mm word tussen die drom (sommer 'n
ou oliedrom, hoewel dit deesdae nogal moeilik is om in die hande te
kry) se onderkant en die motorband-bak se bokant gelaat. Die lammers
kan dus nie inklim en hul voer bemors nie.

Dié opening is verstelbaar, maar volgens Esterhuyse is 200 mm
die ideale grootte.

"Dit is groot genoeg vir die groter skape, en klein genoeg sodat
die lammers nie kan deurklim en in die kos mors nie.

"Hoe kleiner daardie opening, hoe minder pille lê in die bak. Die
ideaal is dat daar so min as moontlik pille in die bak lê en die lammers
die pille as't ware uit die tregterpyp vreet," sê hy.

Só bly die pille ook altyd vars. En aangesien die pille onder die
drom gevoer word, is dit vir 'n groot deel van die dag in die drom se
skaduwee en sodoende beskerm teen die son.

"Ek probeer dus om die tregter só te stel dat daar so min moontlik
pille in die bak is. In die geval van 'n reënbui is die verlies nie
so groot nie. Die uitvloei van die pille kan ook heeltemal gekeer
word met die verstelbaarheid van die tregterpyp indien reën voorspel word.

Die voerbak kan nou heel leeggemaak word en sodoende
enige verlies van pille verhoed."

Esterhuyse sê sy vernuftige patent se geheim lê in die tregter.
"Ek maak dit deur 'n plat yster van 25mm x 3mm rond te buig in
die binnekant van die drom. Hierdie ring word dan deur 4 stukkies
plat yster van 25mm x 3mm x 250mm aan 'n 101,6 mm-pyp van
300mm vasgesweis."

Dit word met fyn ogiesdraad oorgetrek en uiteindelik met glasvesel
bedek. Om die pyp kom 'n groter, los pyp om dit in die bak
verstelbaar te maak.

"Dit is nogal moeite, maar dan het jy minstens 'n duursame patent,"
sê hy.

Die tregter word onder in 'n ou drom vasgesweis en drie bene
(40mm x 40mmx 3mm hoekyster) word aan die drom vasgesweis.

Die motorband-bak word hieraan vasgebout.

Die gesegde dat as jy vandag spaar, sal jy môre hê, het beslis op
Esterhuyse betrekking. Die oliedrom se bodem en deksel word nie
weggegooi nie, maar vir die motorband-bakke se bodems ingespan.
Dit werk goed op 'n gewone 356 mm-band wat aan die een kant oopgesny,
maar nie omgedop is nie. Die plaat kan net bo-op vasgebout
word.

"Vir die bak werk 'n omgedopte 215mm x 381mm-band die
beste. Die 381 mm-band gee daardie ekstra bietjie vreetspasie bo die
356 mm-band. Bande wat breër is as 215 mm maak die bak te diep
en maak dit moeilik vir klein lammertjies om die pille by te kom,"
verduidelik hy.

Hy kla dat sy selfvoerder wel één beperking het, en dit is 'n gebrek
aan vreetspasie.

"Ek het egter al ongeveer 100 lammers in een trop met 'n voerder
gevoer. Dit beteken maar net dat die voerder meer gereeld volgemaak moet
word. Die drom hou ongeveer 120kg tot 130kg pille."

Esterhuyse sê daar staan meer as tien van die selfvoerders in
Sandtuin se skaapkampe. Dié nuttige patent het sy lewe aansienlik
makliker gemaak - teen 'n skrale R160 per drom. Dit is al wat die
materiaalkoste (die drom uitgesluit) hom uit die sak jaag, sê hy. Hy
moes al talle van die selfvoerders vervaardig en sit dit teen R450 van
die hand.

Was dit moeilik om dié patent te ontwerp?

"As jy weet waarnatoe jy werk, is dit nie moeilik nie. Ál wat nogal
moeilik was, was om die afstande en hoogtes en die grade waarteen
die tregter afloop, reg te kry."

Landbouweekblad, 2 Mei 2008

2.333335
 
 
  • 3764 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Besigheidsplan
  • Handige webwerf vir boere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction