Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Meganisasie / Trekkers / Boere-koop-138-nuwe-trekkers

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere koop 138 nuwe trekkers!

 
Deur ANDRIES GROENEWALD
Die opgewonde kopers saam met verteenwoordigers van Case IH. Foto: VERSKAF
Die opgewonde kopers saam met verteenwoordigers van Case IH. Foto: VERSKAF

Boere wat ’n mielieboerdery in die Noordwes bedryf het 138 nuwe trekkers en vier selfaangedrewe spuite bestel by Case IH, ’n vervaardiger van trekkers en landbouwerktuie.

Die trekkers en spuite word deur Northmec, Case IH se plaaslike verspreider, afgelewer as vernuwing en uitbreiding van mnre. Dirk Fourie en Pieter en PG van Zyl se vloot waarmee hulle elke jaar 18 000 ha mielies plant.

Die boerdery se trekker- en werktuigvloot bestaan reeds uit Case IH-produkte waaronder etlike selfaangedrewe stropers. 

Die nuwe trekkers wat afgelewer word, bestaan uit 60 eenhede JX95 vierwielaangedrewe trekkers wat 72 kW (98 pk) lewer, 50 eenhede Maxxum 125 trekkers wat 93 kW (125 pk) lewer, 28 eenhede van die Magnum 340-modelle wat 250 kw (340 pk) lewer en wat baie onlangs in Suid-Afrika bekend gestel is.

Om die bestelling mee af te rond, word vier Patriot® 3330 selfaangedrewe spuitmasjiene afgelewer. Hierdie spuite se enjins lewer 185 kW (250 pk) en dit spog met ’n tenk wat 3 785 liters hou.

By die oorhandiging van die eerste trekkers van hierdie bestelling was, van links, mnre. Arno du Plessis, Northmec se produksiebestuurder van Case IH, Gustavo Pinto Teixeira, CNH se besigheidsbestuurder in Suid-Afrika, Stephen Tyler, CNH se Racine-aanlegbestuurder, Kobus Olwagen, Northmec se produkbestuurder van Case IH, PG van Zyl (jr.), Johan van der Merwe, besturende direkteur van Northmec, Pieter van Zyl, Braam van Greunen, Paul Viljoen, verkoopsbestuurder by Northmec, en Dirk Fourie (sittend). (Foto: Verskaf deur Northmec/Case IH)

10 November 2011

4.833335
 
 
  • 2196 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Hakuna matata
17 Nov 2011 05:15

@ Hannes, is die reen dan anders daar as hier. Die feit dat dit Afrika is, nou ja, weet nie rerig wat jy probeer se nie....

Met een 250Hp trekker en een 12 ry mielieplanter, plant ons hier, dis nou na daai reenbui van jou, gemiddeld so 150Ha per dag per trekker (10Ha per uur teen 4-6mph). Met 8 trekkers kan mens binne 15 dae klaar wees. Gaan mens na 24 ry planters toe met dieselfde trekker, plant jy effens meer, so 225 Ha per dag per trekker, dan is mens klaar binne 10 dae. Ins ons geval kry ons NOOIT reen oor al die grond nie, so 'n week of wat later as mens gelukkig is plant jy die ander lande wat nat is....Ons geleentheid vir plant hier strek oor so 6 weke.(15 April tot einde Mei)

Ek suig nie statistiek uit my duim nie my vriend, ek is SELF op die trekker as die wiele rol....

Ek help graag as jy meer vrae of aantuigings het...produktiwiteit is ons trots hier !!

Die feit dat die manne moed het....absoluut, wens daar was meer van hulle.

kansas groete

  • antwoord
Hannes Naude 
16 Nov 2011 07:32

Duidelik weet jy niks van droëlande af nie. Hierdie is Afrika en as dit reën moet daar gewerk word. Plantdatum is plantdatum. Veels geluk aan die nuwe eienaars van die trekkervloot. Manne met soveel moed is skaars.

  • antwoord
Hakuna matata
14 Nov 2011 07:12

Hoekom so baie trekkers?

In VSA word dieselfde 18 000 Ha mielies met 4-6 trekkers bewerk en geplant. 2 spuit trekkers sal die spuitwerk kan behartig en miskien 4 stropers....Wat is die verskil? Goedkoop arbeid?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Oproep...SMS'e, epos(se), verdere oproepe en familie...
  • 'Politiek agter plaasmoorde'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction