Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Gereedskapwaens-altyd-reg-vir-werk

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gereedskapwaens altyd reg vir werk

 
JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)
Mnr. Joseph Steyn by sy gereedskapwa.
Mnr. Joseph Steyn by sy gereedskapwa.

Met 'n volledig toegeruste skaaphanteringswa en mobiele windpompgereedskapwa kan 'n boer man-alleen sy skape doseer of 'n windpomp herstel. Feitlik alle gereedskap en onderdele vir onderhoud is op die waens byderhand.

Kampe in die Groot-Karoo - soos in baie ander dele van die land - is meestel baie groot en dit gaan soms bars vir 'n boer om sy skaapkrale, doseertoestelle en windpompe in 'n goeie toestand te hou.

Mnr. Joseph Steyn van Rietfontein, Prins Albert, en sy broer, Oosie, boer met wol- en vleisskape. Daar is baie kampe en windpompe op hul grond en instandhouding verg heelwat tyd. Hulle is veral gesteld daarop dat die windpompe in 'n goeie toestand moet wees.

Die dele van die krale in die kampe waarin die skape gedoseer, gemerk en gehanteer word, is gewoonlik onderhewig aan taamlike slytasie en rowwe behandeling. Dit is dinge soos drukgangheinings, klasseerhekke en spuit- of diptoestelle.

Krale waarin die skape staan totdat hulle aan die beurt kom vir merk, dosering of ander behandeling, is gewoonlik met gewone draad omhein en kan ook makliker in stand gehou word as die hanteringsdeel.

Omdat heelwat herstel- en vervangingswerk dikwels aan sulke hanteringseenhede nodig is, het Joseph en Oosie 'n paar jaar gelede daaraan gedink om 'n volledige eenheid te bou waarin alles vir sulke instandhoudings- en herstelwerk bymekaar en byderhand gehou kan word. 'n Werkswinkel op wiele, was hul gedagte.

Dit het voorheen alte dikwels gebeur dat iets kortkom wanneer hulle ver in die veld met herstelwerk besig is. Dan moes kilometers gery word om dit by die opstal - of, nog erger, selfs op die dorp 20 km daarvandaan te gaan haal. Net om 'n rukkie later te ontdek dat nog iets kortkom.

Hulle het 'n gewone sleepwa-onderstel geneem en dit begin ombou in 'n mobiele skaaphanteringseenheid wat, afgesien van die verskuifbare drukgang, hekke en spuite, ook elke moontlike en onmoontlike stuk gereedskap en onderdeel vir herstelwerk "aan boord" het.

Skaapskêre, tatoeëer- en kastreertange, dipstowwe en oorplaatjies word op die wa in 'n toe deel gehuisves. Daar is ook alle ander gereedskap, skroewe en toerusting wat nodig kan wees vir werk aan enige kraal of kampdraad.

Ál die toerusting en gereedskap word permanent op die wa gehou. Wanneer nodig, word die wa met 'n bakkie gesleep na die plek waar die werk gedoen moet word en die werk sonder oponthoud afgehandel.

Mettertyd is nog allerlei bruikbare toerusting en gereedskap bygevoeg. Die wa is 'n eenheid wat feitlik enige plek op die plaas gebruik kan word sonder enige bykomstighede van buite. Selfs die deurpanele kan afgelig en as tafels gebruik word.

Die grootste voordeel is tydbesparing. Dit is veral omdat alles wat moontlik nodig sal wees, byderhand is. Een mens kan alles binne vyftien minute staanmaak, of oppak en ry nadat die werk afgehandel is.

Dit plaas aansienlik minder stres op die mense en die skape omdat alles doelgerig afgehandel kan word sonder oponthoud en frustrasie, het die Steyns ondervind.

Wat alles nog beter maak, is die feit dat die hele eenheid uit afvalmateriaal gebou is. Die hekke, byvoorbeeld, is gemaak van ou pype. Die hele eenheid met alles daarop, het hulle maar sowat R5 000 gekos, materiaal ingesluit.

Maar hier het dit nie opgehou nie.

Die gedagte aan 'n mobiele instandhoudingswerkwinkel het ontstaan uit die feit dat die plase waarop hulle boer, bykans 60 windpompe het. En dit is 'n uitgestrekte gebied.

Windpompe moet behoorlik onderhou word, anders funksioneer hulle nie behoorlik nie.

Wanneer 'n windpomp egter behoorlik reggemaak en gediens moes word, moes alles - van elke stuk gereedskap tot elke skroefie op 'n bakkie gelaai en na die windpomp gekarwei word - dikwels tot 50 km ver. En daar was maar gewoonlik iets wat kortgekom het en waarvoor teruggery moes word opstal toe.

Dit het hulle toe die idee gegee om 'n toegeruste "mobiele windpompdiens-eenheid" te bou waarin alles is wat moontlik nodig kan wees om 'n windpomp na te sien of te herstel.

'n Ou sleepwa is toe aangepas. 'n Sweismasjien, wat ook 220 volt krag vir die ander elektriese gereedskap lewer, is daarop gemonteer. Daar is ook 'n gassweistoestel, 'n staanboor, handbore, windpompkatrolle, skroewe, gereedskap sweisstafies en enigiets wat nodig is vir die herstel van 'n windpomp. Hulle het selfs gedink aan toerusting om boomwortels wat die boorgat toegroei, mee te verwyder.

Die eenheid is só goed toegerus dat een mens alleen ook 'n windpomp kan herstel of opknap as dit nodig is. Net as die kop en wiel afgehaal moet word, is 'n paar ekstra hande nodig, sê mnr. Joseph Steyn.

Omdat daar heelwat duur toerusting op die wa gemonteer is (soos die sweismasjien), het die volledige eenheid waarskynlik in die omgewing van R25 000 gekos, skat hy.

"Ek het groot respek vir windpompe. Hulle lewer die ideale, skoon energie en maak die lewe draaglik vir duisende boere in veral die droër dele van die land," is Joseph se mening. Daarom was hulle nog nie 'n dag spyt oor hul windpompwa - soos hulle dit noem - nie.

10 Junie 2005

5
 
 
  • 2886 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Het jy jou eie weerstasie, al is dit klein?
  • Kraakvars wins vir Crispy
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction