|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Promosie-artikel:
Pronk in John Deere-klere
Of jy nou meeste van jou tyd op ’n trekker in die landerye spandeer of in jou motor op die hoofweë deurbring – John Deere se klerereeks het iets wat in elkeen se smaak sal val.
Die klerereeks wat kwaliteit, betroubaarheid en trots weerspieël, poog om John Deere se handelsmerk verder uit te brei en te versterk. John Deere het verlede jaar besluit om ’n werkbare strategie in plek te stel om sy klerereeks en ander John Deere-voorraad op ’n permanente basis by sy onderskeie handelaars landwyd beskikbaar te hê. Die volgende aspekte is aangespreek:
• Geskikte verskaffers – plaaslik en internasionaal.
• ’n Gepaste verspreidingskanaal.
• ’n Gepaste vennoot vir verspreiding en logistiek.
• Die bepaling van ’n gepaste komitee, wat beide John Deere-personeel asook lede van ons handelaarsnetwerk verteenwoordig.
Die strategie is nou reeds bykans 12 maande gevestig en gaan van krag tot krag. Die rede hiervoor is dat die verspreidingskanaal goed werk en die voorraad ten alle tye in alle groottes (selfs in 5 XL) beskikbaar is.
Ons mark
Ons klerereeks is gemik op mans, dames, kinders, jongmense, stadsjapies (studente) en die tradisionele produsent. Die vier klerereekse sluit in:
• Original-reeks – die tipiese standaard klerestyl soos kakie, plaasstewels, tweekleurige hemde en ’n reeks baadjies. Die reeks word gekenmerk aan die bekende John Deere-logo (bokkie wat spring).
• Signature-reeks – meer stylvol, modegedrewe, deftig en effens formeel. Die reeks word gekenmerk aan die “signature” van John Deere – die stigter van ons maatskappy (soortgelyk aan Pringle).
• Eksklusiewe reeks – “top of the range”, duursaam, deftig en duurder as die ander reekse. Dit sluit in leerbaadjies en dameshandsakke. Die John Deere-“signature” is ook kenmerkend by die reeks.
• Kinderreeks – kleuterreeks tot en met die ouderdom van 8 jaar. Dit sluit in hemde en oorpakke. John Deere is tans besig om ’n babareeks te ontwikkel.
Ander John Deere-voorraad sluit in messe, flesse, penne en horlosies wat van hoogstaande kwaliteit materiaal vervaardig word. Die speelgoedreeks wat direk deur Partrite vanuit Amerika en Europa ingevoer word, is aansienlik goedkoper as in die verlede. Die reeks is beskikbaar by enige John Deere-handelaar wat hieraan deelneem.
Waar kan ‘n mens John Deere se klere en voorraad koop? Die John Deere-handelsmerk behoort eksklusief aan John Deere. Die klerereeks is dus slegs by John Deere-handelaars landwyd beskikbaar.
Ons verspreidingsvennoot
Partrite in Bethlehem is aangestel as ons vennoot vir verspreiding en logistiek. Die komiteelede bestaan uit verteenwoordigers van Senwes, Afgri en TTS Agri in Polokwane. Die res van die komitee bestaan uit John Deere SA en Partrite-personeel.
Lees die lys van handelaars hieronder om ‘n die naaste tak te kontak vir bestellings. Let opdat alle handelaars nie al die produkte in voorraad het nie.
19 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
@Sasha Lee
Kontak Nadia Louw by tel: 058 307 6500 oor die reeks. As alternatief kan jy `n e-pos stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com en ek sal jou besonderhede aanstuur.
Groete,
Corli
Kontak my asb oor 'n groot bestelling. Ek bly in Polokwane. Kry geen kontaknommer van julle tak nie.
Andre,
Kontak Nadia Louw by tel: 058 307 6500. Sy hanteer onder meer John Deere se klerereeks.
Jan Bezuidenhout
dag, ek het by kknk vir my seun n oorpak gekoop maar het gevind dit is te klein, waar kan ek dit om ruil vir groter een, dankie, andre
Ek gaan die trotse pa van n seun word op die eerste junie en wil graag vir die mannietjie john deere beddegoed kry as jul my kan help of se wa om te kry sal dit op reg wardeer word want by john deere self kom ek nie reg nie daar is nie in die land nie en hulle wil ook nie vir my bestel nie u hulp sal wardeer word
Baie geluk met u nuwe reeks. Ek is opsoek na die beddegoed vir seuntjies. Ons boere-seuntjies is nogal baie afgeskeep as dit kom met beddegoed - dis spiderman, batman ens. Daar is tog baie seuntjies wat lief is vir boerdery en graag lakens, duvets en gordyne wil hê wat trekkers en ander plaasimplimente op het.
Maak asb. die PDF-dokument onder aan die artikel oop. Die opskrif is Lys van handelaars, en kies die een naaste aan jou. (Dis net onder die datum onder die artikel.)
Jan Bez, landbou.com
waar koop mens die klere in Gauteng???
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)