Trekkerverkope bly laag

 
Trekker. Foto: JOHAN NORVAL
Trekker. Foto: JOHAN NORVAL

Trekker- en stroperverkope het in November weer gedaal en die verwagting is dat verkope vir vanjaar eerder sowat 25% laer as verlede jaar sal wees as die beraming van 30% vroeër vanjaar. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie is 438 trekkers in November verkoop.

Dít is sowat 22% minder as verlede November se 560 eenhede. Stroperverkope was sowat 20% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Faktore, soos die rentekoers, die weer, betreklike lae graanpryse en moeilike finansiering speel steeds ’n rol in dié daling.

7 Desember 2009
 

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.