Deur JAN BEZUIDENHOUT
11 Augustus 2012

2700 keer gelees | 0 kommentaar

Dié gesogte handleiding is weer beskikbaar – dis ’n moet vir elke saaiboer.


Die 23ste uitgawe van die Meganisasiegids deur die landbou-ingenieur mnr. Koos le Roux is onlangs beskikbaar gestel. Dié handleiding sal van groot waarde vir saaiboere wees met die beplanning van bewerkings.

Die gids is so saamgestel dat verskillende trekker-werktuig-kombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van die tabelle gelees kan word in rand per uur of rand per hektaar.

Vir elke trekker-werktuig-kombinasie word die brandstofverbruik in liter per uur of liter per hektaar aangetoon. In ’n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand per hektaar aangedui. Die werktempo van die trekker-werktuig-kombinasie word ook aangedui in hektaar per dag, ton per dag of kilometer per dag.

Voorbeelde van hoe om ’n meganisasiebeplanning aan te pak en ook om ’n kostevergelyking op te stel, word ingesluit. Die boek is ’n nuttige hulpmiddel vir die boer om die koste van meganisasie te bereken.

Ander mense wat die gids gebruik, is landbou-ekonome wat konsultasiewerk doen en wat werksaam is by verskeie staatsdepartemente, agri-besighede en handelsbanke, asook verkoopslui by verskeie trekker- en werktuighandelaars.

Die gids kos R220. Bestel dit by mnr. Koos le Roux by 082 828 9531.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights