Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Ander / Wes-kaap-wys-veteraantrekkers

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wes-Kaap wys veteraantrekkers

 
Deur HENNIE RICHTER

Die jaarlikse landbouveterane-ekspo van die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub is op 7 en 8 Augustus op Villiersdorp gehou. Die weer het saamgespeel en duisende besoekers het oor die twee dae die beste van die streek bewonder.

Omdat die Wes-Kaapse klub die beleid het dat so veel as moontlik inskrywings gebruik en gedemonstreer word, in stede van slegs statiese uitstallings te maak, het die expo gelewe. Die waardering wat besoekers hiervoor het, is telkemale uitgespreek.

Op die meegaande foto verskyn mnr. Petrus Roux vanVilliersdorp en sy Lanz Bulldog. Die foto is deur Hennie Richter geneem.

Slegs sowat 150 trekkers is ingeskryf. Die taai ekonomiese tye wat almal beleef, het ‘n veroorsaak dat lede minder inskrywings gebring het, maar steeds hul mees uitsonderlikes. En uitsonderlik wás dit. Sommige besoekers het op die expo uitgevind dat Porsche ook ‘n gerekende trekkernaam was ‘n halfeeu gelede. Twee modelle Porsche trekkers is uitgestal. En so is ‘n tweesilinder Kramer, deur ‘n klublid van ‘n Duitse immigrant gekoop, ook opgemerk.

Hoewel die klub nie veteraanmotors beoordeel nie, word motors, veral van klublede, ook uitgestal. En om die plaaslike motors geselskap te hou, is die GSM Dart-klub vanjaar spesiaal genooi. Dié Suid-Afrikaanse ikoon onder sportmotors, waarvan daar minder as 300 eenhede vervaardig is, was ‘n groot treffer.

Nog ‘n groot treffer, en ‘n bewaringsprestasie in wording, was die Commer vragmotor met seker van die mees uitsonderlike masjiene wat ooit vervaardig is. Die masjien, ‘n tweeslag-driesilinder met ses suiers het selfs kenners verstom. Dié restoursieprojek is nog nie voltooi nie, met die gevolg dat die masjien nog oop was vir die kopskuddende besoekers om te bekyk en te probeer verstaan.

Kobus Groenewald van Stilbaai word landwyd as ‘n restoureerder van uitnemendheid gesien. Sy werk was weer eens van die beste op die expo. Hy en sy seun, Gielie, was verantwoordelik vir die beste trekker, implement en stilstaande enjin. Die bes gerestoureerde vragmotor van die skou was die 1945 Dodge lorrie van Earl Buntmann van Breërivier.

Die dorsdemonstrasie waar ‘n stoomtrekker ‘n Ransomes dorsmasjien aangedryf het, kan net op een ander plek in die land geëwenaar word, en dit is in die Oos-Vrystaat.     

Net om te bevestig dat die Wes-Kaapse lede van die tradisionele “trekkerklub” ‘n veel wyer belangstellingsveld het as trekkers, was daar vanjaar drie uitstallings van gereedskap en huishoudelike artikels, sowel as ‘n foto-uitstalling van ‘n geskiedkundige aard.  

Klik hier vir 'n fotogalery van pragtige veteraanmasjinerie by Villiersdorp.

24 Augustus 2009

4
 
 
  • 4036 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Janbez
12 Aug 2010 11:02

Darri,
Kontak my by janbez@landbou.com sodat ons dit vir jou kan adverteer.
Jan bez, landbou.com

  • antwoord
Darri Botes 
12 Aug 2010 09:27

Ek het op hierdie artikel afgekom in my soektog na meer inligting oor veteraan trekkers. My vader is oorlede en het ek nou in my besit 2 Mc Cormick trekkers wat ek onslae wil van raak

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sensusvorms is belangrik
  • Vinnige wildspastei vir die besige vrou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction