Deur JOHAN NORVAL
11 Junie 2012

1891 keer gelees | 0 kommentaar

Navrae oor die plant van pampoensaad het Michris Janse van Rensburg genoop om 'n trekker-pampoenplanter te maak.


Janse Van Rensburg het sy handplanter aangepas en in ‘n trekkermodel verander. Die eenvoudige ontwerp van die handplanter maak dit moontlik om die saad op ’n konstante diepte te plant.

Dié handplanter was op die afgelope Nampo-oesdag ’n wegholsukses. Bykans duisend van die handmodelle is al in die werkwinkel op sy plaas gemaak.

“Ek kry deesdae daagliks oproepe van boere wat my vra om vir hulle iets te ontwerp om hul werk op die plaas te vergemaklik,” sê hy. “Pampoenproduksie was egter my grootste probleem, want dit is nie so maklik nie.”
Janse van Rensburg het gou besef pampoenpitte is ’n perd van ’n ander kleur.

“Die Liewe Vader het dit só gemaak dat hulle nie saam in ’n bak gegooi wil word om een-een geselekteer te word nie.” Hy sê as ’n mens mooi na die pitte gaan kyk, sien jy die pitte van dieselfde kultivar verskil baie. Party pitte is die helfte kleiner as die ander.

Goeie plantspoed
“Ek het alle bestaande planters gaan uittoets. Terwyl die een pitte selekteer, plant die ander een weer twee of drie pitte op ’n slag. Ander planters breek weer die pitte te veel.” Uit gesprekke met pampoenboere het dit duidelik geblyk dat die saad net te duur raak om foute te kan bekostig. Die trekkermodel se plantspoed is sowat 5 km/h, wat neerkom op sowat 5 ha tot 6 ha p r dag.

Teen R6 500 (BTW uitgesluit) sal die planter homself sommer gou afbetaal indien die verminderde arbeidskoste en saadbesparing in ag geneem word. Die trekkerkombinasie met twee werkers vervang sowat 20 werkers wat pampoenpitte met die hand plant. Koop Landbouweekblad vir meer inligting oor die planter of kontak Janse van Rensburg by 073 454 4111.

Kyk hier na ‘n video van dié planter. Klik hier vir nog 'n video oor 'n oulike boereplan deur 'n boerseun van Vryheid.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights