Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Spuit-draf-oor-volwasse-mielies

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Spuit draf oor volwasse mielies

 
Johan Fouché (jfouche@landbou.com)
Só lyk die spsuit wat mnr. Coen Loock geprakseer het.
Só lyk die spsuit wat mnr. Coen Loock geprakseer het.

'n Boer het 'n selfaangedrewe spuittoestel gebou waarmee hy sy mielie- en sonneblomlande vinnig en doeltreffend bespuit. Dit is hoog genoeg vir volwasse mielies en die breë bande werk goed in nat lande.

Dit is vir die saaiboer nie altyd moontlik om betyds teen onkruid of insekte te spuit nie. Soms reën dit soveel dat dit onmoontlik is om in die lande te kom. Gevolglik word die mielies te hoog vir 'n gewone spuitwerktuig.

'n Boer van Mpumalanga het hierdie probleem oorkom met 'n hoë, sterk spuit wat hy self gebou het.

Mnr. Coen Loock boer tussen Amersfoort en Standerton. Hy plant hoofsaaklik mielies en sonneblomme op sowat 2 000 ha en het onlangs ook met 'n Brangus-stoetery begin.

Mnr. Nick de Lange, sy buurman en vriend wat die besonderhede van die werktuig sonder sy medewete ingestuur het, sê Loock het altyd 'n plan om trekkers, werktuie en masjiene volgens sy eie behoeftes aan te pas. Medeboere roep gereeld sy hulp en raad in met die koop, instel, herstel en aanpas van werktuie.

De Lange sê die spuit het 'n fraksie gekos van die sowat R2 miljoen wat 'n ingevoerde selfaangedrewe spuit kos.

Die hart van die werktuig is 'n 1965 Massey Ferguson-trekker wat in 'n goeie lopende toestand was.

Loock het 'n raam van kanaalyster van 12 mm dik gebou, die trekker sonder wiele bo-op en die wiele onderaan gemonteer, die vellings wyer gemaak en breë bande aangesit. Die werktuig kan in taamlik nat lande werk.

Die aandrywing werk met ratte en kettings. Dié bewegende dele is netjies toegemaak om dit teen stof en water te beskerm. Hy wil mettertyd die aandrywing deur middel van ratkaste verbeter. Die stuurstelsel werk met die oorspronklike stuurkas en verlengde stange.

Loock het 'n pomp aangebring wat vanaf die aandryfwiele werk om te verseker dat die spuitstof so ekonomies en akkuraat moontlik toegedien word, ongeag die grondtoestande.

'n Plastiektenk van 1 000 liter is agter elk van die aandryfwiele aangebring vir optimale balans.

De Lange sê die werktuig is stabiel en kan besonder vinnig werk.

Die spuitbalk is só geplaas dat die bestuurder dadelik kan sien as die koppe verstop of iets anders fout is.

Die werktuig is presies by die planterrye aangepas: Ses rye — twee in die middel en twee aan elke kant van die werktuig — kan op 'n slag bespuit word.
Navrae: Mnr. Nick de Lange, tel. 082 855 2540, tel./faks 017 712 1581, e-pos: lanica9@mweb.co.za.

15 Oktober 2004

0
 
 
  • 2190 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gunstige geluide oor sakevertroue
  • Fokus op jongboere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction