Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Draadklampe-keer-dat-laste-lek

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Draadklampe keer dat laste lek

 
MARITHA DU PLESSIS-SWART
So lyk die las.
So lyk die las.

Draadklampe keer dat laste lek
MARITHA DU PLESSIS-SWART
'n Stel eenvoudige binders is 'n boer se antwoord op die gesukkel om plastiekpyp dig en duursaam aan metaalpyp of laste te heg.

Tot onlangs moes mnr. Sarel Cilliers van die plaas Welgedacht, in die distrik Burgersdorp, vir die las van plastiekpype staatmaak op 'n toestel wat hy ongeveer 40 jaar gelede in Landbouweekblad gesien en nagemaak het. Ander beskikbare toestelle op die mark het hom nie tevrede gestel nie. Afgesien daarvan dat sulke toestelle die draad maklik laat breek het, het lekke voorgekom omdat dit die draad nie styf genoeg opwen nie.

Hy het ná heelwat kopkrap vir hom twee unieke toestelle (die een vir dik en die ander vir dunner plastiekpype) ontwerp. Nou gebruik hy hierdie binders saam met sy "Landbouweekblad-toestel".

"Ek het die binders uit radeloosheid ontwerp. Ek het genoeg gehad van die gesukkel om pype met 'n tang en stuk draad te las. Sulke laste het dikwels gelek of heeltemal losgekom."

Nadat hy sy toestel ontwerp het, het Cilliers 'n ingenieursfirma se hulp ingeroep om die binder te maak en dit toe laat patenteer.

Sy toestel is sterk genoeg om 'n dik plastiekpyp deeglik oor 'n dunner ysterpyp vas te trek. Dit kan nie plastiekpyp aan plastiekpyp verbind nie omdat die dunner pyp meegee.

Die toestel waarmee die dikker pype gelas word, is bedoel om bo- of ondergrondse plastiekpyp (80 mm en dikker) te las. Dit is ook geskik vir die vasmaak van dakbalke en krale se houtpale, of vir enige ander bondels wat gebind moet word voordat dit vervoer word, soos hout, stange en pype.

'n Ankerdraad word eers twee of meer keer om die lasplek gedraai en die een punt boogvormig teruggebuig.

Die binder word met een wiel in die boog geplaas en die punt van die draad deur die gat in die vertikale as gesteek. Die binder word in posisie gehou, met die punt van die draad ongeveer 25 mm deur een kant van die as. Die ander ent word teruggebuig om die ander wiel en die draad lank genoeg afgeknip om hierdie ent in die teenoorgestelde rigting deur dieselfde gat in die as te steek. Albei punte van die draad is nou om die gegroefde wiele en deur die gat in teenoorgestelde rigtings.

Een hefboom kom oor die handvatsel van die binder en die ander een oor die kruispunt. Die binder word met een hefboom in posisie gehou en die kruis met die ander hefboom gedraai. Die draad trek egalig om die wiele en wen om die vertikale as vas todat die draadklamp styf vas is. Die draad word gespanne gehou en die binder deur 180 grade geswaai om 'n haak-lus te vorm. Die kruis-hefboom word teruggedraai om die oortollige draad skiet te gee. Dit word afgeknip. Die binder word verwyder en die draad van die vertikale as afgehaal, die punte korter geknip en vasgeslaan. So 'n las sal nie lek nie.

Die tweede binder wat Cilliers ontwerp het, gebruik hy om dunner plastiekpype (25 mm tot 50 mm) stewig te las.

Die operateur draai 'n stuk draad twee keer om 'n pyp by die las sodat die twee punte in die lug staan. Die twee punte moet mekaar kruis en albei punte moet regop in die lug staan. Die binder word tussen die twee drade geplaas met die drade deur die gleufies aan elke kant van die opwen-as.

Die binder word op die pyp vasgedruk en die as met 'n moersleutel opgewen. As die draad styf genoeg getrek is, word die binder nog 'n kwart draai gegee sodat die twee drade aanmekaar vasgedraai word. Die moersleutel word dan van die wenas afgehaal en 'n halwe draai met die klamp gegee.

Die opwenas met die moersleutel word nou in die teenoorgestelde rigting gedraai om die drade skiet te gee. Die klamp word verwyder deur die drade af te trek uit die gleufies van die opwenas. Die las word afgerond deur die oortollige draad af te knip en die punte plat te druk.

Cilliers se oudste binder is nie sy eie breinkind nie. Dit is die toestel wat hy sowat 40 jaar gelede in Landbouweekblad gesien en nagemaak het. "Ek weet nie wie dit ontwerp het nie, maar dit was jare lank die enigste een wat goed genoeg was en wat ek gebruik het," sê hy.

Hy gebruik hierdie klamp vir dunner plastiekpype en wanneer hy twee pype gelyktydig aan weerskante van 'n las wil vasmaak. Hy gebruik 'n dun draad (baaldraad van 2 mm dik) en buig 'n lengte dat dit soos 'n U-vorm met twee lang punte lyk. Die twee punte word op die pyp by die lasplek geplaas en die U-vorm twee maal oor die twee punte gevou. Die twee punte word deur die U getrek totdat die U teenaan die plastiekpyp is en die twee drade terselfdertyd vasgevang is in die U.

Die los punte van die draad word dan deur twee gaatjies in die een kant van die binder gesteek. Die ander punt van die binder wat die hakie aan het, word aan die U van die draad gehaak.

Die klamp se slinger (opwenaksie) word gedraai om die draad styf te trek om die las. Wanneer die draad styf genoeg is, word die klamp gebruik om die draad terug te vou oor die U. Die twee punte word afgeknip en plat teen die pyp se las gevou. Die U-vorm vorm terselftertyd 'n anker tussen die twee laste.

  • Navrae: Mnr. Cilliers, tel. 051 653 1649, of mnr. Piet van Vuuren, tel. 051 634 1822.

    6 Augustus 2004

  • 0
     
     
    • 2805 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Om te begin boer
    • Worshond het dalk artritis
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction