Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Wenke-vir-selfmeng-van-voer

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wenke vir selfmeng van voer

 
Die elektriese hamermeul op mnr. Gerdie Landman se plaas, wat direk in die mengwa in maal.
Die elektriese hamermeul op mnr. Gerdie Landman se plaas, wat direk in die mengwa in maal.

'n Vraag oor die selfmeng van voer vir vee het tot 'n lewendige gesprek, met heelwat wenke, op die gespreksforum gelei.

Marizel (acker@iway.na) skryf:

Ek het hulp nodig! Ek wil vir my eie perde, skaap en bees voer begin maak, want voer raak nou net eenvoudig te duur. Wat is die belangrikste bestandele wat ek moet insit. Ek het gedink aan mielies, lusern(gedroog), gras (gedroog), mielie-chop en 'n paar soorte peule. Wat stel julle voor?

Leon Kruger (Lkruger@arc.agric.za) skryf:

Ek ken nie van perde en beesvoer nie, maar 'n baie eenvoudige en goeie
voer om self te meng vir skape is as volg:
Vir lammers onder 30 kg meng
60 kg gemaalde mielies (mieliemeel), 30 kg gemaalde lusernhooi en 10 kg
HPK 40 (hoë proteien konsentraat).
Vir lammers en skape bo 30 kg; meng 60 kg mieliemeel en 40 kg gemaalde
lusernhooi.

Gebruik grof gemaalde lusern, nie lusernmeel nie, want die lusernmeel
is baie stowwerig en blokeer die skape se neuse. HPK koop mens by die
koöperasie. Daar is twee tipes: 40 en 60. 40 is ureum vry en 60 het
ureum in. 'n Voedingkundige het eenkeer aan my genoem dat jong lammers
(kruipmeel-stadium) se rumen nog nie ten volle ontwikkel is nie en dus
is ureum nie goe vir hulle nie.

Gerdie Landman (gerdie@intekom.co.za), Mooimelk Koeihotel, Cookhouse, skryf:

Selfmeng is 'n spesialis taak - wat wel stimulerend en ekonomies kan wees as jy dit onder die knie kry. Net die hoofkantoorkoste van die groot voermaatskappye is al 'n groot besparing. Ons spaar sowat R500 per ton deur ons melkkudde se voer self te meng - met 'n mengwa.

Ek stem saam met Leon se advies - die basis van enige vetmestingsrantsoen is gewoonlik mielies, die beste en goedkoopste energiebron vir meeste vee. Perde verkies hawer. Bly weg van enige ureumproduk van perde af. dit kan 'n perd doodmaak.

Inenting teen vergiftiging is ook baie goeie raad - ons spuit alle koeie wat inkom met One Shot Ultra - voorkoming van alle sponssiekte tipe aanslae. By lammers is bloednier weer belangrik. Die Hypo & swael-roete is ook doeltreffend. Begin met baie ruvoer en min kragvoer - onthou dit neem tot 14 dae se aanpassings tyd vir herkouers.

1. Dit hang af hoe groot jou mengproses gaan wees - maar wees versigtig vir oorkapitalisasie vir selfmeng van rantsoene. Om byvoorbeeld 'n pilmasjien in te sit, mag dalk duurder wees as die besparing op aangekoopte voer.

2. Gebruik 'n voedingskundige om jou rantsoene saam te stel. Voermol het 'n landswye netwerk van kundige adviseurs en boonop goeie produkte ook.

3. In praktyk werk dit baie goed om jou mielies saam met die regte Voermol-produk deur 'n hammermeul te gooi - as dit anderkant uitkom is dit gemaal en deeglik vermeng. Voermol SB100 of SS200 is uitstekende vetmestingsprodukte!

4. Sou jy die ruvoer met die kragvoer wil vermeng en in dieselfde sak of bak wil voer, gaan dit jou in 'n mengwa, pilmasjien of 'n menger in dwing.

5. Daar is geen fout om die kragvoer in bakke, verkieslik omgedopte vragmotor- of trekkerbande, te voer nie. Voer dan die ruvoer in voerringe vir ronde bale of in voerrakke vir vierkantige bale.

6. As jy van nuuts af moet koop, kies liewers 'n elektries angedrewe hamermeul sodat jy kan wegbly van trekkers.

7. Gee aandag aan vermorsing en skade terwyl jy die bestandele opgaar of stoor.

8. Bereken die koste van die rou materiale wat vooruit gekoop en in voorad gedra moet word.

9. Werklike besparings kom eers as jy reg aankoop, gebruik newe produkte waar jy kan.

Elektriese hamermeul

Ek heg 'n foto van ons elektriese hamermeul aan wat direk in die mengwa in maal - bou 'n 3 meter platvorm waarop die hamermeul met sy toevoer bak staan en so kan alles met gravitasie werk - natuurlik nadat jy die mielies in die hamermeul se bak gegooi het.

Ek het ook al duur betaal vir halwe waarhede en braaivleispraatjies se advies. Baie jare gelede het ek twee jong Holstein-bulletjies vir verkoop aan Taurus voorberei. Daardie jare het telers nog 'n premieprys gekry vir teelmateriaal wat aan Taurus verkoop word - dit was ook 'n eer om bulle vir KI-doeleindes te teel.

Die een bulletjie het egter daardie tipiese rooi skynsel en kroesige haarkleed gehad wat soms by jong Holsteins voorkom. "Dis maklik", sê 'n goed-bedoelde braaivleiswenk die aand om die vuur: "Hy het 'n kopertekort - gee hom net so 'n opgehoopte eetlepel kopersulfaat in die bek met 'n halwe bottel water agterna en die rooi skynsel sal gou verdwyn".

Ek was maar te dankbaar vir die advies en maak toe so. Die volgende oggend lê die bulkalf pote in die lug, morsdood, en my premieprys is daarmee heen!

My kommentaar oor selfmeng en die vergelyking tussen vertikale mengwaens en horisontale mengwaens, is gegrond op ons eie ervaring waar ons sowat 3 000 melkbeeste (ingesluit droë beeste en melk gespeende kalwers) daagliks in 'n zero grazing TMR stelsel voer = 30 vragte van 4 ton elk = 120 ton TMR voer per dag = 40 kg volvoer per bees per dag van sowat 50% vog = gemiddeld 20 Kg DM per bees.

Vertikale mengwaens beskik oor die volgende eienskappe (Voor- en nadele)

1. Vertikale mengers hanteer ronde bale ruvoer die beste - tot 5 ronde bale vaarvan 2 of 3 nat groenvoer is word binne 10 minute ingegooi. Die voer word in die menger opgebreek en verder fyn gekerf en vermeng! Sorg net dat die lemme skerp is, anders neem dit maklik dubbel so lank. Probeer ook die ruvoer wat gebaal is, met 'n rotocut-baler baal wat reeds tydens die baalproses die voer begin kerf. (Dis in alle gevalle goedkoper om ruvoer meganies te kerf as om te verwag die bees moet dit doen. Growwe ruvoer beperk inname en gepaargaande verlies aan melkproduksie.)

2. Vertikale mengwaens gebruik 'n kleiner Kilowatt trekker as 'n horisontale mengwa - soos die Keenan of die gelyke grootte RMH 580 horisontaal. Om die 14 kubieke meter vertikale mengwa met 5 bale ruvoer in, te draai - het jy sowat 74Kw trekker met 'n nat clutch nodig. Die John Deere 6320 werk baie goed. Jy kan ook 'n 55kW trekker gebruik as jy op klein skaal voer. Gebruik liewers 'n 4 silinder trekker omdat dit veel ligter op brandstof is as die ouer JD3140 met 6 silinders van 71kW.

3. Vertikale mengers kan die ruvoer growwer sny indien jy dit wil doen - growwer volvoer is gesonder omdat dit die dier dwing om meer te herkou en meer speeksel te vervaardig - met verbetering in bottervetpersentasie in die melk - maar alles het 'n prys - dan daal die melkproduksie per koei per dag.

4. Vertikale mengers is sterker gebou - kan langer hou. Kyk na die wand-dikte van die vloer op 'n RMH VR12 of VS14 wat sowat 20mm dikte staal is, en die sykante is ook maklik 6mm dik met soms nog 'n binnewand van 3CR12 (vlekvrye staal).

5. Vertikale mengerw verstop nie - die awegaar druk die voer in die lug op en moeder aarde se swaartekrag bring dit weer af. Dis die rede waarom 'n kleiner trekker gebruik kan word, hy hoef net die awegaar te draai om die gewig van die voer in die lug op te druk.

Horisontale mengwaens

1. Hulle kan gewoonlik voer fyner kerf - klomp kleiner messies op die 3 horisontale awergaars - iets soos byvoorbeeld suikerbeet, rape of selfs sitrus.

2. Kan nie nat groenvoer heel ronde bale opbreek en meng nie - die ronde baal is geneig om bo op die awegaars te lê en dobber - ons praat nie eers van 5 bale binne 10 minute ingooi nie.

3. Dit gebeur maklik dat sou die awegaars die nat baal beetkry en intrek, dan breek die breekbout en jy moet daardie half gekerfde baal met 'n byl en kapmesse losmaak en uithaal - dit het ons al 'n halfdag se tyd geneem om 'n demonstrasiemodel horisontale mengwa weer skoon te kry. En sy sye het uitgedruk van die baal se intrek.

4. Die horisontale awegaar is ook geneig om die voer voor of agter in die mengwa vas te druk - eintlik is hulle nie ontwerp om groot bale ruvoer te kerf en meng nie.

5. Horisontale mengwaens het 'n groot voordeel waar jy sakke konsentraat van die grondvlak af agter kan ingooi - jy het dus nie 'n platvorm of laaigraaf nodig om die kleiner hoeveelhede HPK of sakke mieliemeel in te gooi nie. Die RMH het egter ook al aangepas en 'n bak gebou wat hidrolies werk en die voer van grondvlak af bo ingooi.

  • Dié bydraes is almal op die Gespreksforum gelewer.

    30 Oktober 2008

  • 4.285715
     
     
    • 5605 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
    • Revolusie in landbou is hier - Tina

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Kaapse graanseisoen begin ná reën
    • Siektes en parasiete ingekoop in ‘n skaapkudde
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction