Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Gerygde-heining-stuit-koste

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'Gerygde' heining stuit koste

 
ANDRIES GOUWS
Die binddraad word só met die toestel om elke horisontale draad van die heining gewoel.
Die binddraad word só met die toestel om elke horisontale draad van die heining gewoel.

'n Boer het duisende rande gespaar toe hy sy plaas met 'n draadrygtoestel wildwerend toegespan het.

Sowat 'n jaar gelede het mnr. Johan van den Heever besluit om sy plaas Kanariesfontein, net buite Swartwater in die provinsie Limpopo, wildwerend toe te span. Om koste te bespaar, het hy besluit hy gaan die hangers wat die draad tussen die pale stewig in posisie hou, effens verder uit mekaar sit en dan draadhangers tussenin ryg.

Hoewel dié gedagte goed was en die draadgerygde hangers beslis die draad stewiger gemaak het omdat dit nie so maklik skuif as 'n gewone hanger nie, was dit 'n omslagtige werk met 'n werker weerskante van die draad om dit te ryg.

Toe besluit hy 'n stuk gereedskap is nodig om die werk makliker en vinniger te maak en vandag het hy 'n gepatenteerde draadrygtoestel wat vir hom 'n besparing van R9,14 per hanger gee.
Naas die kostebesparing is die draadhangers ook ligter, wat die heining veerkragtiger maak as een waarin staalhangers gebruik is, sodat dit nie maklik beskadig as wild daarteen vashardloop of -spring nie.

Hy het met die omhulsel van 'n motor se skokbreker begin eksperimenteer. Toe hy die beginsel onder die knie het, het hy die toestel verfyn. Vandag gebruik hy 'n silinder waarin 'n klos (spiraal) draad pas waarvan die punt deur 'n gleufie aan die een punt van die silinder uitgetrek word. Hy noem dié werktuig die Wire Champ.

Die klos draad wat gebruik word, maak hy self deur binddraad om 'n pyp te draai. Die pyp pas in 'n eenheid wat byna soos 'n draaibank lyk met 'n elektriese motor aan die een kant wat die pyp laat draai.

Terwyl die pyp draai, word die draad só gevoer dat dit styf teen mekaar om die pyp draai. 'n Klos word gevorm waarvan die buite-omtrek net kleiner is as die binnemaat van die silinder van sy draadrygtoestel.

Wanneer die draad om die hele lengte van die pyp gedraai is, word dit in die regte lengtes, net so lank as die toestel se silinder, afgesny en van die pyp laat afgly. In so 'n klos is dan genoeg draad om ses hangers van 2,4 meter lank (die standaard- hoogte van 'n wildwerende heining) te maak.
Die klos draad word in die silinder geplaas en die punt aan die uitlaatgleuf se kant effens uitgetrek. Die punt word om die boonste draad van die heining gevleg.

Saam met die toestel kom 'n leistaaf wat aan die een punt skerp is sodat 'n mens dit in die grond kan indruk. Die lengte van die staaf kan met 'n teleskopiese aksie verstel word. Aan die ander punt van die staaf is 'n V-ystertjie vas sodat dit onder die boonste draad van die heining inpas. Die staaf word uitgeskuif sodat dit die boonste draad stewig hou en dit nie bak na onder getrek kan word nie. Die ander punt word onder in die grond gesteek sodat die gidspaal presies regop staan.

Nadat die draad, wat by die gleuf van die draadrygtoestel uitsteek, om die boonste draad gevleg is, word die toestel hori-sontaal gehou en afgetrek tot gelyk met die volgende draad en twee of drie keer om dié draad gerol. Met die afwaartse beweging rol die draad van die klos binne in die silinder af en word dit stelselmatig teen 'n egalige spanning uitgetrek.

Omdat die draad teen 'n spanning deur die gleufie getrek word en reguit langs die leistaaf afbeweeg word, is die draad reguit en stewig en word dit styf om die dwars drade gedraai sodat dit nie kan skuif nie. So word dit om elke draad gedraai tot by die onderste draad waar die draad afgeknip word nadat dit met die masjien daar stewig vasgedraai is.

Met die draadrygtoestel kan een werker dieselfde hoeveelheid werk doen as agt werkers wanneer draadhangers met die hand in 'n heining geryg word. Sy werkers wat die toestel al die beste onder die knie het, ryg tot 180 hangers per dag.

Die besparing is groot. 'n Duisend staalhangers kos sowat R9 000, terwyl 1 000 draadhangers wat met sy toestel geryg is, net R1 500 kos. Dit is dus 'n besparing van R7 500 per 1 000 hangers. Om die draadhangers met sy toestel te ryg, kos R36 per dag, terwyl dit R288 kos (agt werkers) om dieselfde hoeveelheid met die hand te ryg 'n besparing van R252 per dag.

Om een staalhanger vas te maak, kos sowat R1,00 aan arbeid, R1,00 se draad word gebruik en die staalhanger kos R9,00 - alles saam R11,00 per hanger. ('n Werker moet sy storie ken om meer as 50 staalhangers per dag aan 'n heining vas te maak).

'n Klos draad in sy toestel kos R9,00. Daarmee kan ses hangers gemaak word, wat beteken die draadhangers kos hom R1,50 stuk. Die totale koste per draadhanger met die toestel beloop R1,86, wat 'n besparing van R9,14 per hanger beteken.

  • Dié masjien kos R950 (BTW uitgesluit). Navrae: tel. 01476 7 1518 of sel 083 230 8585.

    21 April 2006

  • 0
     
     
    • 1912 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Eerste tree gegee na eenwording in die landbou
    • Wat dink jy van die hoë pryse wat die afgelope tyd op sommige wildveilings behaal is?
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction