Deur NICO VAN BURICK
30 Augustus 2012

1396 keer gelees | 0 kommentaar

Die plaasfees wat op 8 September by die Willem Prinsloo-landboumuseum buite Pretoria aangebied word, bied weer ’n kykie na toerusting en bewerkingsmetodes van ouds.


Veteraantrekkers en ander masjinerie (wat stoom- en handgedrewe modelle insluit) sal te sien wees saam met moderne werktuie.

Stadsjapies kan ook kom kyk na ploegdemonstrasies, die afdop van mielies, maal van meel, baal van hooi, tradisionele broodbak en die melk van koeie. Besoekers kan smul aan tradisionele kos, soos pap en kaaiings, of hul eie piekniek hou.

Die geskiedkundige landboumuseum langs die N4-snelweg word benut vir die bewaring van tradisionele landbou-toerusting en -praktyke. Die plaasfees, wat gesamentlik deur die Hoëveld-veteraantrekker en -enjinklub en die museum aangebied word, se inkomste word gebruik om uitstalgeriewe by die museum te verbeter.

Toegang is R20 vir volwassenes en R5 vir skoolgaande kinders. Navrae: Charlie Crawford, 082 808 5950


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights