Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Hanslamhok-spaar-baie-tyd

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 10:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hanslamhok spaar baie tyd

 
JOHAN FOUCHE (jfouche@landbou.com)

Op die meeste skaapplase beteken lamtyd ook dat daar lammers is wat met die hand grootgemaak moet word. "Met min werkers word hanslammers gewoonlik die boer se vrou se taak," sê me. Adele Pretorius van Stormberg, Vrede.


Omdat nie al die lammetjies ewe sterk is nie, moet die hoeveelheid melk wat 'n lam ontvang na gelang van elkeen se behoefte aangepas word. Dit beteken elkeen moet op sy eie gevoed word, wat die versorger se taak bemoeilik.


Haar oorlede man het dié probleem opgelos met 'n verskuifbare voerhok wat hy gebou het. Dit het afskortings vir tien lammers.


Die hok se raam is van ronde ysterstawe gebou. Die kante van die hok en die afskortings is van draad en met ondeursigtige sakke oorgetrek sodat die lammers nie mekaar se aandag aftrek nie. Die afskortings is net sowat 200 mm breed sodat die lammers nie veel daarin kan rondbeweeg nie. Die hok is omtrent 2 meter lank, 740 mm breed en 680 mm hoog.


Aan die een kant van elke afskorting het haar man twee ringe van yster skuins vasgesit waarin 'n koeldrankbottel van 500 ml pas. Die boonste ring het 'n deursnee van 70 mm en die onderste ring 'n deursnee van 450 mm. Die afstand tussen die ringe is 130 mm. Die lammers word met hulle koppe in die rigting van die melkbottel in die hok gesit. Wanneer hulle klaar gedrink het, word die voorkant van die hok opgelig en loop hulle self uit om verder aan die vaste kos in die kampie te vreet.


Volgens haar kry al die lammers danksy die hok sonder moeite die regte hoeveel melk, wat beteken hulle word suksesvol grootgemaak. Sy sê danksy 'n 100 % suksessyfer is dit finansieel steeds die moeite werd om hanslammers groot te maak. Boonop spaar die hok ook baie tyd.


Sy het die hok aan me. Ilse Lombaard van Kleingeluk Boerdery in die distrik geleen en Lombaard sê dit neem nou net 20 minute om 80 hanslammers melk te gee, waar dit voorheen 'n reusetaak was wat twee uur geduur het.


  • Navrae: Tel. 058 913 1955 of skryf aan Posbus 364, Vrede 9835.


    4 Junie 2004

  • 0
     
     
    • 2018 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Mielietrust wag aansoeke in
    • NK vloedskade: Boere wag nog
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction