Noudat duurder elektrisiteit ‘n gat uit jou sak gaan hap, wat gaan jy doen? Hier is ‘n man met ‘n plan.
Frank Kratz skryf op die gespreksforum:
Skielik kry ek sommer elke dag iets op die internet oor hierdie onderwerp! Hier praat hulle daarvan om hele woonbuurte op een smart grid te plaas!
Mias Adams antwoord:
Hierdie idee is al baie jare bekend, maar kon nie bekend gemaak word voordat die geldmanne eers alles haarfyn uitgewerk het wie betaal hoeveel vir wie. By ons sal dit nie verder kom voordat Eskom sy sin gekry het met verhoogde pryse nie.
Nou kan die "smart grid" ouens maar hul ding doen, Eskom se verhogings is mos vandag goedgekeur. Tipies die kommunis: drie tree vorentoe, een tree terug: begin op 45% x 3 dan is daar nie so ‘n vreeslike bohaai as jy afkom na 35% x 3 nie. En kom nou af tot 24% x 3, dan klap ons almal hande.
My voorstel oor hierdie saak is laasjaar gepubliseer in Die Burger: elke huis (fabriek, plaas, ens) kry 3 skakelaars wat van ‘n sentrale punt beheer word:
Die eerste punt is ‘n 5 of 10 amp en word nooit afgeskakel nie. Dis genoeg vir jou ligte, TV, radio, alarmstelsel en n paar kleinighede, selfs ‘n yskas dan en wan.
Die tweede skakelaar is ‘n (sê maar) 25 amp wat alles in die huis aandryf, behalwe die stoof, geyser, skottelgoedwasser en swembadmotor. Dit word in noodgevalle afgeskakel. Daar is geen rede hoekom alle toestelle in n huis voltyds van krag voorsien moet word nie.
Die swaar goed word voorsien deur ‘n 60/70 amp skakelaar wat eerste afgeskakel word as daar ‘n krag tekort is.
Die sg. spitstydlas word uit en uit veroorsaak deur huiskrag. As mens dit kan beheer, is die kragtekorte op ‘n end.
Met my "smat grid" kan woonhuise aan en afgeskakel word as die windlaaiers krag opwek. Dit vervang die nodigheid van opgaar- geriewe (bv batterye, vliegwiel, pomp opgaarskemas ens.
Terra Terre Blanche skryf:
Niemand op hierdie forum sou seker ooit kon dink dat die dag sou aanbreek waar ek heelhartig met jou sou saamstem nie. Jou voorstel van drie skakelaars klink vir my puik. Ek weet van die onderwerp te min, maar as dit prakties moontlik is, is dit mos die soort van oplossing waarvoor ons behoort te toi-toi. Die idee dat krag vanaf die hoofbron (Eskom) outomaties afgeskakel of verminder kan word wanneer die wind waai of jou sonpanele optimaal werk, klink wonderlik.
* Stuur gerus jou wenke om krag te bespaar aan vir publikasie. Gebruik die teks-kassie hieronder. - Red.
24 Februarie 2010
Kommentaar
ek het n plan om krag te bespaar op beligting asook noodbeligting
ek het n plan om krag te bespaar op beligting het die stelsel klaar gepattenteer dit werk kan baie krag bespaar as krag af is het mens ook noodbeligtiging is ook baie doeltreffend op plase vir sekeriteit
Ek het die hele eenheid aangekoop om Bio Diesel mee te maak. As daar iemand is wat belangstel
Mias
Ek stem saam - Jou idee werk al jare lank hier in SA. Hier in Secunda is was daar 15 jaar gelede al 'n stelsel waar elke warmwaterselinder op 'n afsondelike stroombaan gevoer is en die munisipalitieit kon die hele dorp, of net sekere blokke, sentraal aan en af skakel deur 'n sein met die kragdrade langs te stuur. Dit is ongelukking nie meer in werking nie.
Die geleentheid is daar om alle nuwe elektrifisering met hierdie stelsel toe te rus. Hoe kry 'mens dit in die Nasionale bouregulasis ingebou en in die praktyk toegepas.
Groete
Wie het vir planne oor hoe om n biogas ontwikkelaar te bou ,ek het by die LNR planne gekry maar dit is te groot,ek wil net een geyser daarmee bedryf.
Het `n baie eenvoudige en goedkoop sonwaterverhitter gebou. Tot 60grade C. Sien Beeld 28 Maart 2008.Tel 0518110907 of e-pos samuel123@webmail.co.za
Dit is maar weer die ou storie. Waarskuwings wat op dowe ore val. Maar gelukkig is die mensdom se inisiatiewe op sy beste as die krisis daar is. Ek self het 'n tegnologie ontwikkel om energie uit afval te haal en dit werk ongelooflik. Hiermee kan mens dan koskook, water verhit, die huis binneruimte verhit, asook vele ander aanwendings vir die industrie. 'n Baie belangrike aanwending sou egter wees nie net om elektrisiteit te spaar nie maar om dit hierdeur ook op te wek. Daar is nou vele ontwikkelings van ou tegnologie aan die opflikker om goedkoop gas te maak uit ontbranding van afval, waarmee binnebrand masjiene maklik funksioneer om generators van elektrisiteit aan te dryf.
Ek het die afgelope 2 jaar al probeer om die regering en vir Eskom te oortuig om net te kyk na my produk, vir huishoudelik of vir industriële aanwending, al is dit net om tyd te koop totdat Eskom se projekte voltooi is, maar hulle steur hul glad nie aan my nie. Ek het dus simpatie met Mias Adams se pogings. Mias, bemark liewer jou idees oorsee. Daar is baie meer intellek wat jou sal waardeer !
Ek is natuurlik van mening dat as iemand 'n goeie bydrae kan lewer, daar 'n instansie behoort te wees wat hierdie tegnologie onmiddellik moet bekom en dan landwyd aan almal beskikbaar stel vir vrye gebruik.
Daar is reeds by somige buurte ' ripple ' eenhede geinstaleer waarby die geyser deur 'n elektroniese sein afgeskakel word as vragte te hoog is. Of dit ooit gebruik word kan ek nie se nie. Daar is ook gepraat van 'n soortgelyke stelsel wat in die buite land gebruik word waarby was msjiene net met 'n verskullende soort krag prop voorsien is. Dit word ook beheer om las te verminder. Dalk is dit opsies wat hier kan werk. Verskulende frekwensies kan gebruik word om elke tweede, derde of vierde huis, om die beurt, geskakel kan word.
Is die ou Lister nie weer 'n opsie nie? Jy kan jou eie bio, bio-gas of diesel maak en dan jou eie krag opwek. dit kan ook in groepsverband gedoen word. Die Sterling Engine waaroor ons al hier gepraat het is ook 'n altrnatief. As NASA en duikbote dit kan gebruik kan ons dit ook doen. Ek het my navorsing gestaak weens onvoldoende fondse.Die universiteite is beter toegerus as ek.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)