Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Planters / Tegnologie-help-bestaansboere

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Tegnologie help bestaansboere

 
Deur JUSTICE MALANOT
Só lyk die kunsmisstrooier. Foto: VERSKAF
Só lyk die kunsmisstrooier. Foto: VERSKAF

Justice Malanot vertel op die e-posforum van ’n enkelry-kunsmisstrooier wat hy op die Nampo-Oesdag by Bothaville raakgeloop het en wat dit vir bestaansboere in Angola kan beteken.

Bestaansboere
‘‘Die handgedrewe kunsmisstrooier is ideaal vir bestaansboere en mense wat met die hand plant. Hy strooi in die ry en kan so 3 ha per dag doen. In dié reënvalgebied van 1 500 mm plus in Angola is ons grootste probleem grondstowwe wat uitloog.

"So ná twee tot drie jaar ontstaan fosfaattekorte en dan moet die bestaansboere aanskuif omdat die grond uitgewerk is. Angola se grootste probleem onder die arm kleinboere is verarmde grond wat ’n armoedesiklus tot gevolg het.

‘‘Die kunsmisstrooier kos so R1 500 en werk met ’n enkelwiel en enkelbakkie. Jy stoot hom, dan val die kunsmis in die ry.

Deurbraak
‘‘Dis naas ’n handmielieplanter die grootste deurbraak wat ek nog gesien het om bestaansboere uit armoede te help na die volgende trappie toe. Die voordele sluit in spoed en koste van bemesting en die gebrek aan vermorsing.

‘‘Wat ’n John Deere-trekker vir ’n kommersiële boer doen, doen dié enkelry-kunsmisstrooiertjie vir ’n bestaansboer. Jou oes skiet op van  sowat 1,5 ton per hektaar tot sowat 8,5 ton per hektaar met mielies in ’n reëngebied van sowat 1 500mm binne een seisoen, indien reg toegpas.

‘‘Die vlak ná dit, is om met diere te ploeg en meer te bemes, slimmer te bemes en te klim na ’n oes van sowat 12 ton per hektaar. Kommersiële boere behaal 15 ton tot 18 ton, op skaal. Rytjie vir rytjie is die basiese boublokkies van grondmonsters, grondgesondheid en korrekte bemesting egter dieselfde, of jy nou een bakkie met die hand stoot of ’n groot planter met ’n trekker aandryf.

Minder grond, minder werk, meer opbrengs
‘‘Dit is toegepaste tegnologie om die arm bestaansboere in jou gemeenskap te help om vertikaal uit te brei, en met minder grond en minder werk meer opbrengs te lewer.

"Ekonomies lig dit ’n arm gemeenskap uit ’n hand na die mond-oorlewing na ’n oorskot verkoop vir kontant, wat skoolgeld, gesondheid en ander voordele bring.
Die plan is om die lojale en getroue swart medewerkers in ons kommersiële veeprojekte so te help bemagtig, uit ons eie sak.

‘‘Wat die handmielieplanters betref, is ons is al op die tweede weergawe van die mielieplanter. Hy hanteer mieliepitte en ‘honey locust’-grootte sade en kan so drie hektaar per persoon per dag doen.

Spaar tyd
"Jy gooi die saadbakkie vol, loop daarmee in jou hand en elke plek waar jy dit neersit druk hy ’n pit so 3 cm in die grond in. Kommersiële boere gebruik dit vir haasbekrye, en swart bestaansboere vir primêre aanplantings. Dis baie vinniger as om te loop en pik in die ry, met die hand ’n pit te laat val en dan met die voet toe te trap.

‘‘Dis binne my bereik om ’n paar bestaansboere se gemeenskappe in Angola na die volgende vlak te help lig. Ek doen dit omdat ek kan. Dit gee my ’n ‘kick’ om opbrengste van 2 ton tot 9 ton per hektaar te sien opskiet en om hande te vat en welvaart vir ander te help ontsluit, veral op grondvlak vir mense wat lojaal en getrou is aan my.

" ’n Mens kan nie groot welvaart vir jouself skep en die gemeenskappe waarin jy bedrywig is, krepeer van ellende nie. Die volgende stappe sluit goed soos weidingsregte en dies meer vir my vee in, en dan werk ons ook daar saam vir wedersydse voordeel.’’

Kliek hier om Justice se blog op Landbou.com te lees.

12 Julie 2011

3.666665
 
 
  • 2075 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
15 Jul 2011 19:27

Adam 1ha is so 8000m om kunsmis te lewer ek glo geen mens gaan 4-6 sakkies kunsmis oor so afstand kan akkuraat versprei nie. Dit is dalk hoekom die bestaansboer nooit suksesvol is nie. Hy het net genoeg kunsmis maar gooi dit dalk halfpad klaar op of die eertste deel te min, die gevolg geen sukses.

  • antwoord
Adam vd Westhuizen 
12 Jul 2011 12:55

Dit is seker die kunsmis wat die opbrengs verbeter, nie die toediener nie. 3Ha kan seker met die hand toegedien word met dieselfde resultate.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vleie, ‘n gevaar vir parasietbesmettings
  • Subsidies knou SA boere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction