Menu
 

Deur ANDRIES GROENEWALD (agroenew@landbou.com)
29 November 2007

4090 keer gelees | 0 kommentaar

In die jagveld val daardie groot bok selde gerieflik langs 'npaadjie. Daarom het hierdie bosveld-manne 'nplan beraam om die optelwerk makliker te maak.


In die jagveld val daardie groot bok selde gerieflik langs 'n paadjie. Daarom het hierdie bosveld-manne 'n plan beraam om die optelwerk makliker te maak.

In Mpumalanga het 'n paar gesoute jagters koppe bymekaar gesit en 'n sleepwa gebou waarmee 'n mens 'n bok so groot soos 'n koedoe, gemsbok of selfs 'n eland in moeilike terrein alleen kan oplaai en by die slagkamer besorg.

Wat meer is, sê mnre. Dawie Geldenhuijs en Anton Scholtz van Lowveld Agri Support Services (LARSS) op Nelspruit, wanneer die doelgeboude Bosvark, soos hulle die nuwe sleepwa noem, nie vir jagtogte gebruik word nie, kan dit vir allerlei ander karweitake op die plaas agter 'n vierwielmotor fiets gehaak word.

Volgens Geldenhuijs het jare se gesukkel in die jagveld om 'n bok uit moeilike terrein te herwin hom aan die dink gesit. Die probleemis dat 'n bok dikwels in 'n onherbergsame gebied geskiet word wat vir bakkies, selfs soms vir viertrekvoertuie, ontoeganklik is. Op menige plaas is vandag 'n vierwielmotorfiets of twee te vinde wat al hoe meer as vervoermiddel tydens jagtogte gebruik word. Ten minste een vervaardiger pas reeds van sy vierwielers spesiaal aan vir jagters. Die meeste vierwielmotorfietse, veral dié met vierwielaandrywing, kan klim en klouter waar 'n bakkie net nie kan bykom nie.

Geldenhuijs is met sy kop vol planne na mnr. Casper Cilliers van Trade Stuff, 'n SABS-goedgekeurde leunwavervaardiger op Nelspruit.

Ná 'n paar sketse is 'n paar prototipes gebou en deeglik getoets. "Die eerste sleepwa was so sterk en swaar jy kon 'nolifant oplaai, maar die vierwieler kon nie daarmee wegkomnie," onthou Geldenhuijs.

Aanpassings is gemaak en die produksiemodel weeg nou sowat 80 kg en kan 'n vrag van 1,2 ton op sy vaste as met ballonbuitebande (19 x 700/8) dra. Die wiele het agtduim-vellings en die spoorwydte van die sleepwa is dieselfde as dié van die meeste vierwielmotorfietse. Die sleepwa volg dus netjies die vierwieler se spoor. Die laaibak met skuins kante is 1 800 mm lank en 850 mm breed en word uit 2 mm-plaatmetaal vervaardig.

'n Hand-wenas is voor naby die haak gemonteer. 'n Skuins hellingplaat is aan die agterkant van die laaibak vasgesweis om laaiwerk makliker te maak met die minimum sleepskade aan die karkas. Op elke hoek is 'n vasmaakhaak aangebring wat help om die bok stewig vas te bind nadat dit opgelaai is. Die sleepwa het 'n kantelhaak (360 grade) wat verhoed dat dit die vierwieler sal ompluk as die sleepwa om die een of ander rede sou omrol.

'n Groot voordeel van die Bosvark is sy eenvoud en maklike gebruik. By die bok gekom, word die sleepwa afgehaak van die vierwieler en so gekantel dat die agterkant van die laaibak so naby as moontlik aan die bok se kop rus. Die wenas-kabel word om die bok se horings vasgemaak en die bok word met die wenas teen die laaibak opgesleep. Sodra die bok se gewig so verplaas word dat dit die sleepwa op sy wiele begin balanseer, word die sleepwa aan die vierwieler gehaak. Daarna word die opsleepaksie voltooi en die karkas word vasgemaak met toue vanaf die vier ankerpunte naby die hoeke van die laaibak.

Volgens Cilliers is dit moontlik om die Bosvark met aanpassings en bykomstighede, soos tralies, sitplekke en/of 'n gereedskapkis, te bestel. Selfs die laaibakgrootte kan volgens die klant se behoefte aangepas word.

Die Bosvark kos R8 500 (BTW uitgesluit).

  • Navrae: Nelie Joubert, tel. 013 754 1146; e-pos: nelie@ipmafrica.co.za.

    Landbouweekblad, 30 November 2007

  • Kommentaar
    Slegs in Afrikaans

    Naam Kommentaar
    E-pos
    Tik in die nommers  

    Vind jou perfekte maat nou!

    Ek is 'n:
    Stel belang in:
    Ouderdom: tot
    Huidige
    Ligging:
    Wys net profiele met foto's

    Teken in vir die nuusbrief

    Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

    Lewende Hawe

    Soort 15/04/14 22/04/14 %
    Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
    Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
    Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
    Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
    Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

    Aandele