Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Sluittoestel-fnuik-diewe

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sluittoestel fnuik diewe

 
ANDRIES GROENEWALD
Mnr. Bertus van der Linden wys hoe hy boorgate sluit om sy dompelpompe teen diefstal te beskerm.
Mnr. Bertus van der Linden wys hoe hy boorgate sluit om sy dompelpompe teen diefstal te beskerm.

Die blatante diefstal van sy vrag-motors se noodwiele het mnr. Bertus van der Linden reeds jare gelede genoop om 'n sluittoestel te ontwerp en te patenteer wat selfs ervare noodwieldiewe kon kortwiek.

Van der Linden se sluittoestel was nou wel doeltreffend om sy vragmotors se noodwiele te beskerm, maar sedert hy die langpad vaarwel toegeroep het en hom op Gunyula, naby Letaba in die provinsie Limpopo, kom vestig het, het hy hom in nóg nuwe euwels vasgeloop, naamlik die diefstal van voertuigbatterye en dompelpompe.

Die basiese beginsels van die sluittoestel vir noodwiele is ingespan vir die planne waarmee batterye en dompelpompe be-skerm kon word. Die sluittoestel vir batterye bestaan uit 'n klampstelsel wat aan 'n voertuig vasgebout word. Dit maak voorsiening vir verskillende groottes batterye omdat die hoogte en die wydte verstelbaar is. Om te verhoed dat boosdoeners die stelsel losbout, word die boutkoppe met twee staaldoppe of sperhulse bedek. Dié twee staaldoppe word met 'n lang bout aanmekaar vasgebout. 'n Hangslot deur die boutskag tussen twee keerstawe verhoed dat dit losgemaak kan word. Van der Linde sê die toestel waarmee 'n dompelpomp beskerm word, het ook heelwat dinkwerk geverg. Dié toestel bestaan uit verskeie onderdele.

Eerstens is daar 'n ronde ring met twee lang boute (16 mm x 250 mm elk) wat kan oopmaak om oor 'n pyp en ook binne-in 'n boorgatvoering te pas. Twee hakies aan skakels waarmee die ring aan die voering gehaak word, verhoed dat dit tydens die montering in die boorgat verdwyn. Twee gate word in die voering geboor en met die ring in posisie word staalboute (12 mm) met nylon-sluitmoere aan die binnekant in die gate vasgebout om te verhoed dat die ring boontoe uitgetrek kan word. 'n Standaard-dekplaat, met twee gate daarin geboor, word nou oor die twee lang boute geplaas en twee glypyp-passtukke word dan bo-oor die twee boute gepas.

'n Monteerplaat van 16 mm staal word nou oor die lang boute gepas en met sluitmoere vasgemaak. Twee staaldoppe word bo-oor die sluitmoere gepas en met 'n stewige skag aanmekaar en deur die vertikale sy van die monteerplaat gepas waar dit met 'n hangslot in 'n skermholte gesluit word.

Volgens Van der Linden is hierdie sluittoestelle van hom peutervry. Hy maak steeds sluittoestelle vir noodwiele van allerlei voertuie en sleepwaens asook swaardiensgrendels vir swaai- en skuifdeure.

  • Navrae: Mnr. Bertus van der Linden, tel. 015 386 8929, faks 015 386 8786 of sel 072 805 8400.

    9 Junie 2006

  • 0
     
     
    • 2299 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
    • Revolusie in landbou is hier - Tina

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Distell verhoog verdienste
    • 'Differensiaal knou boere'
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction