Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Goedkoop-windpomp-met-gn-nasorg

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Goedkoop windpomp met g'n nasorg

 
MARLEEN SMITH (msmith@landbou.com)
Die windpomp se aksie op werk die dieselfde beginsel as 'n motor se kruk-as.
Die windpomp se aksie op werk die dieselfde beginsel as 'n motor se kruk-as.

Dié boer het 'n eenvoudige windpomp ontwerp wat hy self op die plaas maak. Dit is nie net goedkoop om op te rig nie, maar jaag hom ook nie geld vir onderhoud uit die sak nie.

Elke Karoo-boer het ondervinding van die tydrowende gefoeter wat kan volg as 'n windpomp breek.

Mnr. Jéan Gillmer van die plaas Droëfontein, tussen Hanover en Middelburg, is geen uitsondering nie. Sy boerdery is van 40 windpompe afhanklik wat onderhou moet word, en Gillmer ken van kleins af die gesukkel — dikwels 'n duur en onsuksesvolle oefening — as dié onmisbare masjiene begin moeilikheid gee.

Dit het hom genoop om sy eie windpompe te ontwerp en te bou. Die resultaat is 'n relatief eenvoudige, maar doeltreffende apparaat — sonder ratte en olie, en met 'n kop, stert en wiel wat saam maar so by die 35 kg weeg. Nie een van die onderdele is ingevoer nie. Inteendeel, die meeste maak hy self op die plaas. As 'n onderdeel sou breek, kan 'n boer dit self herstel; hy hoef nie 'n spesialis-tegnikus daarvoor te betaal nie.

Van Gillmer se 40 windpompe is elf nou al met sy eie model vervang. Die eerste een, wat hy vier jaar gelede gemaak en opgesit het, werk steeds sonder enige probleme.

Die self-ontwerpte windpomp werk volgens dieselfde beginsel as 'n motor se kruk-as: Die pompaksie word verkry deur 'n draaiende, geseëlde koeëllaer waaraan 'n ysterstaaf vasgesweis is. Omdat die staaf aan die een kant van die laer se binneste ring geheg is, word die nodige slag verkry sodra die laer draai.

Twee kussing-laers aan weerskante hou die spil in plek.

Die wiel met sy windskeppers vervaardig Gillmer ook self. Hy sê hy gebruik ses skeppers vir 'n boorgat wat sowat 30 m diep is. As water egter dieper uitgehaal moet word, sit hy nóg skeppers aan die wiel. Vir dele waar die wind min is, maak hy langer skeppers.

Die briekstelsel is meganies. Dit werk net met die stert, en nie soos in geval van 'n konvensionele windpomp met 'n remskoen óók nie. Gillmer sê hy kry gewoonlik mediumsterk wind op sy plaas, en hou sy pompe meestal halfpad gebriek.

Die kop, stert en wiel bestaan uit drie dele, wat een mens binne tien minute met boute op 'n windpomp-toring kan vasdraai. Dit is lig genoeg vir een mens om teen die toring op te dra en die wiel het vir dié doel 'n handvatsel aan.

Gillmer kan 'n kop pasmaak om op enige bestaande pypstelsel te pas. Hy is egter ook in die proses om sy windpompe se staalpype met PVC-pype te vervang. Vir drie PVC-lengtes van 3 m elk betaal hy dieselfde prys as vir een gegalvaniseerde staalpyp. Dit skakel die roesprobleme uit wat meebring dat die staalpype by hom 'n gemiddelde leeftyd van ses tot agt jaar het. Die oudste PVC-stel hou nou al twee jaar op sy plaas.

'n Gids van Vesconite rondom die ysterstang keer dat dit die PVC-pype deurskuur.

Gillmer se windpomp werk met 'n kortslag-silinder. Dit is 'n Jooste-silinder met 'n deursnee van 70 mm (teenoor die normale 50 mm), wat vir hom spesiaal die helfte korter gemaak word as die silinders van standaard-lengte. Gillmer sê dié lengte kan ingeboet word omdat sy windpomp nie 'n lang slag nodig het om doeltreffend te werk nie.

Vergeleke met konvensionele windpompe en sonpompe is die Gillmer-model heel doeltreffend: Sy windpompe gooi van 800 liter tot 1 200 liter water per uur in mediumsterk wind (en met die 70 mm-silinder).

Dit het hom die afgelope vier jaar geneem om met proewe die regte verhoudings tussen die verskillende onderdele te bepaal, maar nou is hy tevrede dat hy 'n wenresep het. Boonop is sy windpompe relatief goedkoop — die eerste een het hy bykans volledig uit afvalmateriaal gemaak wat op die werf rondgelê het. Sy nuwe, versterkte pompe kos sowat R3 000.

Gillmer het sy ontwerp gepatenteer.

Navrae: Mnr. Jéan Gillmer, tel. 049 843 1434.

14 Januarie 2005

4.285715
 
 
  • 7971 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Werkers lede van tafeldruif-liggaam
  • Someroes-infodag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction